Afrifiksie Plus

Afrifiksie is ‘n webwerf-inisiatief wat in 2012 begin is. Oor tyd het dit toegeneem in omvang en het die grense voortdurend uitgedy tot dit die ganse Fantastika omsluit het met ‘n aansienlike mate van interaksie met lede van ‘n gemeenskap vir wie die normale en alledaagse eenvoudig nie genoeg is nie.

‘n Webwerf met die omvang van Afrifiksie s’n verg altyd verder horisonne en hierdie interaktiewe kieskaart gee toegang tot verdere materiaal wat moeilik in die grense van die werf alleen gehou sou kon word.

Geniet gerus die inligting wat oor tyd versamel is. Wys gerus foute uit. En dra gerus materiaal by deur artikels te skryf en in te stuur – ons plaas dit graag…