Dig en Rym

Vanaf die ontstaan van Afrikaans het baie besef dat hierdie taal homself uitsonderlik leen daartoe om treffend waarheid en leun oop te kraak met behulp van rym.  En baie het na vore getree en gedig.

Ons het dit goed gedink om uit die feitlik bodemlose skat van Afrikaanse rym en digkuns ‘n aantal te lys wat binne die taamlik wye grense van fantastika val, en dit hier beskikbaar maak.

Hierdie lys is sonder twyfel nie volledig nie, en sal oor tyd aangevul word…