Versamelaars

Dit is ongelukkig so dat verskeie van die Afrikaanse wetenskapfiksie wat oor tyd geskryf was skaars geraak het, en dat daar mense is wat dit besonder graag wil lees of versamel.  Vir dié doel het ons besluit om ‘n bladsy toe te wy aan die verkryging van sekere van hierdie meer seldsame boeke.

Ons het besluit om die boeke wat versamelaars graag wil bekom, deur ‘n prys van R2500,00 (tweeduisend rand) elk daarvoor aan te bied.  Indien jy een of meer van hierdie boeke besit (verskillendes natuurlik), en graag eerder ‘n geldjie daarvoor te bekom, kan jy ons gerus kontak en ons sal bevestig of die spesifieke versamelaar dit steeds wil bekom.  Ons sal dus die transaksie tussen die versamelaar en die verkoper probeer moontlik maak.

Die lys van boeke wat tans deur versamelaars bekom wil word, is die volgende:

  1. Die skat van die groen seeWille Martin
  2. Die gravitonkrisisJeff van Staden
  3. ‘n Reis na die middelpunt van die aardeJules Verne
  4. Die legioensoldaatDouglas Hill
  5. Melkwegryke Nicolaas van der Wath

Indien jy een van dié boeke besit en bereid is om daarvan afstand te doen, maak gerus met ons kontak by afrifiksie@outlook.com.

Of, indien jy baie graag ‘n wetenskapfiksieboek wil bekom, en jy bereid is om die bedrag hierbo daarvoor te betaal, kan jy ons ook laat weet, dan lys ons vir jou daardie boek saam net die boeke in die lys.

Daar is ook altyd navraag oor Afrikaanse strokiesprentboekies (tipies oor superhelde) wat oorspronklik Engels was maar in Afrikaans uitgegee en verkoop was.  Indien jy sulke boekies besit en wil uitvind wat iemand bereid sou wees om daarvoor te betaal, kontak ons gerus.  Ons probeer tred hou met mense wat dit versamel, en kan jou dalk van hulp wees…