Wetenskaplike Fiksie

Hierdie gedeelte moenie verwar word met wetenskapfiksie nie – dit is nie. Dié afdeling is gewy aan werke waarin wetenskap of tegnologie ‘n belangrike rol speel – tog word die wetenskap bloot aanvaar vir wat dit is en word daar nie oor die wetenskap gespekuleer nie. Die vlak van die natuurwetenskap en tegnologie word bloot aanvaar op die vlak van die tyd waarin die werk geskep is.

‘n Voorbeeld hiervan is Die Magtige Atoom wat deur Hendrik Brand geskryf is en in 1960 uitgegee is.

Dit handel oor die ooste teen die weste in ‘n stryd om die tegnologie te bekom om kernkrag aan te wend – en te oorleef.

Dan, nog ‘n indrukwekkende werk deur die legendariese Prof. Arthur E. Bleksley, skrywer van Ons Reis deur die Ruimte, is Skatte van die Suidpool (1963) wat handel oor ‘n wetenskaplike ekspedisie in die suidpool om minirale te vind. Die boek het ‘n sterk en akkurate wetenskaplike grondslag.

‘n Moderner boek is Die Jerigo-krisis (1986) deur André Jansen. Dié boek gaan oor ‘n kompot om Suid-Afrika se kernkragsentrale, Koeberg, op te blaas tensy aan sekere eise voldoen word. ‘n Bindende boek wat oor hierdie tipe moontlikheid spekuleer.

In 2009 verskyn Neutron uit die pen van Chris Moolman – weereens oor ‘n komplot teen Suid-Afrika maar hierdie keer is dit om die Uniegebou in Pretoria met ‘n neutronbom te vernietig…