Oriëntasie

Wetenskapfiksie en fantasie is twee van die hoof takke waarmee Afrifiksie gemoeid is, en almal het ‘n idee wat hierdie twee velde of vertakkings beteken. Wat egter nie so eenvoudig is om onmiddelik in te sien nie, is waar dit alles inpas en waarvan dit deel is.

In hierdie deel van die webwerf word hierdie elemente, en sommige ander, in konteks gestel sodat die groter prentjie beter in fokus kan kom.

Alle geskrewe werke en boeke is nie dieselfde nie. ‘n Telefoongids en ‘n koerant is nie dieselfde as ‘n wiskunde handboek nie. Natuurlik is daar ook taamlike verskille tussen ‘n hygroman en ‘n sprokie vir kleuters. Maar wanneer is iets fundamenteel anders as iets anders, of dalk soortgelyk. Dit is nodig om georiënteer te word om te kan verstaan waarvan ons by Afrifiksie deel is – en waarvan nie.