In beide WF en F

Baie van die elemente waarmee ons hier by Afrifiksie te doen kry behoort uitsluitlik tot òf wetenskapfiksie òf fantasie.  ‘n Voorbeeld hiervan is byvoorbeeld die vermoë om vinniger as die spoed van lig te beweeg – een van die groot kwessies wat in talle stories in wetenskapfiksie voorkom.  Toordery daarteenoor kom weer uitsluitlik in die fantasieverhale voor.

Daar is egter sekere elemente wat nie uitsluitlik tot één van die talle kategorieë in die fantastika behoort nie, maar telkens in verskeie daarvan voorkom.  In hierdie gedeelte ruim ons plek in om sekere van hierdie gemeenskaplike eienskappe van nader te beskou.