MMXVI

Beste WF-fliek van die jaar

Afrifiksie No. 1

Uit die Star Wars stal kom hierdie fliek wat nie deel is van die hooflyn van hierdie gewilde rolprente nie – Rogue One.

No. 2

Arrival is ‘n nuwe perspektief op ‘n besoek deur ‘n buiteaardse intelligensie, en die moontlike redes vir só ‘n besoek.

No. 3

Anders as baie ander flieks, raak elke opvolg van Star Trek net beter as die voriges. Beyond is geen uitsondering nie – deur en deur die moeite werd.

Beste Fantasie-fliek van die jaar

Afrifiksie No. 1

Miss Peregrine’s home for Peculiar Children is ‘n ongelooflike fliek wat ‘n hele gesin kan geniet.

No. 2

Fantastic Beasts and where to find them is ‘n fliek uit die Harry Potter-stal, en gryp die verbeelding aan.

No. 3

The BFG is ‘n heerlike fliek vir die jongspan.

Beste Superheld-fliek van die jaar

Afrifiksie No. 1

Deadpool – ‘n verfrissende nuwe superheld wat nie in die patroon van die ander gegiet is nie, en wat ‘n erotiese element in hierdie genre inbring…

No. 2

Doctor Strange bring ‘n nuwe dimensie tot die superheldklas – uiters vermaaklik.

No. 3

Die effekte is, soos altyd, uitstekend – die tema maak mens egter nie opgewonde nie. Captain America – Civil War.