Pioeniere met SA-bloed

Op ‘n relatief klein planeet in ‘n relatief klein sonnestelsel, is ‘n kleinerige stukkie grondgebied aan die suidekant van een van die vastelande regtig niks merkwaardig nie. Tog, in die geskiedenis van die tegnologie en die aanverwante velde van wetenskapfiksie en fantasie is dit egter verstommend hoeveel pioeniers op die een of ander manier ‘n naelstring het met Suid-Afrika – en dikwels spesifiek met Afrikaans gehad het.

Hoewel hierdie pioeniers dikwels nie ‘n direkte verwantskap het met die wêreld van fantastika nie, het baie van hulle egter op hul eie gebied op die een of ander tydstip hulself onderskei sodat hul bydraes of lewens so fantasties voorgekom het dat dit amper as wetenskapfiksie of fantasie gesien kon word.

Ons, dié wat self die SA-naelstring deel en die taal praat wat daar ontstaan het, wil graag van die meer kleurvolle karakters in hierdie groep vereer en hulle onthou vir die bydrae wat hulle gemaak het.