Webtuistes

Hier volg van die webtuistes wat van belang kan wees vir diegene wat van Afrifiksie hou.

Maroela Media is ‘n Afrikaanse aanlyn nuusblad – en dis totaal gratis…

South African Comic Books

http://southafricancomicbooks.blogspot.co.za/ – ‘n webwerf wat poog om die ryk geskiedenis van strokiesprente uit Suid-Afrika te bewaar. Baie van die inhoud is Afrikaans.

Skatkisboeke http://www.softcoverbooks.co.za/ – ‘n webwerf vir die bewaring van die lae koste boekies fiksie van Suid-Afrika, wat meestal in Afrikaans verskyn het.

Groep 7 http://www.groep7.co.za – die webwerf van ‘n selfpubliseerder wat dit moontlik maak vir skrywers om boeke uit te gee sonder om groot finansiële las te absorbeer.

RSGRadio Sonder Grense” http://www.rsg.co.za/ – die webwerf van die grootste en oudste Afrikaanse radiostasie wat vanaf Suid-Afrika uitsaai en wat ‘n groot verskeidenheid programme aanbied waarvan baie in die veld van Afrifiksie val. Dit kan direk deur die internet geluister word indien jy nie binne die opvangsgebied is nie, en baie programme wat reeds uitgesaai was, kan steeds geluister word as ‘n potgooi.

Pretoria FM is ‘n Afrikaanse radiostasie wat veel meer dek as bloot Pretoria.  En dit kan deur die internet wêreldwyd gestroom word na jou rekenaar of slimfoon met hul gratis toep wat jy kan aflaai…

Vir die geskrewe woord in Afrikaans, is die volgende van belang.

‘n Nuttige en interessante verwysing is J. Alan Russell se webblad (in Engels) oor die relatiewe groottes van ruimtetuie uit ‘n groot aantal verskillende wetenskapfiksie flieks en TV-produksies. Die webwerf word nie meer opgedateer nie maar bestaan as ‘n argief van inligting wat keurig versamel en daarin opgesluit is.

1 thought on “Webtuistes

  1. Ek het onlangs weer met beter afrikaans begin! Ek hou hiervan!

Comments are closed.