Dít waarvan drome gemaak is…

Dit is lekker om met NUWE wetenskapfiksie of fantasie in aanraking te kom – ‘n verhaal wat nog nooit van tevore bestaan het nie en in elke opsig verskil van die res. Die werklikheid is egter dat die meeste van die verhale tog teruggryp na sekere bekende mites, legendes, teorieë, ens. wat in verskeie WF+F voorkom.

In hierdie gedeelte word sekere van daardie meer bekende saadjies wat in die verbeelding ontkiem om uiteindelik vrugte te word van die boom van spekulatiewe fiksie, van nader beskou.