Draak

Die idee van die draak kom in die meeste kulture op aarde voor, maar die aard en wese van hierdie wesens verskil noemenswaardig tussen groepe. Mettertyd is verskillende van die eienskappe saamgegooi om die moderne idee van ‘n draak te vorm waarmee die meeste vertroud is.

Dit moet nie uit die oog verloor word dat die draak nie in die eerste plek ‘n fantasieverhaal wese was nie, maar sy oorsprong eerder het in legendes en volksvertellings. Later het dit algemeen opgeneem geraak in fantasieverhale soos in die Heer van die Ringe van J.R.R. Tolkien.

Die westerse draak word algemeen gesien as ‘n tipe reptiel met vier pote, twee vlerke en ‘n stert. Die mees uitstaande eienskap is die vermoë om vuur te blaas wat natuurlik ‘n formidabele wapen is.

Die draak woon gewoonlik in grotte en word dikwels voorgestel as ‘n wese wat goud versamel en bewaar – wat dit natuurlik ‘n teiken maak vir dié wat wil ryk word.

Selfs in sekere vertalings (maar nie almal nie) van die Bybel kom daar verwysings voor na die Behemot en die Laviatan – wat deur baie gesien word as verwysings na drake.

Die oosterse weergawe van die draak verskil aansienlik van dié in die weste. In die ooste is dit gewoonlik ‘n gedierte sonder pote maar wat besonder slim is.

Ten spyte van al die moderne fantasiewesens waaruit daar gekies kan word, kan ons seker wees dat die draak, ten spyte van hoe lank gelede hy reeds sy voorskyn gemaak het, steeds ‘n prominente plek in moderne fantasie sal beklee.