DUNE

Voor u verder lees, besoek gerus ons artikel oor die merkwaardige fliek:

DUNE

 

Sand.  Die mees bykombaarste stof op planeet Aarde.  Tog op ‘n ander planeet is dit onmoointlik om dit te kan ontsnap.  Waar jou lewe om water gaan en die sand alomteenwoordig is.

Dune, die plek wat soveel verbeeldings al aangegryp het.  Wat nie net twee rolprente voort gebring het nie, maar ook ‘n klein reeks – van drie episodes – het.  Die storie is stiptelik volgens die boek vertolk in die reeks – as dit nie was vir die oordrewe rol van die prinses.  Altesaam, is die weergawe ‘n goeie opvatting van die boek.

Die heel oudste van die rolprente het besonderse moeite geverg.  Die rekenaar tegnologie tot die vervaardigers het toe nie die vaardigheid gehad om die skilde in te sit nie.  Dus moes die persoonlike skilde met die hand op elke raampie ingeteken word.  Boonop het die filim ook die mees oortuigende disteleer-pakke.  In die ander weergawes kom die distileer-pakke voor soos gewone oorpakke.  Maar in dié rolprent is die pakke oortuigend met pype en materiaal wat pas.

Dan, kom ons wend ons aandig aan die heel nuutste van die drie.  Die weergawe is maklik om te volg vir die gehoor lede wat nie so entoesiasties was om die boeke te lees of die vorige rolprente te kyk nie.  Dié rolprent gee die gehoor ‘n gevoel van komeraadskap en angs.

Tog is daar die gemene afbreek aan die storie.  Die vervaardigers het een van die manlike karakters vervang met die van ‘n vrou.  Dit doen afbreek aan die getrouheid van die storie en moet asseblief onthou word wanneer julle die fliek kyk.  Dr Liet Kynes moes ‘n man gewees het. 

Om ‘n storie te vat en ‘n fliek te maak is ‘n groot taak en vir die rolprent is die taak geslaagd.  Maar om die storie te buig om by die hedendaagse denkwyse te pas is alles behalwe geslaagd.