Onwelvoeglik, eksplisiet en eroties

Die wêreld van fantastika is nie werklik begrens deur die verbeelding nie.

Tog stel ons dikwels vir onsself grense – nie juis oor dít wat moontlik of onmoontlik is nie, maar oor wat aanvaarbaar of onaanvaarbaar is.

So, is daar talle onderwerpe wat eenvoudig taboe is. Dink maar aan hierdie volgende lysie van dinge:

  • Godsdienstige, ideologiese of dogmatiese spot en hoon
  • Laster of godslastering
  • Grusame en sinnelose geweld
  • Uitskeiding of ontlasting
  • Eksplisiete naaktheid en seks
  • Eksploitasie van kinders
  • Aantasting van waardigheid
  • Vernedering van identiteit of eienskappe van ‘n groep
  • Minagting van norme en waardes van ‘n samelewing
  • Kannibalisme
  • Slawerny

Tog kom al hierdie elemente daagliks voor en sal dié wat skep soms juis sekere van hierdie elemente in fiksie gebruik. Tewens, die wetenskapfiksie is al telkens in die geskiedenis gebruik om ‘n fiktiewe wêreld te skep waar sulke vergrype júis plaasvind om sodoende dit te ontbloot en aandag te vestig op die inherente onaanvaarbaarheid daarvan. Talle voorbeelde daarvan kom voor in die WF om die gevare van sosiale ingenieurswese te benadruk of verandering aan te moedig.

Tog is seks en naaktheid deel van die mensdom, en is daar ‘n groot behoefte onder sekere skeppers en gebruikers van fiksie om eksplisiete materiaal in te sluit. Dink maar aan die uitlokkende toneel in Star Wars se Return of the Jedi (1980), waar prinses Leia as slaaf in die hof van Jabba die Hutt aangehou word as trofee en om aan ander sy mag ten toon te stel – dat hy ‘n halfnaakte prinses vir sy plesier kan aanhou. En natuurlik om haar ook te verneder.

En, in wetenskapfiksie is naaktheid relatief algemeen, soos die fisiese naaktheid wat voorkom in hierdie gewaagde toneel uit die 1995 fliek Species, waar dié karakter eintlik ‘n buiteaardse wese is wat in hierdie fase van haar lewensiklus as ‘n begeerlike vrou voorkom sodat sy kan voortplant en vermeng met die genetiese materiaal van hierdie planeet.

En, hoewel minder algemeen, kom manlike naaktheid ook toenemend meer voor soos in hierdie beeld snit uit The Game of Thrones.

Wetenskapfiksie is natuurlik ‘n uitstekende ruimte om sekere van ons konvensionele opvattings uit te daag, soos wat is die plek van die vrou in oorlog? En daarmee saam, hoe moet geriewe van mans en vroue van mekaar geskei word. Een antwoord op hierdie vraag word gegee in Starship Troopers (1997) in hierdie stort toneel waar mans en vroue eenvoudig geriewe moet deel – en dit skynbaar nie lei tot ‘n toename in seksuele spanning tussen die geslagte nie.

Maar uiteindelik is naaktheid, hoewel eroties, nie die grens van die verbeelding nie. En die wêreld van fantastika lewer interessante moontlikhede vir seks. In hierdie toneel uit die eerste seisoen van Expanse word die gewigloosheid van die ruimte aangewend om die toneel ‘n ware gevoel van wetenskapfiksie te gee.

Maar soms is dit nie werklik seks nie, maar die insinuasie wat vir baie meer eroties is as seks self. In hierdie toneel uit The Game of Thrones is dít juis wat gebeur – en te oordeel aan die gewildheid van hierdie moderne fantasie-reeks moet hulle taktiek in die meeste van die kykers se smaak val.

En natuurlik is die seksualiteit toenemend nie bloot gemik op heteroseksuele intimiteit nie, maar homoseksuele materiaal lok al meer kykers – soos weer uit Game of Thrones gesien kan word…

…of hierdie toneel van ‘n orgie waar lesbiese seksualiteit ook baie sensueel uitgebeeld word.

Een van die grense wat ernstig as taboe beskou word en wat redelik algemeen as onaanvaarbaar beskou word oor die wêreld heen, is bestialiteit. Dit wil sê om seks te hê met diere. Hierdie is ‘n besonder interessante verskynsel in wetenskapfiksie, naamlik dat seks redelik algemeen uitgebeeld word tussen verskillende spesies. Dit wil voorkom asof ander spesies (as die mens) in wetenskapfiksie nie dieselfde is as diere nie – en miskien is dit ook nie. Die groot onderskeid is dat die ander spesies in wetenskapfiksie gewoonlik nie bloot instink het nie, maar kan dink en seks vir plesier of met ‘n spesifieke motief in gedagte kan hê (soos wraak, doelbewuste voortplanting, vernedering, ens.).

In hierdie greep uit die 2009 fliek Splice, word so ‘n intieme gebeurtenis getoon. In die toneel vind seks plaas tussen ‘n man en ‘n hibriede vroulike individu wat die resultaat is van ‘n genetiese proefneming, waar die DNS van mense met verskeie diere s’n vermeng is.

Of soos hierdie toneel uit die 1981 gruwelfliek Possession waar ‘n bonatuurlike wese sy wil op ‘n vrou afdwing.

En seks lei dikwels tot die ondergang van ‘n karakter in ‘n verhaal, wanneer seksuele aantrekking gebruik word om ‘n slagoffer te lok – soos in die toneel uit Kiss of the Damned (2012).

Daar bestaan natuurlik die behoefte by sommiges om selfs meer eksplisiete voorstellings van naaktheid en seks te sien as wat die rolprentvervaardigers beskikbaar stel – dit wil sê pornografie. En weereens is daar talle pornografiese werke beskikbaar in die velde van wetenskapfiksie en fantasie – gewoonlik in die vorm van die een of ander parodie van ‘n bestaande werk. Hier is maar drie uit ‘n reuse versameling pornografiese werke van superhelde wat vrylik beskikbaar is.

Of hierdie een (van vele) wat op Star Wars gebaseer is.

Ook Star Trek is nie oorgeslaan om hierdie behoefte van aanhangers te vervul nie.

En selfs iets meer kontemporêr, soos Avatar is beskikbaar vir dié wat sou belangstel.

Maar, dit is nie net in die veld van werklike akteurs waar hierdie hunkering na naaktheid of seks te sien is nie. Animasie is ewe gewild en selfs pornografievervaardigers het nie hierdie mark misgekyk nie, soos met hierdie pornografiese titel, Pornomation wat in 2001 vervaardig is.

En dit is juis op dié gebied dat entoesiaste voel hulle kan self ‘n bydra maak – naamlik in die skep van grafiese beelde waar naaktheid of seks voorkom. Hierdie bydraes word dan aan ander beskikbaar gemaak op van die platforms van sosiale media soos Pinterest, Tumblr, Deviant Art, Twitter, Snapchat, Instagram, ens., soos hier gesien kan word in hierdie prentjie van Spinnerakker.

Hierdie prentjie staan bekend as ‘n sogenaamde 2D prentjie, en daar is ‘n toenemende beweging om daarvan afstand te doen en vir kunstenaars om eerder 3D te gebruik soos hierdie volgende prent van Dante uit die rekenaarspeletjie Dante – Devil May Cry. Die 3D-effek word verkry deur rekenaarmetodes te gebruik of die korrekte hoeveelheid skadu op verskillende plekke van die prent te bereken en in te vul.

Baie van die aanhangers van sekere van die wetenskapfiksie- of fantasiekarakters maak dan ‘n bydra soortgelyk aan ‘n geskrewe verhaal, maar in dié geval deur ‘n romantiese of erotiese sy van die karakter te ontwikkel en moontlik in ‘n verhouding met ‘n ander karakter uit te beeld – dikwels kom die twee karakters nie eers uit dieselfde verhaal nie, soos hierdie beeld van Lara Croft van Tomb Raider en Freddy Krueger uit Nightmare on Elm Street.

Hierdie faset van die pornografiese skeppings is só gewild, dat daar selfs internetreëls bestaan oor hierdie saak – van die meer interessante reëls hieroor is die volgende:

    • Reël 34: Indien iets geskep is, dan bestaan daar pornografie daaroor. Géén uitsondering!
    • Reël 35: As daar nie pornografie bestaan oor iets wat geskep is nie, sál dit gemaak word.
  • Reël 63: Vir elke fiktiewe karakter wat ooit geskep is, bestaan daar ‘n ooreenstemmende karakter van die teenoorgestelde geslag.

En dan is daar natuurlik ‘n verdere metode wat gebruik word om materiaal by te voeg, naamlik om foto’s met Photoshop te verander en karakters (of akteurs) naak of gewaag voor te stel, soos hierdie gedokterde reël 34 foto van Hermione Granger van Harry Potter.

Die ander gebied waarop entoesiaste deelneem aan hierdie erotiese wêreld, is deur hulself te ontbloot in maskerspel – dit wil sê dat mense hulself aantrek en opmaak soos ‘n geliefde karakter, en dan aan erotiese gedrag sal deelneem. Hier is bv. iemand wat haarself voordoen as Lara Croft van Tomb Raider.

In Afrikaans is die voorkoms van naaktheid en eksplisiete beelde grootliks beperk tot geskrewe fiksie, soos werke van André P Brink en andere. Tog, het daar enkele publikasies oor tyd in Afrikaans verskyn. Die tydskrif Loslyf was uiters omstrede en het relatief baie teenkanting en toenemend minder ondersteuning gekry tot dit tans kwalik in die tweedehandse handel gevind kan word. Hulle het hard probeer relevant wees, maar die konserwatiewe aard van die Afrikaner was iets wat die uitgewers skynbaar nie behoorlik kon insien nie.

In hierdie uitgawe het die tydskrif juis gepoog om selfs die WF-vraag aan te spreek van seks en orgasme in die ruimte – sekerlik ‘n poging om meer lesers te lok…

Hoewel hierdie aspekte nie te algemeen in die hoofstroommedia voorkom nie, is daar geen twyfel daaroor dat dit hier is om te bly nie. Die verslawende aard hiervan moet egter nie onderskat of onderbeklemtoon word nie, en baie het al die prys daarvoor betaal.

Versigtigheid is dus van uiterste belang…