Profiele

Wetenskapfiksie en fantasie kan nooit bestaan sonder dat persone dit skep nie. Baie van die skeppende figure wat verantwoordelik is vir baie van die werke wat tans bestaan, het totaal verlore geraak in die verlede en weet ons vandag niks meer van nie. Wat ‘n jammerte!

In hierdie deel word profiele, en waar ons gelukkig genoeg is, onderhoude met skeppers uit ons genre gedeel. Dit is duidelik dat ons rekord van hierdie skeppers uiters onvolledig is, en ons doen ‘n beroep op jou om meer inligting met ons te deel indien verdere inligting bekend is of verkry kan word.