MMXVII

Beste WF-fliek van die jaar

Afrifiksie No. 1

Ten spyte van verskeie baie goeie wetenskapfiksie flieks wat uitgereik is, is Blade Runner 2049 die beste wat 2017 opgelewer het.

Die klankbaan, skouspelagtige tonele, bindende storielyn en effektiewe koppeling met die eerste een, maak Blade Runner 2049 ‘n waardige opvolger vir sy voorganger.

Die room van 2017

Van die vele wetenskapfiksieflieks wat gedurende hierdie jaar uitgereik is, is dit ons mening dat die volgende die bestes verteenwoordig.

No. 2

Die volgende hoofstuk in die reek is ‘n grootse avontuur met ‘n groot aantal los draadjies wat nie in die storie sin maak nie. Dit was egter nie goed genoeg dat Star Wars – the Last Jedi die eerste plek te laat kry in 2017 nie.

No. 3

Passengers het ‘n sterk storielyn, goeie wetenskaplike inhoud en spreek diepgewortelde menslike kwessies aan.

No. 4

‘n Visuele ryk vertolking van hierdie klassieke verhaal maak Ghost in the Shell ‘n algehele genot as jy van kuberpunk hou.

No. 5

Die visuele effekte alleen maak dit die moeite werd om Valerian te kyk – op ‘n effens jonger gehoor gemik.

No. 6

Rise of the Planet of the Apes is ‘n goedgemaakte opvolg in ‘n reeks van flieks waarvan die storielyn in minder as een paragraaf opgesom kan word…

Beste Fantasie-fliek van die jaar

Afrifiksie No. 1

2017 het nie juis baie fantasieflieks opgelewer wat die moeite werd was nie. Die beste een is sonder twyfel The Great Wall wat visueel aangrypend is met ‘n boeiende storielyn en spesiale effekte. Die Sjinese inhoud voeg ‘n rare en genotvolle element by wat nie algemeen in Hollywood produksies te vinde is nie.

No. 2

A Monster Calls is ‘n vermaaklike fliek wat aanbeveel word…

Beste Superheld-fliek van die jaar

Afrifiksie No. 1

Wonder Woman het alle ekords gebreek in hierdie kategorie en is ‘n moet as jy ‘n superheld-aanhanger is.

No. 2

Logan is ‘n treurige volgende hoofstuk in die lewe van hierdie kleurvolle karakter.