Superhelde

Die Afrikaanse wêreld van Fantastika is nie in die besonder bekend vir superhelde nie. Wat veral in die Amerikaanse kultuur hoogs populêr is, het skynbaar maar ‘n geringe aanhang in Afrikaans bereik.

Jet Jungle wat in verskeie tydskrifte verskyn het en as advertensie vir Jungle Hawermout ontbytkos gedien het, is een van die min superhelde wat spesifiek in Suid-Afrika geskep was en wel ook in Arikaans verskyn het.

Ander superhelde wat bloot in Afrikaans vertaal was maar ‘n buitelandse herkoms gehad het, het wel aanhang geniet maar skynbaar nie werklik tot só ‘n mate dat dit veel Afrikaanssprekendes oorgehaal het om wel superhelde vir Afrikaanse te skep nie – anders as vir storieboeke, kortverhale, radiodramas, ens. So byvoorbeeld was Mantelman (Batman) en Robbie, Superman en die Skim vir tydperke in Afrikaans gepubliseer (sien Strokiesprente).

Een uitsondering op die reël is Sikloon (1967) wat ‘n vroulike superheld was wat teen bose elemente moes worstel in fotoverhale.

Dit was nie besonder indrukwekkend nie en redelik onoortuigend.

Indien jy van verdere voorbeelde weet, laat ons asseblief weet sodat ons dit dan kan bywerk.