Jet Jungle

Jet Jungle is ‘n tipe superheld wat in strokiesprente gebruik is om Jungle Hawermout ontbytpap te adverteer. Dit is geskep deur Dov Fedler, ‘n kunstenaar wat vir dekades lank by die Engelse koerant The Star gewerk het. Die meeste van sy werk is inderdaad in Engels gedoen maar hy het by geleentheid in Afrikaans gewerk en dit is in Afrikaanse koerante en tydskrifte gepubliseer.

As kunstenaar vir die koerant het sy werk nie Jet ingesluit nie, maar van jongs af het hy die begeerte gehad om ‘n superheld te skep. Gevolglik het hy oor ‘n groot deel van sy lewe episode na episode van Jet geskep en dit in ‘n magdom Engelse en Afrikaanse tydskrifte laat publiseer – as Jungle Hawermout se eie held in hul betaalde spasie in die koerant of tydskrif as hul reklameveldtog – en natuurlik altyd saam met Jupiter, sy getroue swart luiperd en kameraad…

Sover ons bewus is het daar egter nooit ‘n strokiesprentboekie spesifiek oor Jet Jungle verskyn nie – ‘n ware jammerte.

Tekenaar Dov Fedler in sy ateljee  in Linden, Johannesburg.
Foto: Boxer Ngwenya

Hy is gebore Noah David Fedler en sy ouers het uit Litaue gevlug om die Joodse vervolging te ontsnap. Sy loopbaan was grootliks gefokus op politieke spotprente.

Strokiesprente