WF-Skrywers

Afrifiksie poog, met die hulp van ons Afrikaanse WF-ondersteuners, om betroubare inligting te verskaf rakende ons Afrikaanse Wetenskapfiksie-skrywers. Sodat ons nie hulle bydraes tot die Afrikaanse WF sal vergeet nie en indien u gunsteling Afrikaanse WF-skrywer nie op hierdie lys is nie kan u vir ons die inligting saamstel en aanstuur.

  1. Johan Kock – 2010 © Afrifiksie
  2. Jan A. Schaafsma – 2016 © Afrifiksie
  3. Anna van der Walt – 2016 © Afrifiksie
  4. Mike Leach – 2016 © Afrifiksie
  5. Louise Viljoen – 2015 © Afrifiksie
  6. Fanie Viljoen – 2015 © Chantal Pretorius
  7. Johan V. van Wyk – 2015 © Evert Pretorius
  8. Eben van Renen – 2015 © Evert Pretorius
  9. Gerrit van Dijk – 2014 © Joe Botha
  10. François P. Verster – 2014 © Joe Botha
  11. Ilse Steyn – 2014 © Anke Norris
  12. Wille Martin – 2019
  13. Tiaan Eybers – 2015 Willie van Tonder
  14. August van Oordt – 2017 © Afrifiksie
  15. Leon Rousseau – 2017 © Afrifiksie
  16. Dov Fedler – 2017 © Afrifiksie
  17. John Coetzee – 2017 © Afrifiksie
  18. Anna Erishkigal – 2018
  19. Arthur E Bleksley – 2019

I.D. Lamprecht

I.D. Lamprecht is gebore op Philippolis. Hy werk by Volkskas en doen orals diens. In 1981 tree hy medies ongeskik af, en begin met meer erns skryf.  Hy het 98 boeke op die rak, wat bestaan uit avontuur-, speur-, spannings-, jeug- en kleuterverhale en natuurlik wetenskapfiksie – Sending Kosmos. Hy het ook vervolg- en kortverhale gepubliseer. Hy skryf met ‘n sagte potlood, en erken ruiterlik dat hy nie kan spel nie. Sy vrou redigeer en tik sy werk. Van die jeugverhale is vir skole voorgeskryf en, kleuterverhale is deur die SAUK gebeeldsend. – Hartbees Uitgewers.

Pieter W Nel

Pieter W. Nel is op Koppies in die Vrystaat gebore en het sy laerskool daar voltooi waarna hulle Heilbron toe verhuis het waar hy hoërskool voltooi het.  Hy is tans afgetrede wildbewaarder en het in die jaar 2000 uit die diens van Mphumalanga Parke Raad afgetree.  Hy is vir die laaste 35 jaar evangelis en het intensiewe navorsing gedoen oor Skriftuurlike profesie en die sogenaamde “verlore” 10 stamme van Israel waaroor hy ‘n monumentale boek geskryf het met die titel Verlore Stamme van Israel. Nog nege geestelike boeke het gevolg oor die Grootste Misleidings op Aarde.  Hy het ‘n verdere agt romans en ‘n sprokie geskryf waarvan drie van hierdie boeke ‘n reeks jeugverhale is wat in die ruimte afspeel.

Pieter W. Nel is ‘n profesionele skilder, mesmaker, entoesiastiese motorfiets- en trapfiets ryer.   Hy was vir 30 jaar vlieënier en het gedurende daardie tyd vliegtuie gebou.  Tans is hy steeds betrokke by vlieg en die sekretaris en nuusredakteur van die Groblersdal Vliegklub.

Die skrywersgogga het begin toe hy kortverhale vir die Skooltydskrif, Patrys, geskryf het.  Artikels vir vliegtydskrifte het gevolg asook kortverhale vir vroue tydskrifte en Landbouweekblad.  Hy woon in Groblersdal en is tans besig met ‘n geskiedkundige boek oor die Loskopdam Natuurresevaat en omgewing wat 2,000 miljoen jaar terug dateer.

Chris Karsten

Chris woon tans in Kanada, waar hy ‘n produktiewe skrywer is. Hy het een werk van wetenskapfiksie waarvoor hy die silwer Sanlamprys vir jeuglekuur gewen het, nl. Floris Sapiens.

Chris is op 9 November 1947 gebore in die toe Transvaalse dorpie van Morgenzon. Sy hoërskoolopleiding voltooi hy op Hoogenhout in Bethal, en studeer later om ‘n BA-graad te behaal Afrikaans-Nederlands en sielkunde aan die Universiteit van Pretoria.

Hy werk uiteindelik in die pers by die Volksblad as joernalis. In 1985 verskyn sy eerste boek en enigste werk in wetenskapfiksie.

1 thought on “WF-Skrywers

Comments are closed.