Geskenke

Dit gebeur soms, gewoonlik uit die bloute, dat iemand ‘n klomp tyd en moeite gedoen het om ‘n storie uit te dink en neer te skryf – en dit dan bloot te skenk.  Geen vergoeding en geen voorwaardes nie.  Dít is van die beste eienskappe van die Afrikaner wat ons soms stom laat van verbasing.  En ons is uiters dankbaar vir sulke mense.

En dis natuurlik nie maklik nie.  Baie ure gaan in so ‘n projek, en dit word later soos ‘n eie kind.  En dat is daar nog die aspek om jouself aan die wêreld te ontbloot en dalk kritiek op die hals te haal.  Dis dapper en onbaatsugtig…

Baie dankie aan elkeen wat ons eer met dít wat jy geskep het en ons toelaat om dit ook te geniet.

Afrifiksie behou die kopiereg van hierdie werke en niemand word toegelaat om enige deel hiervan te kopieer of te stoor nie.  Geniet dit saam met ons, hier op die tuiste vir al jou Afrikaanse fantastika.