Resepte

Wetenskapfiksie en fantasie is nie verniet spekulatief van aard nie – feitlik elke element van bestaan word soms verander van dit waaraan ons gewoond is.  Op dié manier neem die nuwe wêreld wat die skrywer skep ‘n waarlik vreemde gestalte aan.

In talle verhale kom daar verwysings voor na vreemde kosse, soos hierdie grillerige dis wat dalk sensitiewes kan laat katte skiet.

Ons gaan van tyd tot tyd resepte plaas van disse wat die ware Jakob in die fliek of boek probeer naboots – hoop jy geniet dit…