Uitwissing deur kosmiese botsing

Die moontlikheid dat die Aarde moontlik mag bots met ‘n groot voorwerp uit die ruimte is seker een van die mees werklike bedreigings wat die mensdom in die gesig staar. Só werklik is dit dat verskeie nasionale en internasionale pogings oor die wêreld aangaan om moontlike voorwerpe uit te sonder wat die potensiaal het om êrens in die toekoms met die Aarde te bots. Hierdie vrees het historiese grond omdat dit algemeen aanvaar word dat die uitwissing van die dinosourusse die direkte gevolg was van so ‘n botsing. Verder is daar sterk wetenskaplike argumente dat selfs die maan van die Aarde gevorm het na aanleiding van ‘n reuse botsing in die vroeë onwikkeling van die sonnestelsel.

Hierdie feite maak hierdie moontlikheid ‘n baie aantreklike tema vir wetenskapfiksie. Heinz G Konsalik se boek oor hierdie tema is in Afrikaans vertaal – Komeet van die dood.

1269785_151003101013_komeet_van_die_dood-1

Maar natuurlik is dit nie net ‘n tema wat in boeke ontgin is nie, rolprente het ook die tema benut. Die 1998 rolprent Armageddon het groot akteurs gebruik, maar ongelukkig het dit teleur gestel (wow-telling 45%).

a75217wqz7r-1

Ook in 1998 is ‘n tweede, en veel meer suksesvolle rolprent oor dieselfde tema vrygestel – Deep Impact (wow-telling 75%).

movieposter