Volwasse Wetenskapfiksie

  1. 20,000 MYL ONDER DIE SEE – Jules Verne (1961)
  2. ‘n REIS NA DIE MIDDELPUNT VAN DIE AARDE – Jules Verne (1958)
  3. 2010: SENDING NA JUPITER – Arthur C. Clarke (1982)
  4. ARGON EN DIE DONKER PLANEET – John Coetzee (1983)
  5. ARENDSVLUG – Bertie Reyneke (1983)
  6. ARWANTIË 2953 – Eben van Renen (2011)
  7. AS DIE WIT DUIWE VLIEG – Nanda Pauw (1987)
  8. ATLANTIS – Wille Martin (1982)
  9. AXION – Mike Leach (2016)
  10. BEHEERKAMER ONBEMAN – Robert A. Heinlein (1972)
  11. BRUG NA EDEN – Charles F. Stofberg (2000)
  12. DAG VAN DIE STERREWIND – Douglas Hill (1988)
  13. DEUR NA NEBULA NEGE – François Verster (2014)
  14. DIE AARDE IS NABY – Ludĕk Pešek (1975)
  15. DIE BRUIN PLANEET – Kobus Smit (Onbekend)
  16. DIE GEHEIMSINIIGE VLIEËNDE PIERING – M. Steyn van Rooyen (1960)
  17. DIE GROEN PLANEET – Jan Rabie (1961)
  18. DIE HEMELBLOM – Jan Rabie (1971)
  19. DIE JAGTER – Douglas Hill (1990)
  20. DIE JAGTER KRONIEKE: DIE HALFBLOED – Nico Smit (2014)
  21. DIE JAGTER KRONIEKE: KOUE VUUR – Nico Smit (2014)
  22. DIE JAGTER KRONIEKE: SKEMER OORLOG – Nico Smit (2015)
  23. DIE ONSIGBARE MAN – H.G. Wells (1955)
  24. DIE ONSTERFLIKES – Jeanette Ferreira (1995)
  25. DIE PLANEET VAN DIE APE – Pierre Boulle (1971)
  26. DIE ROOFDIER – Louise Viljoen (2015)
  27. DIE SKARLAKEN ESKADER – W.A. de Klerk (1959)
  28. DOOD IN DIE RUIMTE – Jeff Sutton (1966)
  29. EEN BILJOEN JAAR N.C. – Charles F. Stofberg (2012)
  30. ENGEL VAN DIE NAG – Eben van Renen (2015)
  31. FRITZ DEELMAN EN DIE SKEPE VAN MARS – Leon Rousseau (1957)
  32. FRITZ DEELMAN EN DIE GROEN DOOD – Leon Rousseau (1958)
  33. INVERSIUM – François Verster (2015)
  34. KRYGERS VAN DIE WOESTENY – Douglas Hill (1990)
  35. KRYGSHEER VAN DIE MELKWEG – Douglas Hill (1984)
  36. LENNET EN DIE SATELLIET – Luitenant X (1979)
  37. LENNET TEEN SES – Luitenant X (1991)
  38. LEO – Anna van der Walt (2016)
  39. LOEN HUGO: RUIMTELOODS – Johan Kock (1981)
  40. LEON HUGO: RUIMTEVEGTER – Johan Kock (1982)
  41. LIEFDE IN DIE RUIMTE – Ilse Steyn (1998)
  42. LOELOERAAI – C.J. Langenhoven (2012)
  43. MARSNIK III – Marinus Keet (2013)
  44. MELKWEGRYKE – Nicolaas van der Wath (2005)
  45. NAG VAN DIE TYD – René Barjavel (1971)
  46. NARCISSUS – Wille Martin (1982)
  47. ONDULAN – Gerrit van Dijk (2011)
  48. PLANEET 3 – Wille Martin (1981)
  49. PLANEET VAN DIE KRYGSHEER – Douglas Hill (1989)
  50. PRINSES IN DIE RUIMTE – Ilse Steyn (1996)
  51. REISIGERS DEUR DIE RUIM – Prof. Arthur E. Bleksley (1961)
  52. ROWERS VAN DIE RUIMTE-EEU – André van der Merwe (1964)
  53. SLAGVLEUEL OOR VEYNAA – Douglas Hill (1986)
  54. SLAWE VAN DIE MARSMANNE – André van der Merwe (1964)
  55. STELLAMARIE – Anna van der Walt (2016)
  56. SWART STER OOR DIE KAROO – Jan Rabie (1957)
  57. T!NAX’U – Gerrit van Dijk (2012)
  58. TORINGHOOG EN MYLE BREED – Tonke Dragt (1978)
  59. VOORDAT DIE SON VERDUISTER – Nellis Fourie (1960)
  60. VREEMDELING VESTING – Douglas Hill (1991)
  61. EKLIPTIKA X – Pierre Conradie (1971)
  62. Clint Eastwood van Wyk en die MoordenaarsklokPieter Verwey (2015)
  63. PoppekasDeborah Steinmair (2012)
  64. Aanval op SomaJ.F. de Waal (2013)
  65. Wanneer dit reën – J.F. de Waal (2013)
  66. Gawie Botha raak balisties – Franz Ludick (2018)
  67. Gawie Botha – Ruimterower! – Franz Ludick (2018)
  68. Gawie Botha doen tyd – Franz Ludick (2018)
  69. Weerlose MeganikaAnton Roodt (2020)
  70. ToekomsmensIsa Konrad (2020)
  71. Skepsel – Willem Anker (2020)
  72. Donkerbloed – Elrien Scheepers (2021)

20,000 MYL ONDER DIE SEE – Jules Verne

Vertaal uit Frans deur Bep & Hans Rompel en uitgegee in 1961 deur J.L. Van Schaik Uitgewers.

HOOFSTUK 1 ‘n Bewegende Klip Die jaar 1866 is gekenmerk deur ‘n sonderlinge gebeurtenis, naamlik ‘n onverklaarbare verskyning wat niemand seker vergeet het nie. Die gerugte het die kusbewoners verontrus en die mense wat in die binneland gewoon het in ‘n opgewonde toestand gebring, maar dit het veral die seelui die skrik op die lyf geja. Handelaars, skeepsagente, kapteins van handelsvlote in Europa en Amerika, see-offisiere van elke nasie, en selfs die regerings van verskillende lande van albei wêrelddele het hulle baie ernstig met die saak besiggehou. Verskeie skepe het ‘n groot voorwerp gesien wat partykeer lig versprei en wat baie, baie groter en vinniger as ‘n walvis was.

‘n REIS NA DIE MIDDELPUNT VAN DIE AARDE – Jules Verne

Vertaal uit Engels deur Leon Rousseau en uitgegee in 1958 deur Tafelberg Uitgewers.

HOOFSTUK 1 DIE GEHEIMSINNIGE GESKRIF Op 24 Mei 1863, ‘n Sondag, kom my oom, professor Lidenbrock, sy huis haastig binne. Hy woon in Königstrasse 19, een van die oudste strate in die ou deel van die Duitse stad Hamburg. Ons goeie Martha kom onmiddellik tot die gevolgtrekking dat haar maaltyd laat is, want dit begin nog maar in die oond braai. “Nou ja,” dink ek, “as my oom honger is, sal hy skree, want hy is die ongeduldigste van alle mense.” “Meneer Lidenbrock al hier?” roep die verbaasde Martha en kyk by die eetkamer in. “Ja, Martha,” sê ek, “maar daar is nog ‘n volle halfuur voor etenstyd. Meneer Lidenbrock sal ons seker sê waarom hy nou al hier is.” …

2010: SENDING NA JUPITER – Arthur C. Clarke

Vertaal uit Engels deur Jan Rabie en uitgegee in 1982 deur Tafelberg Uitgewers.

Dit is die jaar 2010.  Deur die onmeetlikheid van die ruimte snel ‘n klein skippie voort.  Dit is die Leonof, met sewe Russe en drie Amerikaners aan boord.  Hul bestemming is die planeet Jupiter, waar die vorige sending van die Amerikaners in ‘n katastofe geëndig het.  Hul opdrag is om te kyk wat hulle kan wys word uit die rekenaar van Ontdekker, die ruimteskip wat vir daardie sending gebruik is en wat nog steeds verlate deur die ruimte woer-woer.  Maar veel belangriker nog: hulle moet probeer vasstel wat die vreemde verskynsel is wat naby Ontdekker in die ruimte hang en wat op die een of ander geheimsinnige wyse iets met die rampspoedige einde van daardie vorige sending te doen gehad het…

2010: sending na Jupiter hervat die verhaal wat begin is in die boek en trefferfilm 2001: A Space Odyssey en verskaf antwoorde op baie van die vrae wat daar onopgeklaar gebly het.  Dit is die dramatiese verhaal van ‘n epiese tog die ruimte in, kundig gebaseer op vandag se tegnologiese wondere en op die jongste wetenskaplike kennis omtrent die verre wêrelde waarheen ruimtereisigers dit waag.  Dit is absoluut geloofbaar, en daarby so helder geskryf dat enige leek dit kan volg.  Hierdie boek is gewaarborg om een van die groot klassieke van wetenskapfiksie te word.

AGON EN DIE DONKER PLANEET – John Coetzee

Tafelberg Uitgewers, 1983.

Agon is die eerste op KRI wat die geheimsinnige silwer vaartuig gewaar wat uit die noorde aangesweef kom.  Dis onbeman – en dit lyk asof dit uit die buitenste ruim kom.  In die vaartuig vind Agon-hulle ‘n goue plaat met eienaardige simbole daarop geëts.  Kommandeur Lu Kago en sy ruimtespan dekodeer dit tot fassinerende beeld- en klankopnames van ‘n vreemde planeet.  Hulle sien oseane, kontinente, berge, stede, welige plantegroei en groen landerye, ‘n pragtige sonsondergang oor die see – en wesens wat heeltemal ánders as die KRIane lyk.  ‘n Ekspedisie met die Zarkon 10, KRI se ultra-gesofistikeerde ruimteskip, word na die vreemde planeet uitgestuur.  Argon gaan saam.  Sy opdrag: om eetbare plante te kry om KRI se kwynende voedselbronne aan te vul.  Maar wanneer die Zarkon 10 uiteindelik op die vreemde planeet land, vind Agon ‘n wêreld wat hy hom in sy wildste drome nie sou kon voorstel nie…

ARENDSVLUG – Bertie Reyneke

Perskor Uitgewers, 1983.

Oorbevolking, gemaksug en ‘n ‘lekker lewe’ is die lot van ons nasate iewers in die toekoms.  Die feit dat die wêreld se voedselbronne uitgeput is en dat die mens hom tot die see moet wend om die nodige voedingstowwe daaruit te ontrek vir die vervaardiging van sintetiese voedsel, bekommer die mense ook nie veel nie.  Hoekom sou dit?  Dit is immers nie hul bekommernis nie.  Daarvoor is daar mos wetenskaplikes wat moet sorg dra dat almal gevoed kom en ruimte het om te leef.  En dit ten spyte die feit dat selfs die see nie meer die nodige kan lewer nie.  Maar iewers in die ruimte is daar ander mense wat die gebeure met kommer aanskou en besluit om in te gryp.  Maar hulle inmenging word op ‘n baie subtiele manier gedoen.  ‘n Paar swanger moeders word spesiaal uitgesoek en die ongebore babas word met ongekende wysheid en vermoëns ‘gevoer’.  Hulle sal die toekomstige leiers wees wat in samewerking met die ruimtemense soos Mosesse van ouds ‘n eksodus moet bewerkstellig.  Om dit te kan doen, moet hulle hulleself egter eers as leiers bewys en die aardmense se vertroue wen.  ‘n Moeilike taak, want die aardmense stel nie veel belang nie.

ARWANTIË 2953 – Eben van Renen

Thompson Boekdrukkery, 2011.

Dit is die jaar 2953 AD…  Die mensdom is verspreid oor meer as ‘n duisend planete in die bekende ruim. Een nasie moes lank wag en ver soek om hulle eie tuiste te vind.  Die Arwantyne probeer ‘n bestaan maak op ‘n planeet in die misterieuse onbekende ruimte.  Kobus Steyn, rekruut in die Arwantynse ruimtekorps, se drome word verpletter wanneer die Tar hulle verskyning maak.  Wanneer ‘n intelligente organism, wat byna oor die hele planeet strek, hom aantas, ontaard Kobus se netjiese, gedetailleerde lewensplan in chaos.  Kobus, en sy volksgenote, is gyselaars in hulle eie, verwronge wêreld, en uitgelewer aan die wreedheid en oormag van hul vyande.  Kobus self steier onder die druk van sy verlies en sy eie sin vir verantwoordelikheid.  Een ding is egter helder en duidelik vir die hele nasie: as Arwantyne het hulle gekom om te bly!  …of het hulle?

AS DIE WIT DUIWE VLIEG – Nanda Pauw

J.P. Van Der Walt en Seun Uitgewers, 1987.

Dit is die jaar 2286. Nêrens in die wêreld het daar vrede en liefde oorgebly nie; opstande, haat en doodslag het die plek daarvan ingeneem – Christenskap word uitgeroei die oomblik wat dit êrens kop uitsteek; so iets bestaan net nie meer nie – of so dínk die heersers.  Want dokter Yassef, briljante medikus in die Westelike gebied, het onder berg Vesta – by sy kliniek – ‘n vesting ingerig waar Christenvriende woon en waar hulle hul godsdiens ongehinder kan beoefen.  Totdat Alan St. Claire ‘n noodlanding naby die kliniek moet doen; want die Angel uit die Ooste maak jag op hom. Hy het haar verneder en sy gaan hom terugbetaal – hierdie beeldskone vrou uit die Oostelike gebied kry gewoonlik wat sy wil hê.  Dan maak Alan ook kennis met die mooie Lydia, ‘n sagsinnige meisie wat verpleeg in die Yassef-kliniek en ook in die geheim ‘n leidende rol speel in die Christenkommune onder berg Vesta.  Wat sou nou hulle lot wees, noudat Alan se teenwoordigheid al die veiligheidswagte hierheen gelok het?

ATLANTIS – Wille Martin

Klub Saffier, 1982.

Die manne van Atlantis, kaptein Staal, Alex Brutus, Kosmo en Flynn, is in ‘n penarie.  Hulle het van die Aarde af ontsnap, en ‘n viertal van die beeldskone Aardse vlieëniervroue met hulle saamgeneem.  Te laat moes hulle uitvind dat daar ‘n komplot teen hulle was, maar intussen het hulle Atlantis, die manne se tuisplaneet in sig gekry en toe het ding begin skeefloop.  Om ‘n reis van soveel ligjare te kon aflê, moes die ruimteskip, Narcissus, in ‘n ander dimensie spring.  Dit het beteken dat hulle, weens ‘n fout in die meganisme van hiperdimensie, nie alleen in die ruimte gereis het nie…  maar ook in die tyd!  Die Atlantis waar hulle wil land, lyk nie soos die een wat Staal-hulle verlaat het nie – en dit blyk dat hulle moontlik miljoene jare terug in die tyd beweeg het.  Terwyl hulle op die planeet vertoef, word Kristin deur vreemde mans, met die gelaatstrekke van katte, ontvoer.  Daar ontstaan ‘n skrikaanjaende jaagtog deur tyd en ruimte, waarin Alex Brutus tot die besef kom van hoe diep sy liefde vir hierdie beeldskone, blonde jong meisie is.  Die vraag is net: Gaan hy ooit betyds wees om sy liefde aan haar te verklaar?  Gaan hy haar ooit opspoor in die doolhowe van tyd en ruimte – en hoeveel daarvan is fisiese ruimte, of bestaan dit alleen maar in die verbeelding?

AXION – Mike Leach

Thompson Boekdrukkery, 2016.

“…teoreties sal die entiteit in sy bewegings-rigting krimp tot ‘nul’, sy massa sal toeneem na ‘oneindig’ terwyl ‘tyd’ vertraag en eintlik stilstaan…” “… Tyd, afstand, massa word verander deur die kwantiteit van Einstein se Relatiewe formula…” “…hulle kan en sal sleutelpersone laat verdwyn, ander weer terugbring in Tyd en, gebeure laat plaasvind, en maak soos gode wat beserk raak…!” “…dis ʼn geweldige taak vir jou om te voltooi. Jou taakis selfs groter en belangriker as myne!…” “…Ben, jy sal weer in tyd moet terug gaan om ʼn voorkomende aksie te bepaal…!”

BEHEERKAMER ONBEMAN – Robert A. Heinlein

Vertaal uit Engels deur Paul Roux en uitgegee in 1972 deur Tafelberg Uitgewers.

Tallose geslagte lank is die ontsaglike ruimtetuig reeds deur die hemelruim onderweg – op ‘n reis wat slegs twéé geslagte moes geduur het.  Selfs die groot opstand waarin al die wetenskaplikes aan boord omgekom het, het in die verre verlede plaasgevind.  En met hulle het alle kennis van die buitewêreld gesterf.  Vir die Bemanning van die Tuig is die beskrywing van die aarde en sterre in boeke soos die Encyclopedia Terrestriana suiwer mites, want hulle woon in die onderste lae van die Tuig, waar die plase is.  En die uitkykkamer en stellarium is in die boonste lae, die gebied van hul aartsvyande – die gevaarlike, gedrogtelike muties, mense wat vanweë straling misvormd gebore is.  Die Tuig is dus alles – die hele heelal.  Buite die Tuig is daar niks, kán daar nie iets wees nie.  Tot die tweekoppige mutie-leier, Joe-Jim, die nuuskierige Hugh Hoyland vang en hom na die stellarium neem…  Sy eerste blik op sterre is vir die jeugdige Hugh ‘n ontsettende, ondraaglike ervaring wat hom intens skok en alles wat hy geleer het, omverwerp.  Hy besef dat die aarde – daardie ongelooflike plek waar die mens glo op die buitekant pleks van aan die binnekant geleef het – werklik kon bestaan het! Maar Hugh se ontdekking gooi ook die lewe in die Tuig omver, want dit is die begin van ‘n reeks botsings wat bewys dat die menslike natuur nié verander nie, selfs al het hy sedert eeue geen kontak met die aarde meer nie.

BRUG NA EDEN – Charles F. Stofberg

LAPA Uitgewers, 2000.

Terwyl daar ‘n kolonie op Mars gevestig word, ontbrand ‘n kernoorlog op Aarde wat byna alle lewe uitwis.  In enkele lande is daar groupies mense wat wydverspreid weer van voor af ‘n sukkelbestaan moet voer.  Alles verval.  Die natuur neem oor, wilde diere swerf deur die ruïnes van eens florerende stede en dorpe.  Mense maak jag op diere en op mekaar.  Amerika word ingeneem deur die AVO-magte uit Asië.  Hulle het net een doel voor oë en dit is die besetting en oorheersing van die ganse VSA.  Hulle is meedoënloos in hulle aanslag.  Amerikaners word tot slawerny gedwing.  Tommy en Karla ontmoet mekaar in die vervalle dorp Galena en word gedwing om voor die naderende Asiërmagte te vlug en hulle uiteindelik by ‘n versetbeweging teen die invallers te skaar.  Intussen is daar intrigue en spanning op Mars waar wetenskaplikes en die jong Andrew Wilson naarstiglik na etlike eeue probeer om kontak met Aarde te maak.  Uiteindelik sale en stokou ruimtetuig die terugtog Aarde toe kan aandurf…  die brug na Eden.

DAG VAN DIE STERREWIND – Douglas Hill

Vertaal uit Engels deur Jan Schaafsma en uitgegee in 1988 deur Human & Rousseau Uitgewers.

Dit is die derde boek in die opwindendereeks oor die avonture van Keill Randor, die laaste Legioensoldaat. In die eerste twee boeke, Krygsheer van die Melkweg en Slagvleuel oor Veynaa, het Keill en Glr, sy Vreemdeling-metgesel, reeds kennis gemaak met die gewetenloosheid en dodelike mag van die Krygsheer se agente, die Slagvleuel.  In hierdie verhaal neem Keill en Glr se soektog na die vyand hulle na ‘n onbewoonde planeet waar vreemde aktiwiteite waargeneem is.  In die dramatiese klimaks moet Keill nie alleen kragte meet met die groteske leier van die Slagvleuel nie, maar ook met die aanslag van die mees verwoestende windstorm in die hele Melkweg.

DEUR NA NEBULA NEGE – François Verster

Thompson Boekdrukkery, 2014.

Iewers in die nabye toekoms is die mensdom op laaste bene en daar is net een uitweg: die deurgang na ‘n ander dimensie. Generaal Attilorus se elite verkenners verdwyn een na die ander in hulle strewe om hierdie missie te voltooi.

Het die vernuftige Wilf Beaudin en sy beeldskone kameraad Leia Vestra daarin geslaag om die enigmatiese Professor Kitakilus op te spoor? En wie is die geheimsinnige Komistor? Wat gaan aan op die Drie Susters van Nebula Nege en wat is ‘n Grylik?

Deur na Nebula Nege is die verhaal van die mensdom, saamgevat in een veelvlakkige vertelling wat afspeel op verskillende planete in ‘n verre, verbeelde andersoortige dimensie, dog skrikwekkend bekend.

DIE AARDE IS NABY – Ludĕk Pešek

Vertaal uit Duits deur Anna Minnaar-Vos en uitgegee in 1975 deur H.A.U.M.

Ná die geslaagde maanlanding het die verkenning van die “kus, agter die horison” die avontuur van ons tyd geword.  Wat dekades lank deur Jules Verne en andere as ‘n wonderwêreld aan die tegnologie voorgestel is, is nou reeds ‘n verbysterende werklikheid.  Die aarde bly naby, ook vir die ruimtereisigers van die Mars-ekspedisie, Alfa.  In dramatiese omstandighede wil hulle – soos die vroeëre ontdekkers in die geskiedenis van die mens – die skynbaar onmoontlike verwesenlik.  Van tyd tot tyd kry die leser die indruk dat kaptein Scott se reis na die Suidpool hom in die stofstorms van die planeet Mars herhaal.  Die ruimtereisigers se verblyf van 444 dae op die Rooi Planeet word die opwindende hoogtepunt van hierdie boek.  Daarby laat die presiese beskrywing van die menslike denke en handeling in die buitengewone omstandighede die leser nie ‘n oomblik los nie.  Hierdie verslag van die Mars-landing in ons tyd hou rekening met alle feite insoverre hulle aan die wetenskap bekend is.  Boonop openbaar Ludĕk Pešek hom as ‘n skitterende verteller.  Hier is ‘n boek wat die volwassene en die juigdige met ewe veel genot sal lees.

DIE BRUIN PLANEET – Kobus Smit

Tafelberg Uitgewers, Onbekend.

Rocco Venter en Kellie Burger word genooi vir ‘n proefrit in ‘n gevorderde ruimskip.  Hul gasheer, professor De Ia Mare, beplan ‘n nadere ondersoek van die Bruin Planeet — die swerwerplaneet wat hom op die drumpel van die Aarde kom vestig het.  ‘n BIou elektriese straal flits deur die donker en hulle slinger magteloos nader na ‘n sigaarvormige voorwerp wat asof uit die niet verskyn.  In die buik van die projektiel word hulle gevange geneem en na die Bruin Planeet weggevoer.  Professor De Ia Mare oorreed die Ieier van die bewoners van die Bruin Planeet om hom vir onderhandelinge na die Aarde tevergesel.  Maar die twee seuns moet as gyselaars agterbly.  Onder die kors van die barre Bruin Planeet wat feitlik sonder water en lug moet klaarkom, beleef die twee maats avonture wat hul hare orent laat staan.

DIE GEHEIMSINIIGE VLIEËNDE PIERING – M. Steyn van Rooyen

Tafelberg Uitgewers, 1960.

“Die vlieënde voorwerp speel met die vier Sabres soos ‘n kat met ‘n muis.  As die straalvegters ‘n sirkel om hom maak, skiet hy skielik die hoogte in of daal hy af tot ver onderkant hulle, en teen die tyd dat die Sabres weer in die posisie is om hom van naby te beskou, draai hy skuins verby, om dan soos ‘n blink ligskyf in die verskiet weg te raak.”  Luit. Freek Stroebel en vier van sy maats van die jageskader van die Lugmag ruik-ruik net so aan die vlieënde piering, maar daar is net nie kans om die ding van naderby te beskou nie.  Kom die Piering van een van die ander planete – van Mars af miskien? – of kom dit agter die ystergordyn uit?  Hierdie raaisel sou die manne miskien nie so besig gehou het nie, was dit nie dat Basie Raats skielik verdwyn, nadat sy vliegtuig neergestort het nie.  Freek Stroebel is leier van die jageskader.  Hy ken die manne agter die ander stuurstange by name: Sakkie Fourie, Charlie Williams… en Basie Raats…  Maar wat het van Basie geword, en lewe hy nog?

DIE GROEN PLANEET – Jan Rabie

Human & Rousseau Uitgewers, 1961.

Die lede van die Grootraad van die aarde se eerste wêreldregering besluit op ‘n meesterplan om die mens se oorlewingsmoontlikhede te toets as hy op ‘n ander planeet wil aanpas en voortbestaan.  Operasie Feniks is die stigting van die eerste kolonie op die planeet Mars.  Die material verwerk in hierdie boek is nie louter fantasie nie, maar is gebaseer op bestaande wetenskaplike kennis oor Mars en oor die ruimtevaart. Jan Rabie weet waarvan hy praat, al moet hy soms voortbou waar die wetenskap nog slegs kan raai.  Tog is dit meer as genoeg om die vreemdheid van dié buurplaneet aan ons te openbaar, en om die byna bomenslike probleme wat wag op die groupie pioneers in hul ruimtepakke te voorspel.  En ook om ons reeds te laat vermoed dat onaardse avonture wag op diegene wat die rooi stofwoestyne van Mars gaan betree.  Die groen planeet speel hom byna geheel en al af op die rooi planeet, maar is tog ‘n verhaal van ons eie aarde.  Want Homo Sapiens uittrek tussen die sterre, moet hy by voorbaat besef dat hy ‘n prys daarvoor sal moet betaal…

DIE HEMELBLOM – Jan Rabie

Tafelberg Uitgewers, 1971.

Die drie jong manne sit verbyster in die kontrolekamer van Kaap 2 – ‘n belangrike ruimte-waarnemingspos aan die Karoo-kant van die Bolandse kusberge.  Die jong sterrekundige Francois Korsten, bevelvoerder van die pos, die platjie van ‘n Bill Murray, ingenieurstudent wat voorgee dat hy ‘n liefdesteleurstelling in die dun berglug kom suiwer en Piet Jordaan, toegewyde plantkundige, kan dit beswaarlik glo.  Op die sigskerm voor hulle het ‘n vreemde ruimtetuig met ‘n duiselende vaart by ‘n kommunikasie-satelliet verbygeskiet.  Oomblikke later vul ‘n intense wit gloed die skerm.  ‘n Paar uur ná hierdie vreemde ontploffing, storm die besadigde Jordaan, wat gedurig op soek is na seldsame plante, die kontrolekamer binne.  “Ongelooflik!” roep hy uit.  “Kyk, kyk, sien julle dit?”  Hy hou ‘n vlesige plant met rooi blare en ‘n groen blom na hulle uit.  “Dis… dis nie ‘n plant van hierdie aarde nie,” stotter hy.  “E… ek kan dit glad nie klassifiseer nie.”  Die hemelblom is op die aarde.  Binne ‘n paar dae sou dit verskrikking bring.  En vir die drie waarnemers op Kaap 2 en die meisie, Marie Toerien – wat in die lig van die nuwe omstandighede vir Bill kom opsoek het – ‘n ontsenuende en gevaarlike avontuur.

DIE JAGTER – Douglas Hill

Vertaal uit Engels deur Jan Schaafsma en uitgegee in 1990 deur Human & Rousseau Uitgewers.

Op ‘n warm herfsdag maak Joos Ferrall, sy dorp se jagter, ‘n verstommende ontdekking.  In die wildernis wat die meeste van die land bedek, kom hy af op ‘n seuntjie van skaars twee jaar oud.  Hoe die seuntjie daar gekom het, en hoe hy oorleef het, is ‘n raaisel.  Het Hulle hom dalk daar in die woud laat lê? Wonder Joos.  Dit lyk onwaarskynlik, want Hulle voer altyd mense as slawe weg; Hulle bring nie mense na die woud toe nie.  Tog was die seun daar, en Joos kon nie net wegstap en hom daar los nie.  Dis hoe die seun Joos se pleegseun, Finn word.  Finn Ferrall word uiteindelik ook ‘n meesterjagter, met ‘n byna bomenslike instink vir die natuurlewe.  Toe Hulle na die dorp toe kom en sy peetpa Joos en sy jonger stiefsuster Jena as slawe wegvoer, het hy al daardie vaardighede nodig.  Hoewel niemand dit ooit durf waag he tom die vreemdelinge aan te durf nie, besluit Finn om hulle te agtervolg.  Op sy reis kom hy verskrikkings en gevare teë waarvan hy die bestaan nog nooit vermoed het nie, en langs die pad ontmoet hy ook die vreemdste vriend.  Een van die skrikwekkendste ontdekkings tydens sy soektog na sy gesin is egter oor sy eie oorsprong.  Hierdie avontuurbelaaide wetenskapfiksieverhaal word met uitmuntende vaardigheid vertel deur ‘n meester van sy vak, wyd bekend vir sy reeks oor die avonture van die Laaste Legioensoldaat, en sal lesers tot die laaste bladsy boei.

DIE JAGTER KRONIEKE: DIE HALFBLOED – NICO SMIT

Thompson Boekdrukkery, 2014.

BOEK I In ’n veraf geleë sterrestelsel is die planeet Kazdan, woonplek van die Jagters. Sedert die koms van die Vreemdelinge, die Neaniete, het die samelewing van die Jagters ingrypend verander. Maar na drie eeue van vrede is daar ’n donker mag aan die werk en albei groepe se voortbestaan word bedreig. Dit is die verhaal van Jakut, die Halfbloed. ’n Kombinasie van Jagter en Neaniet. Weens sy hoogs ontwikkelde sintuie word Jakut gedwing om aan te sluit by ’n gevaarlike sending. Hy vorm deel van ’n reddingspan wie gestuur is om die stertuig Nema op te spoor. Die stertuig Nema het neergestort in die gevaarlike moeraswêreld van die Suid-See eilande. ’n Neanietiese Prinses en haar gevolg was aan boord tydens die ongeluk. Die reddingspan vind ’n verlate stertuig en ’n dringende noodroep om hulp. Maar alles is nie pluis nie en kort voor lank bevind die groep hulle midde in ’n ontluikende oorlog tussen goed en kwaad. Verraad volg uit eie geledere en Jakut word weereens gedwing om kant te kies. Maar sy keuse word bemoeilik deur die vreemde aantrekkingskrag tussen hom en die Vreemdeling Prinses. Jakut is hulle enigste hoop.

DIE JAGTER KRONIEKE: Koue vuur – NICO SMIT

Thompson Boekdrukkery, 2014.

BOEK II Na afloop van die bloedige stryd in die oerwoude van die Suid-See eilande is Jakut, die Halfbloed, onderweg na die Heilige Stad, woonplek van die Neaniete. Maar sy reis neem ’n onverwagte wending, want die vyand is nie volkome verslaan nie. Kort voor lank bevind Jakut hom in die kloue van ’n veel meer uitgeslape en verradelike vyand – Keiser Redo Centurios, die selfverklaarde leier van die Uitgewekenes. Jakut en sy nuwe vriende word gedwing om in die arena van die Uitgewekenes te veg om die bloedlus van die toeskouers te bevredig. Uit ’n onverwagte oord ontvang Jakut hulp in sy poging om te ontvlug. Dit ontaard in ’n stryd teen tyd en ’n bykans onvernietigbare viand. ’n Vyand wat daarop uit is om die geheimenis wat in Jakut se bloed opgesluit is, vir homself op te eis. Dis die verhaal van Jakut, die Halfbloed. ’n Kombinasie van Jagter en Neaniet, ’n verstoteling en draer van die Koue Vuur. Die enigste hoop teen die Antieke Donker wat sy wêreld bedreig.

DIE JAGTER KRONIEKE: SKEMER OORLOG – NICO SMIT

Thompson Boekdrukkery, 2015.

BOEK III In die derde aflewering van die Jagter Kronieke reeks, is die vyande van die monargie warm op die spoor van die voortvlugtende Prinses Luthare en haar bondgenote. Afgesonder in die eensaamheid van die Duine See, die woestyn wêreld van Kazdan bring die ontdekking van ’n vreemde obelisk ’n onverwagse wending in die groep se pogings om veilig die Heilige Stad te bereik. Jakut, die Halfbloed word verplaas na ’n wêreld vasgevang in ’n ewige skemerte. In ’n landskap waar die dood skuil en onheil heers leer hy die antwoorde ken op die brandende vrae in sy gemoed. Intussen het die bedreiging van die Groot Waansin die rustige lewe van die Heilige Stad bereik en woed ’n oorlog om oorlewing. Die Kuur is die stad se enigste redding maar die sluwe Aniet is vasberade om die Kuur en Jakut vir homself op te eis.

DIE ONSIGBARE MAN – H.G. Wells

Vertaal uit Engels deur J. Kromhout en uitgegee in 1955 deur J.L. Van Schaik Uitgewers.

DIE ONSIGBARE MAN is die verhaal van ‘n student in die fisika wat daarvan oortuig is dat hy die onmoontlike – algehele onsigbaarheid – sal kan bereik. Die nastreef van hierdie ideaal, op sigself prysenswaardig, ontwikkel egter tot ‘n obsessie waaraan hy sy vader en verskeie ander persone opoffer en ook self ten prooi val. Na jare se swoeg en swaarkry slaag hy daarin om hom onsigbaar vir die menslike oog te maak, net om te ontdek dat die voordele nie teen die nadele opweek nie. Teleurgestel en ontnugter, begaan hy die een waansinnige vergryp na die ander en sterf uiteindelik ‘n gewelddadige dood. Die spanning, mensbeelding en boeiende verteltrant van hierdie merkwaardige verhaal daargelate, tref dit die leser hoe Wells hier die individu teenoor die massa plaas: die domme, onbegrypende samelewing wat Griffin se prestasies nie na waarde skat nie. In die onvermydelike botsings wat daarop volg, word al die oerinstinkte van die mens op dramatiese wyse vrygestel, en weerspieël die boek terselfdertyd die diepe tragedie van die wetenskaplike genie wat as maatskaplike verstoteling tot ondergang gedoem is.

DIE ONSTERFLIKES – Jeanette Ferreira

Human & Rousseau Uitgewers, 1995.

Dit begin met ‘n ontvoering na Immorta – stad waar tyd nie bestaan nie.  Baie wat reeds gesterf het, leef in Immorta weer.  Al sou hulle die dood verkies.  Dit is hier waar dr. Emile du Randt gedwing word om die NORME van Immorta te onderskryf: geen huwelik, geen gesin, geen intimiteit, politiek, godsdiens of private besit nie – slegs toewyding aan die Wetenskap.  En in ruil daarvoor: onsterflikheid.  Maar onsterflikheid met ‘n prys.  So kosbaar soos die lewe self.  Emile moet kies: óf die koue Wetenskap óf ontsnapping na vryheid.  En wat sy keuse ook al is, sal hy geskei word van Lawa, die vrou na wie sy bloed roep: beeldskone en sensuele Lawa, wat gedoem is tot intimiteit omdat sy dit gewaag he tom die NORME te bevraagteken.

DIE PLANEET VAN DIE APE – Pierre Boulle

Vertaal uit Frans deur Sonja-Marie Eksteen en uitgegee in 1971 deur Tafelberg Uitgewers.

Met Die Brug oor die Rivier Kwai het Pierre Boulle as skrywer groot roem verwerf.  Nadat die filmweergawe vol sale dwarsoor die wêreld getrek het, is die boek in feitlik alle moderne tale vertaal en het dit rekordverkope beleef.  Tafelberg-Uitgewers was in 1962 verantwoordelik vir die Afrikaanse vertaling.   So groot was die aanvraag dat die boek onmiddelik ná verskyning herdruk moes word.   Ewe-eens was dit die geval met Die Planeet van die Ape.  ‘n Oombliklike filmsukses.  En vertalings volg in baie tale.  Nou kry die Afrikaanse leser die geleentheid om hierdie ongewone roman te lees.  Ongewoon omdat dit in die een-en-twintigste eeu en op ‘n ander planeet afspeel.  Waar die film kortpad moes loop deur al die nuanses, die fyner detail, die sorgvuldige werklikheidsbeelding, is die boek pakkender, omvangryker, sekerlik senutergender.  Weens die een of ander gril is die ape daar menslik: hulle bevolk die stede en plase, dra klere, kan praat, bestuur die land; terwyl die mense in die bosse woon, naak rondloop, ongelooflik primitief is.  Vir die drie ruimtereisigers vanaf die verre planeet Aarde is dié toestand ‘n skokkende ervaring.  Wat is die geheim van hierdie vreemde planeet?  Die Planeet van die Ape is so verbluffend realisties, so ontstellend moontlik, dat dit ‘n ironiese, byna sardoniese werklikheid word.  Dit is slegs die baie begaafde skrywer wat met so ‘n burleske en hoogs debatteerbare onderwerp kan slaag.

DIE ROOFDIER – Louise Viljoen

Thompson Boekdrukkery, 2015.

Die skatryk Hector Krige en sy trawante teister vir Bekka Malan, ʼn groenteboer. Hector soek haar plaas en sal enigiets doen om dit in die hande te kry. Daar word op haar geskiet en haar verpakkingstoor brand af. Nicholai Craigg daag uit die niet uit op en laat Bekka goed verstaan hy is daar om haar op te pas. Nicholai gee vir Bekka ’n onikssteen wat ʼn hologram-boodskap van haar ontslape ouers bevat. Hulle waarsku haar teen die Roofdier wat op haar spoor is en haar bloed soek. Watter geheime skuil daar in die berg op Bekka se grond? Hoekom soek Krige haar plaas? Wie en wat is hierdie Roofdier en hoekom wil hy Bekka om die lewe bring? En Nicholai Craigg? Dié aantreklike vreemdeling se oëkleur wissel van die rykste skakering van karamel na gepoetse okerbruin en goud. Die kleure vloei luiweg soos ʼn spiraal inmekaar en dreig om Bekka in te suig. Is hý dalk die Roofdier? Hierdie spanningsvolle verhaal bevat meer as een kinkel in die kabel. Dis ’n móét lees vir enigiemand wat hou van stories wat anders is as die gewone.

DIE SKARLAKEN ESKADER – W.A. de Klerk

Nasionale Boekhandel, 1959.

In die kom van die uitgebrande vulkaan Marako in Midde-Afrika skuil ‘n dodelike gevaar vir die hele wêreld.  ‘n Verbitterde wetenskaplike – die Leier – het ‘n verwoestende wapen ontwerp en is besig om ‘n groot lugmag op te bou waarmee hy die beskaafde lande gaan aanval.  Die loodse vir sy Skarlaken Eskader versamel hy uit alle dele van die aarde, en hou hulle op ‘n ontsettende wyse onder sy beheer.  Nege man van die Suid-Afrikaanse Lugmag beland in sy greep, maar hulle besluit om tot elke prys sy planne te verydel.  Hulle leer gou dat vriend en vyand nie altyd te onderskei is nie, en dat die Leier en sy trawante nie geringgeskat moet word nie.  Helgard de Wet is die voorvegter in die geharde Lugmagmanne se verset teen die gewetenlose Leier.  Sy stryd teen die Leier speel af in moderne straaljagters, ondergrondse kerkers, geheime laboratoriums en eeue-oue grafkelders.

DOOD IN DIE RUIMTE – Jeff Sutton

Olaf Bouwer Klub, 1966.

Die Weste se lot hang aan ‘n draadjie.  Binne sekondes sal ‘n Russiese waterstofbom – vermom soos ‘n satelliet – sy baan deur die stil, donkerpers ruimte begin volg aarde toe om alles voor hom weg te vee.  Chris Nel staar styf deur die venstertjie van sy ongewapende satelliet.  Die minute tik verby.  Hy sien hoe die ruimtedokter wat saam met hom gekom het, probeer om die bom skadeloos te stel, maar hy sukkel om ‘n sekere luik oop te kry.  Dan skielik die blou vlammetjie.  Hulle is te laat.  Die bom het opdrag uit Rusland gekry om aarde toe te val.  Die Russe het aanvanklik drie waterstofbomme gelanseer en die Weste as gyselaars gehou.  Twee van hierdie bomme is skadeloos, maar een is gelaai…  en Chris en sy kollegas het nie geweet watter een die dood in hom saamdra nie.  Een van sy makers het gesterf toe die tweede bom buite aksie gestel is.  En nou lyk dit vir Chris of die ander een ook gaan sterf, want die dokter begin saam met die bom val.  En alleen kan hy nie terug aarde toe nie…  alleen sal hy soos ‘n satelliet om die aarde wentel totdat sy suurstof opraak.  En Laura sal tevergeefs wag.  Of sal sy nog leef nadat die bom gebars het…?  Alles sal afhang of die dokter die helbom se tande kan trek…

EEN BILJOEN JAAR N.C. – Charles F. Stofberg

Thompson Boekdrukkery, 2012.

In Afrika gee Tabi skool waar sy van muurkaarte gebruik maak. Die wêreld is tans ‘n ander plek. ‘n Gemuteerde virus is besig om die ganse mensdom uit te wis. Dog die mens het daarin geslaag om ‘n ruimteskip na die naaste exso-planeet te stuur. ‘n Modderstorting begrawe die skool en verseël dit vir ewig.  Die mens het na 1 biljoen jaar weer op aarde verskyn – dis nog ‘n primitiewe samelewing. Die Slenkdal in Afrika het losgeskeur en ‘n aparte kontinent, Azila gevorm. Groot oerdiere wandel rond. Maar die mensdom is ‘n twee groepe verdeel:- mans en vrouens wat geheel en al apart leef. Daar is wel ‘Afwykendes’ wat in die verre noorde woon.  Roe is ‘n slaaf in die huishouding van ‘n magsugte man wat die keiser in ‘n staatsgreep omver wil gooi. Maar daarvoor het hy geld nodig en toe hy hoor van goud wat ontdek is, stuur hy vir Ab om te gaan ondersoek instel. Dié vind eienaardige klippe – die gelamineerde muurkaarte uit Tabi se klaskamer wat versteen het. Roe moet help om dit te ontsyfer. Na ‘n moord vlug hy en by ‘n waterpoel ontmoet hy ‘n vrou. Hulle ontsyfer die skrif en maak die grootste ontdekking ooit.

ENGEL VAN DIE NAG – Eben van Renen

Thompson Boekdrukkery, 2015.

Anton skuil in sy kokon, weg van die pyn van sy verlies. Sy pad kruis egter met iemand wat hom die keuse aanbied: Jou siel inruil vir die vrou en kind wat jy destyds in die motorongeluk verloor het.

Wat volg is sekerlik een van die gewelddadigste liefdesverhale in Afrikaans, een wat tussen wêrelde en werklikhede beweeg. Nie vir sensitiewe lesers nie.

FRITZ DEELMAN EN DIE SKEPE VAN MARS – Leon Rousseau

Tafelberg Uitgewers, 1957.

Duisende kilometer bokant die aarde skiet twee ruimteskepe die onbekende in.  In ‘n staalvertrek in een van die skepe sit drie manne strak en gespanne.  Hulle bestemming is angswekkend: Mars, die geheimsinnige rooi planeet.  En van hulle optrede hang die voortbestaan van all volke van die aarde af.  Want daar is intelligente lewe op Mars, lewende wesens wat reeds honderde jare die aardmanne dophou, en wat algehele uitwissing van die aardbol beplan.  Hierdie titaniese stryd tussen kosmiese liggame sou wêreldoorloë na burgeroorloë laat lyk…

FRITZ DEELMAN EN DIE GROEN DOOD – Leon Rousseau

Human & Rousseau Uitgewers, 1958.

Geheimsinnige gebeure in die uitgestrekte Amasonegebied van Suid-Amerika bring luitenant Fritz Deelman op die toneel. Wat is die raaisel van die verlore ras wat na hul antieke tempel teruggekeer het; die reusagtige spoor van ‘n prehistoriese monster; die onbekende pylgif wat ‘n hele ekspedisie uitgewis het?  Om antwoorde te vind, moet Fritz die berugte “groen hel” binnedring – waar giftige moerasse lê en broei, en gevare skuil. Maar wat Fritz uiteindelik in die oerwoud ondervind, laat al sy vorige ontberings na kinderspeletjies lyk.

INVERSIUM – François Verster

Thompson Boekdrukkery, 2015.

INVERSIUM – die eienaardige planeet wat nie regtig ʼn planeet is nie, waar vreemde wesens woon, vreemder as wat op aarde voorkom, dog… hulle kom wel bekend voor. Ook vir hulle wat daar woon, is dinge verwarrend. Wie is die Lig, en wie is die Heks? Wat wil Ariel die Slagter en sy kamerade in die Klowe van Gamadrok gaan maak? Wat is die sending waarop die RorKin-tweeling gestuur word? Al wat seker is, is dat daar ʼn agenda is – altans, beslis méér as een! In hierdie sage is niemand te vertrou nie, en is niks seker nie, want ʼn horde monsteragtige kreature lê op loer. En nie almal is boorlinge van INVERSIUM nie. Gelukkig is almal nie boos nie. Nie almal nie.

KRYGERS VAN DIE WOESTENY – Douglas Hill

Vertaal uit Engels deur Jan Schaafsma en uitgegee in 1990 deur Human & Rousseau Uitgewers.

In Die Jagter het ons kennis gemaak met Finn Ferall, die jong man met die merkwaardige wildernisvaardighede.  Toe sy pa en suster deur die Slawehalers, vreemde wesens van ‘n ander planeet, ontvoer word, begin hy ‘n soektoeg om weer met hulle verenig te word, en slaag hy daarin om sy pa van hul greep te bevry.  In hierdie boek word sy avonture voortgesit.  Hy en sy vriend, ‘n Bloedgebroed met die naam Beir, bevind hulle in die hande van die fanatiese Mense van die Kloof, en daarna in die onherbergsame Woesteny.  Hier kry hulle boonop te doen met ‘n uiters gevaarlike teenstander in diens van die Slawehalers, met die naam Die Klou.  Gelukkig hoef hulle nie alle gevare alleen te trotseer nie, want daar is ander mense wat in die Woesteny hul tuiste gemaak het – trotse krygers wat nie skroom om die Slawehalers aan te val as hulle dit waag om die Woesteny te probeer oorsteek nie.   Krygers van die Woesteny is ‘n wetenskapfiksieverhaal vol spanning en aksie.  Lesers wat bekend is met die eerste boek in die reeks sal dié een ook verslind, en vir dié wat nog nie met Finn Ferral kennis gemaak het nie, wag daar ‘n aangename verrassing.

KRYGSHEER VAN DIE MELKWEG – Douglas Hill

Vertaal uit Engels deur Jan Schaafsma en uitgegee in 1984 deur Human & Rousseau Uitgewers.

‘n Boodskap op band is Keill Randor se laaste skakel met sy planeet, Moros, wat in ‘n geheimsinnige aanval vernietig is.  Keill self is stadig besig om te sterf aan die gevolge van bestraling, maar hy moet eers ‘n sending afhandel – hy moet wraak neem op die onbekende vyand wat sy mense vernietig het.  Hy staan egter nie alleen nie. ‘n Afgesonderde groep bekend as die Opsigters is oortuig dat die vernietiging van Moros deel is van ‘n groot plan van ‘n bose genie, wat hulle die Krygsheer noem, om die hele Melkweg te vernietig. Beide Keill en die Opsigters is gretig om sy identiteit vas te stel. In ‘n onvergeetlike doodstryd met een van ‘n onheilspellende groep genaamd die Slagvleuel, vind Keill en sy vreemde metgesel, Glr, die eerste aanduidings waar die gevreesde Krygsheer hom mag bevind.  Die verhaal verloop teen ‘n geweldige spoed vol avontuur en aksie en Keill Randor, die laaste Legioensoldaat, is ‘n onvergeetlike karakter.

LENNET EN DIE SATELLIET – Luitenant X

Vertaal uit Frans en uitgegee in 1979 deur Tafelberg Uitgewers.

‘n Russiese satellite moet ‘n noodlanding in die Sahara doen en IBID, ‘n bende nywerheidspioene, is eerste op die toneel.  Jean-Jacques Lissou, alias Lennet, geheime agent van SEOD, die geheimsinnigste inligtingsdiens ter wêreld, het saamgekom as nuwe lid van IBID. Ook op die toneel is ‘n mooi en briljante jong wiskundige, Véronique Chevrot, wat ontvoer is om met die berekeninge te help. Sy verag Lennet omdat hy met die ontvoering gehelp het. Hy weer voel baie aangetrokke tot die meisie met die skugter glimlag, maar durf haar nie vertel wie hy werklik is nie. Die leier van die bende, mevrou Schasch, met haar beplooide peoiergesig en blitsende brilglase, ken geen genade nie. Sys al Lennet sonder om ‘n oog te knip, laat teregstel indien sy lont ruik – miskien deur die gemoedelike oompie Olivier met die kil groen oë.  In die witwarm woestyn volg die een opwindende gebeurtenis na die ander mekaar vinnig op, en bereik die spanning ‘n klimaks met die kragmeting tussen Lennet en Huc: Lennet, agtien jaar oud, skraal en blond, teen meneer Huc, 110 kilogram, oud-rofstoeier en laksman van IBID. Indien hy die bende aan die kaak wil stel, moet Lennet hierdie berg mensvleis oorwin, maar sy dodelikste houe maak geen indruk op die kolos nie…  Lennet en die satelliet is propvol aksie en sal vir die onverskrokke jong held van hierdie baie gewilde reeks nóg meer aanhangers verwerf.

LENNET TEEN SES – Luitenant X

Vertaal uit Frans en uitgegee in 1991 deur Tafelberg Uitgewers.

Frankryk se hoogs verfynde laser word by ‘n internasionale tentoonstelling langs die meer van Genève uitgestal. Verskeie van die ander lande se uitstallings is reeds gesaboteer en meneer Chevrette, die organiseerder van die tentoonstelling, stig ten einde raad ‘n veiligheidskomitee bestaande uit sewe afgevaardigdes uit sewe verskillende lande.  Lennet, bobaas-spioen van die geheimsinnigste inligtingsdiens ter wêreld, die SEOD, is die Franse afgevaardigde. As “sersant Auguste Pichenet” moet hy sy land in die komitee verteenwoordig, sorg vir die veiligheid van die laser wat in die Franse paviljoen uitgestal word, én hy moet die saboteurs vastrek!  Maar in hierdie ruimte-eeuse fantasiewêreld wild it ál lyk asof niks en niemand is wat hulle voorgee om te wees nie. Ook nie Lennet nie…  Lennet teen ses, ‘n verhaal propvol spanning, aksie en humor, boei van die eerste tot op die laaste bladsy.

LEO – Anna van der Walt

Thompson Boekdrukkery, 2016.

LEO is ’n buiteaardse wese, afkomstig van ’n planeet wat nie, soos die aarde, in sonde geval het nie, ’n volmaakte wêreld van ligtende, onsterflike wesens wat die aarde se unieke geskiedenis vanaf ’n afstand dophou omdat hulle graag wil weet hoe dit verloop. Hulle mag egter onder geen omstandighede kontak maak of inmeng nie. Hulle is nie die lotsbeskikkers van die aarde nie.

Leo (nie sy regte naam nie, want hy verbeur die reg op sy naam) oortree dié reël met die allerbeste bedoelings en val in die sonde van self te wil onderskei tussen goed en kwaad. Gevolglik verloor hy beheer oor sy ruimteskip en dit bots teen ’n koppie. Met die ruimteskip stukkend, hyself beseer, en die wete dat hy nooit kan teruggaan nie, doen hy wat hy moet en asem die aarde se lug in. Die resultaat is dat sy onsterflikheid op ’n uiters pynlike wyse weggebrand word, sodat hy soos die sterflike aardmense kan word.

Leo word egter nie verwerp nie, want dit word beskik dat hy opgelaai word deur dokter Elana Fouché, wat deur ’n vriend beskryf word as ’n “dom-soos-grond meisiekind wat nog nooit kon onderskei tussen dapperheid en onnoselheid nie”.

Die verhaal gaan verder oor Leo se aardse ondervindinge, sy vreemde psigiese vermoëns, die ‘gang’ wat planne beraam om hom teen wetenskaplike proefnemings te beskerm, en Elana se weifeling tussen liefde, trots en onsekerheid of sý liefde die toets sal deurstaan as hy meer aardse meisies leer ken. Hierdie weifeling duur voort tot die insident van die terroristebom.

LEON HUGO: RUIMTELOODS – Johan Kock

Daan Retief Uitgewers, 1981.

Presies dertig sekondes voordat die elektroniese stimuleerder moet afgaan, word Leon Hugo wakker. Dit is die bekende gefluit van die televisietelefoon langs sy bed wat sy diep slaap onderbreek het. Leon draai na die televisietelefoon toe en druk die ‘Onvangs’-knoppie. Na ’n paar flikkerings begin ’n beeld verskyn. Voordat die persoon se gesig herkenbaar is, kyk Leon na sy elektroniese stimuleerder en ontkoppel hy die electrode wat aan sy voorkop vas was, voordat die stimuleerder hom wakker skok. Hy is mos nou klaar wakker dankie.

Die stimuleerder se rooi syfers is duidelik leesbaar, want dit is nog half-donker buite. Die syfers wys 05h45. Die datum aan die regterkant vang Loen se oog. Maandag 1999-12-27.

(Uittreksel uit Leon Hugo: Ruimteloods – Hoofstuk 1)

LEON HUGO: RUIMTEVEGTER – Johan Kock

Daan Retief Uitgewers, 1982.

Ruimte-Sersant Gouws merk ’n Vreemde Vlieënde Voorwerp op toe hy heel terloops na sy ruimteradar kyk.  Die alarm het nie afgegaan nie!  Net vir ’n oomblik dink hy sy oë bedrieg hom.  Dan sien hy hulle duidelik.  Drie geel spikkels.  Sommer hier teen die aarde, so naby hy kan dit skaars glo.  Onmiddellik maak hy alarm.  Die elektroniese fluite weergalm deur meer as ’n duisend vertrekke.  Daarna klink sy stem hol oor die kragtige luidsprekers van die Suid-Afrikaanse Ruimteprogram-hoofkwartier se Opsporings-en Vernietigingsbeheerkamer…

LIEFDE IN DIE RUIMTE – Ilse Steyn

J.P. Van Der Walt en Seun Uitgewers, 1998.

Trumi van der Walt word ná twee eeue in vriesslaap in die drie en twintigste eeu wakker.  Haar geliefde Aarde word egter nou deur die tirannieke Hoofraad beheer en sy besluit om by die Bevrydingsfront aan te sluit.  Generaal Bart, die leier van die Frant, beskou haar egter as heeltemal te impulsief en ongedissiplineerd om ‘n rekruut te word.  Boonop is vroumense, veral dié wat nie onderdanig is nie, die laaste ding in die sterrestelsel waarvoor hy ooghare het.  Trumi is egter nie van hierdie eeu nie, en sy laat haar nog minder afskrik deur ‘n bombastiese rooikopmansmens.  Deur afpersing kry sy presies wat sy wil hê – en dan begin die vonke spat in die ruimte!

LOELOERAAI – C.J. Langenhoven

Thompson Boekdrukkery, 2012.

Dis die jaar 1923, Vroutjie en Kerneels sit onder ‘n ou peperboom en bekyk die sterrehemel en wonder of daar nie dalk lewe op ander planete is nie.  Dan skielik uit die niet daal daar ‘n ruimteskip, in die vorm van ‘n goue eier, op hulle huis in Oudshoorn af en land sag voor hulle op die grond neer.  Vol bewondering en agterdog stel Kerneels, met sy getroue mouser, en Oom Stoffel met sy samesweringsteorië, ondersoek in en na ‘n deeglike ondersoek is hulle verras om te verneem dat daar wel ‘n lewende wese in die vaartuig is.  Loeloeraai maak sy verskyning, en begroet die vriendelike Aardbewoners in ‘n vreemde, onbekende taal. Met die hulp van Engela leer Loeloeraai vinnig Afrikaans praat en gou leer hy van die Afrikaner se besonderse aard en geskiedenis.  Met al die opwinding van die nuwe besoeker van Venus stel die regering van die dag hom ten doel om van die besonderse vernietigende tegnologie wat Loeloeraai saamgebring het, te bekom – sonder sukses.  Om nie sake vir Kerneels, Oom Stoffel, Lenie en Engela te bemoeilik nie, besluit Loeloeraai om maar die Aarde te verlaat, maar nie voordat hy sy nuwe Aardsevriende, met die toejuiging van alle wêreldvolke, vir ‘n uitstappie maan toe te neem nie.  Loeloeraai is Afrikaans se eerste wetenskapfiksieboek, en noudat ons met die maanlanding van 1969 weet dat daar nie water, plante of dierelewe op die maan is nie, bly Loeloeraai nog steeds vandag ‘n plesier om te lees.

MARSNIK III – Marinus Keet

Thompson Boekdrukkery, 2013.

Met hande wat bewe van opgewondenheid voer Pierre Sederberg die data aan die elektroniese berekenaar. Angstig wag hy een, twee, drie sekondes. Die groen liggie flits aan. Pierre druk die hefboom en die antwoord kom by die slot uit. Haastig vergelyk hy dit met die vorige lesing. Daar bestaan geen twyfel meer nie – die Voorwerp is op pad na Mars! Met ʼn paar lang tree is Pierre deur die laboratorium. In sy kantoor pak hy die telefoon en skakel die voorsitter van die Nasionale Ruimtekomitee. „Pierre Sederberg hier,” sê hy aan die sekretaresse wat die telefoon beantwoord. „Mag ek asseblief met doktor van Wyk praat. Dit is dringend.”

MELKWEGRYKE – Nicolaas van der Wath

LULU Uitgewers, 2005.

Dit is die jaar 3009.  Daar is reeds begin om van die Melkweg se planete met lewe te koloniseer.  Hoofsaaklik deur drie groot nasies: die Britte, die Duitsers en die Russe.  Al drie die nasies staan weer onder monargiese regerings.  Meestal konstitusionele monargieë.  Oor die Britte heers koning George die sestiende, oor die Duitsers is dit keiser Wilhelm twaalf en oor die Russe is dit tsaar Nicolaas nege.  Natuurlik is nog baie ander nasies wat hulle plekkie in die Melkweg het, sommige onder demokrasie, ander onder diktators, keisers, konings en die Pous se teokrasie.  Elke nasie het sy sektor van die Melkweg waarin hy onbewoonde planete koloniseer.  Gelukkig was daar tot vandag toe geen ander intelektuele wesens in die sterrestelsel gevind nie.  Ander sterrestelsels is al verken, maar selfs deur ‘n wurmtonnel neem dit weke om daar te kom.

NAG VAN DIE TYD – René Barjavel

Vertaal uit Frans deur Rina Scheiflinger en uitgegee in 1971 deur Tafelberg Uitgewers.

Die nuus ontplof soos ‘n bom in die wêreld.  Skreeuende koerant-opskrifte: Die Geheim van die Pool, ‘n Stad. Onder Die Ys, UNESCO Gaan Die Suidpool Ondersoek.  Die aanloop tot hierdie dramatiese nuus is ‘n Suidpool-ekspedisie – ‘n ekspedisie wat sekere wetenskaplike navorsing wou gaan doen.  Daar vang hulle ‘n geheimsinnige sein op, ‘n sein wat ‘n duisend meter onder die ys vandaan kom, wat vermoedelik 900 000 jaar oud is.  Oombliklike opgewondenheid.  Spesiale apparate en voorrade word aangevra.  ‘n Skag word gesink.  ‘n Dorp ontstaan.  Dit word ‘n internasionale poging om ‘n lewensbelangrike geheim te ontrafel.  Wat gaan die wêreld se beste tegnici en wetenskaplikes ontdek as hulle deur die yslaag gedring het?  Hulle lê ‘n fantastiese wêreld bloot, oorblyfsels van ‘n hoogs ontwikkelde verlore beskawing en twee mense wat in ‘n spesiale omhulsel teen ‘n baie lae temperatuur lewe…  Dit word ‘n moderne avontuur, tegelyk opwindend en tragies, van twee minnaars aan die einde van ‘n ou, nuwe wêreld.  Nag van die Tyd verbeeld dramaties ‘n krisispunt in die wêreldgeskiedenis.  Die geheim van die ys veroorsaak verskerpte spioenasie-bedrywighede deur die groot moondhede.  Die Amerikaanse en Russiese vlote snel na die Pool toe.  Die uiteinde van die wêreld hang af van die lot van Elea en Païkan wat tot aan die einde in die weegskaal is.

NARCISSUS – Wille Martin

Klub Saffier, 1982.

Kaptein Kristin is in die knyp en die- slag besluit Alex Brutus en die ander manne van die rekenaarskip, Narcius, om die strydbyl te begrawe en haar te red, waar sy ook al mag wees.  Om te wete te kom waar sy haar bevind, is moeiliker as wat hulle kan raai want sy het in die hande van die gewetenlose Natan geval, ‘n sinistere wese wat skynbaar alles wéet wat in die Heelal aangaan.  In hul pogings om Kristin re vind, beleef Staal, Kosmo, Flynn en Alex, sowel as die kryger-vroue van die Aarde, allerhande opwindende, fanatiese avonture.  In die plek van Kristin, is die androied, Narcissus, Kristin se dubbeiganger, ‘n toevoeging tot hul geledere.  Hulle beweeg in ruimte sowel as tyd en bevind hulle in en stadium terug op hul eie planeet, in hul eie tyd, waar hulle tot hul skok ontdek dat daar net éen lot op arme Narcissus wag — en dit is die skrootwerf!  Hulle moet weer eens vlug…  En Kristin?  Ondergaan sy ondraaglike foltering, soos Alex-hulle vermoed? Inteendeel.  Natan, aantreklik, wêreldwys en magtig, is vasberade om haar met elke slinkse set waaroor hy beskik, sy eie te maak, en soms lyk dit asof Kristin van Alex wil-wil vergeet en aan Natan toegee…

ONDULAN – Gerrit van Dijk

Xlibris Uitgewers, 2011.

Sowat 150 jaar ná die Wederkoms van Christus ontvang kadet Taéll Adanaii Shanidar ‘n boodskap tydens ‘n diepruimte-verkenningsekspedisie, dat sy ma en broer ernstig beseer is onder omstandighede wat streng geheim gehou word.  By sy terugkeer na die Aarde, vind hy uit dat die enigste persoon wat lig kan werp op die gebeurtenis, is die Sentrin, Aregan Shanidar, An-Jorí van die Shanidar-familie.  ‘n Oorlewende uit die Christen-vervolging van die Antichris, vroeg in die 21-ste eeu, is Aregan ‘n sleutelfiguur in die planetêre ruimteverkenningsliggaam, ASTRA, se interdimensionele navorsingsprogram.  Die fokusveld van hulle navorsing, is die herwinning van plant- en dierspesies wat uitgesterf het tydens die Slag van Armageddon.  Want sedert die wêreldwye vernietiging van die Derde Wêreldoorlog, werk wetenskaplikes van die Duisendjarige Vredesryk onverpoos om die Aarde weer na haar volle eertydse glorie te herstel.  Die enigste oplossing vir die herwinning van hierdie uitgestorwe spesies, is uiteindelik om terug te beweeg in tyd, om die DNS van hierdie verlore spesies te onderskep vir ‘n intensiewe teëlprogram.  Maar die epiese tog word vertraag deur Helicron, ‘n mede-oorlewende uit die 21-ste eeu wat ernstig waarsku teen hierdie ambisieuse, geskiedkundige onderneming- Lucifer, die Stelselheer wat die Aarde sedert die val van die mens regeer het, is vir die duur van hierdie Duisendjarige regering van Christus, veilig verwyderd van die mensdom, vasgevang in ‘n Gravitasiekolk in ‘n vreemde dimensie.  Open jy ‘n deur na die verlede waar Lucifer steeds heers, stel wetenskaplikes die Duisendjarige Vrederyk in gevaar van ‘n demoniese oorname.  -’n Demoniese oorname, soos voorspel in Openbaring!

PLANEET 3 – Wille Martin

Klub Saffier, 1981.

Kaptein Staal, luitenant Kosmo, Alex Brutus en die rekenaar Narcissus se ruimtetuig spring uit sy hiperdemensie en hulle word gedwing om te land op die derde planeet van ‘n vreemde sonnestelsel.  ‘n Planeet wat omtrent net uit water bestaan met lewende wesens!  Die Aarde.  Kaptein Kristin van die Walküre kry opdrag om na die noorde te gaan om ‘n opstand onder die mans, wat in kampe gehou word, te gaan onderdruk.  Vandat die vroue, baie eeue gelede, die aarde oorgeneem het, word mans nie toegelaat om te regeer nie.  Hulle word net vir teeldoeleindes gebruik en die gedugte leër wat die Aarde moet beskerm teen aanslae uit die ruimte, bestaan uit vroue.  Amasone-tipevroue, wat mans as baie lae wesens beskou.  Toe die vroue-soldate in die Noorde kom, vind hulle tot verbasing dat die mans aangevoer word deur vreemde mans van ‘n ander planeet.  Die vreemdelinge word oorrompel deur die Walküre en gevange geneem.  Gou besef Kaptein Kristin en haar medesoldate dat hierdie mans nie soos hulle mans is nie.  Hulle is groot en sterk en gewoond daaraan dat vroue hulle onderdanig is.  Kaptein Staal en sy manne besef dat hulle in die vroue van die Aarde se mag is.  Hoe gaan hulle ooit van die planeet wegkom?  Maar dan vind hulle ‘n uitweg.  Waarom nie hierdie vrouens gebruik nie?  Waarom nie hulle gevorderde tegnieke gebruik om hulle skip te herstel nie.  ‘n Vrou bly maar ‘n vrou, al is sy ook ‘n Amasone… hulle raak netso maklik verlief as ‘n gewone vrou.  Maar waarmee hulle nie rekening gehou het nie, is dat hierdie vroue self besluit het om die manne van Atlantis hier te hou vir hulle eie doeleindes.

PLANEET VAN DIE KRYGSHEER – Douglas Hill

Vertaal uit Engels deur Jan Schaafsma en uitgegee in 1989 deur Human & Rousseau Uitgewers.

Afrifiksie het tans nie hierdie boek in ons versameling nie. Vir hierdie rede kan ons nie ‘n opsomming of ‘n uitreksel met julle deel nie. Indien enige van julle wel die boek het, en dit aan ons wil skenk of verkoop kan jy ons gerus kontak.

PRINSES IN DIE RUIMTE – Ilse Steyn

LAPA Uitgewers, 1996.

Die prins van Woltan sal ‘n wese van Aarde as sy vrou neem, lui die eeue oue voorspelling.  Al wat die dronkgeslane Erik nie verstaan nie, is dat dit ook sê dat sy “van die voorvaders” kom en sekere van sy eienskappe sal hê.  Anais van Aarde besorg hom egter die skok van sy Wotannese lewe: buiten dat sy nie ‘n goue vel soos hy het nie, kommunikeer sy deur middel van telepatie met hom, laat sy sekuriteitsdeure op die pendeltuig sonder moeite oopgaan en spreek haar gedrag alles behale van iemand wat die Eerste Vrou gaan word.  Vir Anais maak egter niks anders saak as dat sy die tien weeskinders, met wie sy ‘n onuitwisbare band het, van die heersers van Aarde se onderdrukking wil bevry nie.  Maar dan word haar en die Woltannese prins se ruimtelike bestaan baie meer verweef as wat enigiemand in die Eerste Sterrestelsel ooit sou kon voorspel…

REISIGERS DEUR DIE RUIM – Prof. Arthur E. Bleksley

President Uitgewers, 1961.

Twaalf lange maande in die onmeetlike ruimte met die een asemrowende en verbysterend spannende ervaring na die ander – dit is die onderwerp van hierdie fantastiese avontuurverhaal uit die pen van een van Suid-Afrika – en daarby die wêreld se bekendste en veelsydigste wetenskaplike en ‘n sterrekundige vir wie die sterrekunde ‘n lewende en daaglikse werklikheid geword het.  Die skrywer, professor in die toegepaste wetenskap aan die Universiteit Witwatersrand en direkteur van die Johannesburgse Planetarium, is egter nie net wetenskaplike en vooraanstaande sterrekundige, asook ‘n leidende figuur met atoomnavorsing nie; met hierdie sonderlinge werk toon hy dat hy ook oor onmiskenbare skrywerstalent beskik.  U sal Reisigers deur die ruim met genot lees.  As uitgewers is ons trots op die baanbrekerswerk wat ons met hierdie verhaal in Afrikaans kan lewer, veral in hierdie gebeurtenisvolle jaar op die gebied van ruimtereise.  Ons is oortuig dat hierdie werk nog in verskeie ander tale die lig sal sien.  Dis die verhaal van prof. dr. Anton van der Linde, ‘n toonaangewende ruimtedeskundige, wie se lewensdroom verwesenlik word as sy ruimteskip die Suiderkruis voltooi en alles vir die lansering gereed gemaak word.  Omdat sy grootste projek deur ‘n vyandiggesinde element bedreig word, besluit hy om dadelik sy beplande reis na die maan te onderneem en dis die tweeling Hannes en Anna wat hom vergesel.  Reeds wanneer hulle op weg is na die maan ontdek hulle ‘n vierde persoon in die ruimteskip – ou April Dhlamini.  By hulle aankoms op die maan speel die een spannende toneel na die ander af, veral as Hannes in die donker dieptes van ‘n maankrater verdwyn.  Van die maan is die ruimteskip na Venus met nog meer avonture en gevare, dan in die rigting van die gloeiende son, verby Merkurius totdat hulle eindelik ‘n jaar later op Mars neerstryk, waar hulle met “menslike” – wesens kontak maak.  Eers wanneer ons hierdie merkwaardige boek gelees het begryp ons ruimtereise soveel beter, veral wat al vanjaar op hierdie gebied in ander dele van die wêreld gepresteer is.  Dit is die een boek wat u nie sal kan neersit as u dit eenmaal opgeneem he tom te lees nie.

ROWERS VAN DIE RUIMTE-EEU – André van der Merwe

Nasionale Boekhandel, 1964.

Na jare van vrede is daar weer ‘n rower in die buiteruimte.  Ewe skielik verdwyn daar ‘n groot ruimteskip met baie voorrade.  Wat veral snaaks is, is dat dié skip net onverstaanbare brokkies na die Aarde uitgesaai het.  Daarna het dit spoorloos weggeraak.  Paul Roux word met ‘n jagskip die ruimte ingestuur om ondersoek in te stel.  Dae lank trek hy en sy helpers kruis en dwars deur die ruimte.  Maar hulle soek verniet.  Hulle begin al daaraan dink om die soektog te staak.  En net toe vang hulle ‘n eienaardige radioboodskap op wat hulle na ‘n planeetjie lei.  Is dit nie dalk ‘n valse boodskap nie?  Paul besluit om die planeetjie te gaan verken.  In hulle ruimtepakke swerf hy en sy helpers daar rond.  Dit is woes en onherbergsaam.  Daar is geen teken van lewe nie.  Terwyl Paul nog so loop en soek, voel hy onverwags dat daar gevaar dreig.  Hy draai hom om en sie vier mans wat pistole op hom gerig hou.  En nou wee thy, hy is binne-in sy avontuur – die gevaarlikste wat hy nóg meegemaak het…

STELLAMARIE – ANNA VAN DER WALT

Groep 7, 2016.

Leo, die eertydse buiteaardse wese en ruimteverkenner, wat die reël om nooit met die aarde kontak te maak nie oortree het, is nou getroud met dokter Elana Fouché wat hom in sy eerste nag op aarde opgelaai en versorg het. Hulle is baie lief vir mekaar, al is daar ’n deel van hom wat vreemd, ver en onbereikbaar is. ’n Dogtertjie word gebore, haar naam, Stellamarie, ’n verwoording van sy eindelose verlange na sy verlore, volmaakte wêreld. Sy is geen gewone aardse kind nie, want sy het baie van sy eienskappe geërf en verbyster selfs haar ma met wat sy op ’n bitter jong ouderdom al kan doen.

Leo verwerf lisensies as ’n aardse vlieënier en kry ’n vlieëniermaat in die persoon van Cebo, seun van Miriam hulle huishoudster. Dan word hy egter gekonfronteer met een van die ergste vorme van boosheid wat op die aarde rondloop: ’n psigopatiese pedofiel wat ses kindertjies verkrag en vermoor het en wat Stellamarie ook wil doodmaak. Die ondervinding vernietig hom byna en hy moet uit ’n sielestryd getrek word deur die besadigde, flegmatiese predikant, Pieter van Blerk, wat getroud is met Hermien, Elana se boesemvriendin.

Stellamarie, gaan na ’n preprimêre skool en, afgesien van een of twee probleme, verloop alles goed.

Dan verskyn die swart roofvoël met sy vlymskerp kloue egter teen die blou lug – ’n voorbode van wat op Leo wag. Sal hy kan doen wat hy moet?

SLAGVLEUEL OOR VEYNAA – Douglas Hill

Vertaal uit Engels deur Jan Schaafsma en uitgegee in 1986 deur Human & Rousseau Uitgewers.

“Deur die golwe afgryse en skok veg Keill om beheer, en vind dit terwyl daar diep binne hom ‘n staalkoue woede begin vorm en opbou. Op die skerm is die finale bewys, wat hy nie werklik nodig gehad het nie, dat Quern deel is van die Slagvleuel en ‘n agent van die Krygsheer is, en dat hy dreig om presies dieselfde aan Veynaa te doen as aan Moros.” Keill Randor, die laaste Legioensoldaat van die planeet Moros, raak doelbewus betrokke by ‘n oorlog tussen die planeet Veynaa en die bewoners van ‘n belangrike asteroïed wat hulle die Mense van die Tros noem, omdat hy tekens van die bose Krygsheer se betrokkenheid by die gebeure sien. En nadat die Krygsheer Moros en al sy inwoners, behalwe Keill, verwoes het, het Keill gesweer dat hy wraak sou neem en die Krygsheer tot elke prys in sy plan om die Melkweg te oorheers, sou stuit. Daarom is dit noodsaaklik dat hy Quern uitoorlê en verhoed dat dieselfde dodelike wapen wat sy eie planeet uitgewis het, ‘n tweede keer gebruik word – teen Veynaa… In hierdie boek, wat volg op Krygsheer van die Melkweg, word die opwindende en aksiebelaaide verhaal van Keill Randor, die laaste Legioensoldaat, verder gevoer.

SLAWE VAN DIE MARSMANNE – André van der Merwe

Nasionale Boekhandel, 1964.

Op Mars is daar iets snaaks aan die gang.  Kort-kort verdwyn daar jong manne wat met ruimteskepe van die Aarde af gekom het.  Is hulle gedood, het hulle gevlug of het hulle gedros?  Dit is kaptein Paul le Roux se opdrag om dié Mars-geheim te ontrafel.  Ná ‘n reis van amper 62 miljoen myl deur die ruimte in twaalf dae, kom hy op Mars aan.  Hy ruik dadelik onraad, sluip soos ‘n dief deur die strate, doen navraag by die Mars-polisie – en dan word hy self ontvoer.  Saam met baie manne van die Aarde is hy die ponder die grond gevange.  Hulle omstandighede is haglik: twaalf uur hard werk, twaalf uur rus; wagte met straalpistole en skokswepe om opstandigheid en laksheid te onderdruk.  Al wat die slawe-arbeider doen, is werk, eet, slap en… wag op die dood.  Daar is geen uitkomkans, geen hoop nie.  Maar Paul laat nie alle hoop vaar nie.  Hy wil ‘n plan maak.  “Jy is die soort man op wie ons almal gewag het,” sê een van sy mede-slawe.  En die manne wat hul hoop op Paul le Roux vestig, word nie teleurgestel nie – net soos die leser van hierdie toekomsverhaal nie teleurgestel sal wees as hy spanning soek nie.

SWART STER OOR DIE KAROO – Jan Rabie

Human & Rousseau Uitgewers, 1957.

Dit duur ‘n tydjie voor die skokkende besef tot almal deurdring: die gelyktydige ontploffing van twee kragtige atoombomme het die aarde se draaiing stopgesit.  Die gevolg is ‘n wêreldramp van ongekende omvang waarin miljoene mense omkom.  By die navorsingstasie Saakni in die Karoo veg ‘n paar honderd mense – wetenskaplikes, soldate en vlugtelinge – teen die ewige nag en die onhoudbare koue wat dreig om alle lewe daar uit te wis.  Tog hou hulle onbewustelik die sleutel tot die toekoms.  Met die hulp van Eva Stellaris ontdek luitenante Wouter Rens en Jos Viljee en ingenieur Jordaan hierdie sleutel tydens ‘n sending na die geheimsinnige swart ster Nos.  Hulle kom mettertyd tot die ontdekking dat die ramp wat die aarde getref het eintlik ‘n bedekte seen is, dat dit nie net sonder rede gebeur het nie, maar deel is van ‘n veel groter plan, dat dit nie finaal is nie, maar in ‘n groot mate herstel kan word, en dat alles net van hulle afhang…  Hierdie boek is ‘n spannende toekomsfantasie wat ‘n duidelike boodskap inhou: omdat die mens by magte is om die aarde te vervoes, is sy toekoms in sy eie hande.  Hoe hy hierdie mag gaan gebruik – of hy die aarde gaan verwoes of daarvan ‘n beter plek gaan maak – hang net van homself af.

T!NAX’U – Gerrit van Dijk

Thompson Boekdrukkery, 2012.

Dit is veertien jaar ná kadet Taéll Adánaii Shanidar se lewens-veranderde ONDULAN-avontuur.

Nou dra hy die rang van Kaptein, en in bevel van ASTRA se elite taakmag Interdimensionele Verkenners. Maar tydens ‘n verkenningstog deur een van sy lede, word ‘n Skeur ontdek, ‘n skeur in die weefsel van ruimte en tyd, wat een van hierdie nuut-ontdekte wêrelde verbind met die Suid-Afrika van die Tweede Vryheidsoorlog.

Wat ASTRA se belangstelling egter wek, is dat die inwoners van hierdie wêreld, nasate van eertydse Boere-rebelle, ‘n eeu-oue profesie koester, dat die Britse soldate weer gaan aanval.

En vir byna ‘n eeu reeds, wag hierdie kolonie vlugtelinge, steentyd-primitief, maar slaggereed op ‘n massa-aanval van hul gedugte aartsvyand.

Met hierdie profesie, en die verbindende Skeur, vind ASTRA dit nodig om ‘n ondersoekspan in te stuur vir die intuimeling van die Einstein-Rosen brug, wat beide die twee realiteite verbind, in ‘n poging om hierdie geprofeteerde skermutseling, en die bedreiging van Xenoplasma in die Millenniese sfeer, te ontlont.

Dit noodsaak ‘n onvoorsiene terugkeer na ‘n wêreld met ‘n atmosfeer verstikkend ryk aan lewensgevaarlike, hoë-frekwensie Xenoplasma-wesens. Maar die Britse magte blyk om die minste van hulle probleme te wees, toe ‘n ongenooide passasier ook nader, om alle kanse op ontsnapping vir ‘n veilige terugkeer, te kelder. Asof dit nie genoeg is nie, strek die pad huis toe oor ‘n gravitasieput wat dreig om enige oomblik ineen te stort…

 

TORINGHOOG EN MYLE BREED – Tonke Dragt

Vertaal uit Nederlands deur Retha Scholtz en uitgegee in 1978 deur Tafelberg Uitgewers.

Edu Jansen, planeetondersoeker, kom vir die tweede maal op Venus, ook genaamd Afroi.  Afroi, die wilde, die nog onbekende, waar vlammende woude dreigend en misterieus gloei, toringhoog en myle breed.  Afroi, waar die Aardmense in ‘n mensgemaakte koepel skuil, omring van elke moontlike tegniese apparaat, bedien deur robots, onderhewig aan strenge voorskrifte selfs wanneer die dapperstes onder die dapperes die klein kring om die Koepel verken.  Daar word geen sprietjie van die vreemde plante in die Koepel en sy omgewing toegelaat nie, want op Afroi kan die mense van die Aarde niks vertrou nie.  Selfs die lug straal ‘n onheilsinvloed uit.  En as die heimwee die Aardmense oorval, gaan hulle na die Heimweekamer en kyk na skilderye van Aardse stede.  Almal dieselfde, hierdie enorme stede, maar tog tuis vir niemand, ‘n plek waar hy begin het.  Op Aarde is daar lank nie meer velde en gras en bome nie, maar in ou, ou boeke word daar nog vertel van woude en blomme en grond waar ‘n man rus kan vind en vrede vir sy siel.  Edu het van die ou boeke gelees.  Vir Edu, die dromer, die ewige reisiger wat brand om te verken en te verstaan, is die Woude van Afroi nie net skrikwekkend, gevaarlik en verbode nie.  Die Woude trek hom onweerstaanbaar aan.  Hy word gelok, geroep, gedwing om die gloeiende Woude in te gaan.  En hy gaan, alleen.  Wat sou hy buite vind?  Monsterplante, hemelsblou diere, visse met slurpe … en groen mannetjies?  En sy soeke verdiep na binne, en in homself vind hy vreeswekkende vermoëns, ongekende dieptes … en die liefde.  Maar sou hy gek word, soos ‘n paar van sy voorgangers, of sou hy bestand wees teen die Onbekende Faktor?

VOORDAT DIE SON VERDUISTER – Nellis Fourie

Dagbreek-Boekkring, 1960.

Dié verhaal begin waar Albert Brink hom gereed moet maak vir ‘n geheime sending na afgeleë spikkels in die hemelruim in ‘n poging om die mensdom van totale ondergang te red.  Die son is naamlik vinnig besig om te verdof en sy strale raak steeds flouer sodat die mens voor die keuse gestel is om òf weg te trek na ‘n ander planeet òf om die son weer aan gang te sit met die hulp van kettingreaksies.  En Susette Duvenhage is nie besonders geneë dat haar geliefde Albert so ‘n vaart aandurf om lange maande weg te wees nie.  Maar die ruimtevlieënier ken sy plig en vertrek met sy taakmag na ‘n planeet wat opvallend ooreenstem met die toestande wat op aarde aangetref word – behalwe dat die plek bewoon word deur monsteragtige wesens wat mens herinner aan ‘n tragiese namaaksel van die mens self.  En boonop is daar aanduidings van ander intelligente lewe in een van die groot stede – geheimsinnige wesens wat geruisloos beweeg en bra sku optree…

VREEMDELING-VESTING – Douglas Hill

Vertaal uit Engels deur Jan Schaafsma en uitgegee in 1991 deur Human & Rousseau Uitgewers.

Vreemdeling – Vesting vervolg op Die jagter en Krygers van die Woesteny en bring die avonture van Finn Ferrall en sy vriende – en hul stryd teen die wrede Vreemdeling-heersers van die aarde, die Slawehalers – tot ‘n opwindende einde.  Die mense van die Woesteny word stadig deur ‘n meedoënlose opmars van die Slawehalers suid gedryf, en Finn, Beir en hul vriende moet pal staan en die warrelwaens aandurf, of bly terugval tot in die gevreesde radioaktiewe Brandsand, waar ‘n sekere dood op hulle wag.  Terwyl Finn ondersoek instel na ‘n vreemde ruimteskip wat naby die vriende neerstryk, word hy gevange geneem en na die Vesting vervoer.  Hier leer hy hoe dit voel om ‘n slaaf te wees, en kom hy ook meer te wete oor die Vreemdelinge, waarom hulle na die aarde toe gekom het, en wat hul plan vir die planeet is.  Met groot durf en waagmoed, en die hulp van Beir en die ander, slaag Finn tog daarin om te ontsnap, en deel te hê aan die laaste opstand teen die vyand.

EKLIPTIKA X – PIERRE CONRADIE

Afrikaanse Pers-Boekhandel, 1971.

Die eerste kernoorlog in die jaar 2000 n.C. was erg genoeg – maar die tweede het die planeet aarde, ook bekend as Terra, feitlik vernietig en onbewoonbaar gemaak.  In ‘n poging om die oorlogstokers uit te skakel, is al diegene met aggressiewe neigings na die veraf planete verban.  Op dié wyse, is gehoop, sou die bewoners van Terra in vrede kon leef.  Maar daarmee is slegs ‘n nog groter bedreiging geskep…

 

 

 

 

weerlose meganika – anton roodt

‘n Tydjie terug is ’n merkwaardige vonds gemaak: ’n koperplaatfoto wat tydens die Slag van Bloedrivier geneem is . .  en dit wys drie engele teen die oggendmis! Die neerdaal van die engele word die hoogtepunt van die jaarlikse gedenkopvoering in Welkom. Maar vanjaar, tydens die kleedrepetisie, word die hoofengel vermoor . . . en die koperplaatfoto het verdwyn! ’n Heerlik aweregse roman, sowel ryke verbeeldingsvlug as skerp satire.

 

 

 

toekomsmens – isa konrad

Pretoria, 2057. Dertig jaar ná Johannesburg in ’n spookstad verander het, word die Nuwe Republiek van Suid–Afrika deur die Toekomsparty en ’n Raad van Twaalf regeer. Kel de Jong werk as ’n programmeerder in die Intelligensieburo. Sy geordende lewe word in chaos gedompel wanneer ’n militêre observasiesatelliet ’n jong kind op die verlate N1 tussen Pretoria en Johannesburg ontdek. Op dieselfde dag word In–Grid, die Intelligensieburo se sentrale kunsmatige intelligensie, in ’n aanval vernietig. In chaos wat volg, aktiveer Kel In–Grid se prototipe en ontdek dat dit die herinneringe van Agnes Baumer bevat, ’n vroulike spioen in Duitsland gedurende die Tweede Wêreldoorlog. Met behulp van tydreise ontdek Kel in die verre verlede die waarheid agter die gebeure in sy hede.

Skepsel – willem anker

 Aan die Kaapse Weskus versorg Rebecca Maas haar sterwende pa in ’n tegnologies gevorderde slimhuis, ’n huis wat praat in ’n halfbekende stem. Op die horison, ’n olietenkskip.

’n Posthuman biohacker trou met die enorme skip, en maak kuns oor die wittebroodsreis.

En in die yswildernis van Svalbard verdwyn ’n navorser se kollega en minnaar spoorloos. Hulle is daar om geheimsinnige spierwit items te ondersoek – dalk beendere, maar dan beendere wat vertak en ineensmelt soos geen bekende skepsel s’n nie.

 

donkerbloed – Elrien Scheepers

17jarige Sybella probeer die raaisel rondom haar ma en suster se dood in ’n lugtaxi-ongeluk oplos, met die hulp van haar vriend, Jax.

Haar pad kruis met Yala Uba, ’n onwettige hokvegter, Cedric Morton, ’n kuborg, en Lilith Rox, direkteur van Biotron Babas, ’n maatskappy wat geneties gemodifiseerde babas verskaf aan die ryk elite.

Wanneer Sybella Lilith Rox se werksaanbod aanvaar, raak sy betrokke by donker geheime. Gaan sy uitvind wat werklik gebeur het, en watter prys gaan sy daarvoor betaal?

4 thoughts on “Volwasse Wetenskapfiksie

  1. Julle het Leon Hugo: Ruimteloods (die voorganger van Leon Hugo: Ruimtevegter) uitgelaat!

    • Beste Kosenator. Nee ons het hom nie uitgelaat nie, ons het nie die agterblad beskrywing van die boek nie. Maar jy is heeltemal reg, hy is nie hier op nie… ek sal plan maak.

    • Beste Kosenator,

      Baie dankie ek het die byvoeging gedoen en as jy van ander Afrikaanse wetenskapfiksie boeke vir volwassenes weet vertel ons asseblief daarvan.

      Vriendelike groete,
      Afrifiksie

Comments are closed.