Kompetisies

Wanneer mens kyk na die ryk geskiedenis van wetenskapfiksie in Afrikaans, kan mens nie help om te wonder of mens nie dalk self ook ‘n bydra kan maak nie.  En wat kan nou meer vervullend wees as om jou eie vaardigheid in te span om teen ander met soortgelyke belangstellings te wedywer?

Ons hou elke jaar ‘n kompetisie van die een of ander aard, en die mediums en genres waarin daar deelgeneem kan word verander telkens.  Vir baie jare het ons bloot gefokus op kortverhale, maar ons het nou besluit om die net ‘n bietjie wyer te gooi.

Afrifiksie daag jou uit om ‘n bydra te maak tot die skep van nuwe wetenskapfiksie of fantasie in Afrikaans, deur in te skryf in die kategorieë waarin jy die gemaklikste voel – of is jy dalk bang?