Tydskrifte

Tydskrifte (so ook koerante, maandblaaie en ander periodiese publikasies) is ‘n vorm van die media wat gereeld verskyn – gewoonlik met ‘n sekere tydsverloop tussen uitgawes. Dit bestaan tradisioneel gewoonlik uit ‘n saamgevoegde klomp blaaie wat inhoud bevat wat ‘n spesifieke belangegroep se behoeftes vir inligting probeer bevredig.

Dit is egter algemeen vir tydskrifte om nuttige inligting, maar ook vermaak, aan hulle lesers aan te bied. Die vermaak is dikwels ‘n strokiesprent, maar is ook gewoonlik kort stories – dikwels selfs veel korter as gewone kortverhale omdat ruimte uiters beperk is en elke verdere blaai wat in die tydskrif geplaas word die winsgewendheid daarvan nadelig beïnvloed.

In sommige gevalle word verhale opgebreek in episodes of hoofstukke wat weekliks of maandliks as ‘n vervolgverhaal gepubliseer word. En natuurlik word verhale uit ander tale op hierdie wyse in Afrikaans vertaal en gedruk.

Hierdie deel van Afrifiksie gaan grootliks afhang van bydraes wat deur ek en jy gemaak word. Indien jy afkom op ‘n storie in ‘n ouer tydskrif wat in die veld van Afrifiksie val, laat weet ons daarvan. Indien ons dit weens kopiereg nie kan plaas nie, kan ons darem daarna verwys.

Tydlyn van gepubliseerde kortverhale en vervolgverhale

Verstekelinge na MarsOom Willie Sutherland (Patrys: Jaarboek vir Seuns: 1954)

Vesting van Lank GeledeE Nienaber (Patrys: Jaarboek vir Dogters: 1958)

Dit is nag op MarsG Steytler (Patrys: Jaarboek vir Seuns: 1958)

Die Vreemde PlaneetRouxline Tromp (Patrys: Maart 1963)

Onsigbare VyandApie (Patrys Julie 1969)

Ontvoer in die RuimteGerrit Sewester (Patrys: Julie 1969)