Om vermy te word…

Hierdie is een van die mees tragiese gedeeltes van Afrifiksie. Was dit tog maar waar dat soveel van die heel klassiekste werke in internasionale WF+F wel in goeie Afrikaans beskikbaar was – wat ‘n plesier sou dit nie wees nie. Maar helaas. Die waarheid is ongelukkig so uiters vêr van daardie bepaalde realiteit…

Daardie boeke wat nooit in Afrikaans geskryf was nie en tog deur ‘n rekenaar na Afrikaans vertaal is, is dikwels só swak dat dit onverskillig sou wees om nie die lesers daarteen te waarsku nie.  Talle sulke boeke het die afgelope tyd te voorskyn gekom en kan gewoonlik vanaf ‘n internasionale bron, soos Amazon, bestel word.  Daar verskyn gewoonlik die een of ander (onbekende) persoon se naam wat as die vertaler aangegee word, maar dit is waarskynlik eerder die persoon wat die geleentheid raakgesien het om Afrikaans te gebruik as ‘n maklike mark om vir eie gewin uit te buit.

Hierdie vermoede word versterk deurdat Afrikaanse woorde deurgaans korrek gespel word, maar dat Engelse woorde dikwels in die teks voorkom sonder enige poging om die Afrikaans daarvoor te gebruik – dikwels is die Afrikaanse woord eenvoudig en voor die hand liggend. Verder, is die gebruik van leestekens uiters swak en verwarrend, terwyl die sinsbou só onsamehangend en soms onverstaanbaar is dat dit kwalik deur ‘n persoon wat selfs net ‘n geringe vaardigheid van Afrikaans het, so erg verniel sou kon word.

En verder, hoe sou dit moontlik wees dat soveel Afrikaanse WF+F skielik beskikbaar geword het sonder dat enigiemand kennis dra van ‘n doelbewuste poging om so ‘n groot taak aan te pak of dat die boeke selfs bestaan – juis in hierdie gemeenskap van Afrifiksie wat feitlik uitsluitlik bestaan uit entoesiaste van hierdie spesifieke genres.

Die probleem kom in by rekenaarvertalers. Hoewel dit ongelooflik is hoe kragtig hierdie tipe funksies geword het, is ‘n roman ‘n veel meer uitdagende taak as baie ander vorme van teks. ‘n Roman sal juis wend tot idiomatiese aanwending van die taal, en spesifieke eiesoortige metodes van spraak waar dialoog ter sprake is. Hieride verskynsels in die taal is tot op hede nog die Achielleshiel van rekenaarvertaling. Hoewel hierdie hulpmiddels baie nuttig kan wees om ‘n webblad in ‘n vreemde taal te verstaan, of ‘n akademiese teks of verslag te kan lees, faal dit grootliks wanneer dit in die idioom of uitdrukking gebruik word – wat juis in kreatiewe skryfkuns, soos ‘n roman, toegepas word.

Hoewel dit bloot ‘n vermoede is, is die ontwikkeling van hierdie vertalers waarskynlik beter ontwikkel vir ander Europese tale wat groter aanwending vind. Kyk gerus op die kieskaart van ‘n WF-DVD. Baie taalkeuses kan gemaak word, maar Afrikaans kom feitlik nooit voor nie. Die hoeveelheid moeite en pogings om ‘n vertaler te vervolmaak is waarskynlik nie ‘n groot prioriteit in Afrikaans nie – hoewel dit ‘n groot jammerte is.

Hier, op hierdie bladsy, gaan ons by Afrifiksie poog om soveel as moontlik van hierdie werke te ontbloot sodat lesers nie onnodig hul geld en tyd op sulke minderwaardige werke mors nie. Daar is immers vele góéie Afrikaase WF+F beskikbaar en die versameling groei voortdurend aan.

Die eerste voorbeeld hiervan, word ter illustrasie aan die kaak gestel. Die boek A Princess of Mars deur die Amerikaanse skrywer Edgar Rice Burroughs (wat ook Tarzan geskep het), is kwansuis in Afrikaans beskikbaar. Dit is egter uiters swak vertaal, soos uit die volgende uittreksel gesien kan word – selfs die titel is swak vertaal.

‘n Prinses Mars deur Edgar Rice Burroughs (vertaal deur Joseph Brundle)

Ek is ‘n baie ou man; hoe oud ek weet nie. Moontlik ek is ‘n honderd, moontlik meer; maar ek kan nie sê omdat ek nooit soos die ander mense het tussen die ouderdomme nie, ek dink nie die kinderjare. So ver as wat ek kan onthou ek het nog altyd ‘n man, ‘n man van ongeveer dertig nie. I vandag verskyn soos ek gedoen het veertig jaar en meer gelede, en tog voel ek dat ek nie kan gaan vir ewig lewe; dat sommige dag i die ware dood sterwe…

Maar, ‘n vinnige soektog na hierdie boeke op Amazon op 2016-11-23 wys dat hierdie presiese boek, deur presies dieselfde vertaler (Joseph Brundle) in 52 tale beskikbaar is, waarvan die volgende klompie ter illustrasie getoon word.

Noem my nou maar skepties, maar 52 tale van Latynse, Slawiese, Oosterse en Germaanse afkomste sou seker ‘n wêreldrekord wees indien een persoon in almal vlot was. En te oordeel aan die Afrikaans, kan Joseph waarskynlik nie in een van die 52 verstaanbaar kommunikeer nie…

Bloot vir die interessantheid is die Nederlandse teks wat met die Afrikaans hierbo orreenkom, na geslaan – dit lui soos volg.

Ik ben een seer oude man; hoe oud ik weet het niet. Misschien ben ik honderd, misschien meer; maar ik kan niet zeggen omdat ik nooit als andere mannen in de leeftijd, noch ik herhinner me elke kindertijd. Voor zover ik kan herinneren heb ik altijd een man, een man van ongeveer dertig geweest. Ik vandaag verschijnin als ik deed veertig jaar en meer geleden, en toch voel ik dat ik niet kan gaan op eeuwig leven; dat op een dag ik de echte dood zal sterver…

Ongelooflik – en soos vermoed is die vermoë van die rekenaarvertalers beter ontwikkel vir ander tale as vir Afrikaans. Regtig ‘n groot jammerte. Indien hierdie boek wel in ‘n ander taal as Engels gelees sou moes word, sou Nederlands ‘n beter keuse as Afrikaans wees – die grammatika is veel beter en die teks meer verstaanbaar. Maar soos verder gesien sal word, is hierdie maar net die eerste van vele teleurstellende voorbeelde van wat vandag kamma-kamma vir die Afrikaanse leser beskikbaar is…

Frankenstein deur Mary Shelly (vertaal deur Peter Williams)

Voorbeeld uit die teks…

…’N jeug geslaag in afsondering, my beste jare deurgebring onder jou sagte en vroulike fosterage, so verfyn die grondslag van my karakter dat ek nie ‘n intense weersin kan oorkom die gewone brutaliteit uitgeoefen op ‘n skip: Ek het nog nooit geglo dat dit nodig is, en toe ek hoor van ‘n Mariner ewe bekend vir sy goedheid van die hart en die respek en gehoorsaamheid aan sy bemanning aan hom betaal, voel ek myself ongewoon gelukkig genoeg om in staat om sy dienste te bekom….

…Tog dink nie, want ek kla ‘n bietjie of omdat ek kan ‘n troos vir my strikke wat ek mag nooit weet swanger, dat ek wankel in my besluite. Diegene word as vaste soos die noodlot, en my reis is nou eers uitgestel tot die weer sal my vertrek laat….

Geheimsinnige Eiland deur Jules Verne (vertaal deur Aden Amari)

Voorbeeld uit die teks…

DEEL 1 – Val Uit Die Wolke

Hoofstuk 1

“Ons is weer styg?” “nee. Inteendeel.” “ons is neerdaal” “erger as dit, kaptein! Ons val!” “hemelsnaam afgee uit die ballas!” “daar! Die laaste sak is leeg!” “nie die ballon styg?” “geen!” “ek hoor ‘n geraas soos die kranige golwe. Die see is onder die motor! Dit kan nie meer as 500 voete van ons!” “oorboord met elke gewig! …Alles!”

Twintigduisend ligas onder die see deur Jules Verne (vertaal deur Peter Williams)

Voorbeeld uit die teks…

Vyftien dae later en 2000 ligas verder, die Helvetia uit die Kompanjie Nasionale en die Shannon van die Royal Mail lyn , loop op teenoorgestelde tracks in daardie deel van die Atlantiese Oseaan lê tussen die Verenigde State van Amerika en Europa, onderskeidelik kenne elke ander dat die monster het opgemerk in breedtegraad 42 grade denkbeeldige wesens , van ” Moby Dick ,” dat die vreeslike wit walvis uit die Hoë Arktiese streke, die ontsaglike cracking wie se tentakels kan ‘n 500 -ton handwerk omstrengelen en sleep dit in die see dieptes .

In die geval van hierdie spesifieke verhaal van Verne, is daar egter ‘n baie goeie Afrikaanse weergawe beskikbaar, wat reeds in 1961 uitgegee is en deur Bep Rompel vertaal is – goeie Afrikaans wat reg laat geskied aan die klassieke storie. Dit was deel van die Libri Reeks.

Die Vreemde Saak van Dr Jekyll en Mnr Hyde deur Robert Louis Stevenson (Onyx vertaling)

Voorbeeld uit die teks…

Mr. Utterson die prokureur was ‘n man van ‘n ruwe aangesig, wat nooit verlig deur ‘n glimlag; koue, karige en skaam, in diskoers; agteruit in sentiment; maer, lank, stowwerige, vervelige, en nog een of ander manier lief. Op vriendelike vergaderings, en toe die wyn was na sy smaak, iets uitstek menslike afgebaken uit sy oog; iets inderdaad wat nooit sy weg gevind in sy praat, maar wat het nie net in hierdie stil simnbole van die na-ete gesig, maar meer dikwels en hard in die dade van sy lewe.

Ook hierdie boek is baie jare gelede reeds baie goed in Afrikaans vertaal – die presiese jaartal is ongelukkig onbekend. Die titel was bloot Dr. Jekyll en mnr. Hyde en dit is vertaal deur P v.d. M Erasmus. Dit gebruik pragtige idiomatiese Afrikaans en word sterk aanbeveel. Moet egter onder geen omstandighede jou tyd of geld mors om hierdie Onyx vertaling te bekom nie – dis feitlik totaal onleesbaar.

Die Parasiet deur Arthur Conan Doyle (Onyx vertaling)

Voorbeeld uit die teks…

24 maart die lente is redelik met ons nou. Buite my venster laboratorium die groot kastaiingboom al is bedek met die groot, glutten, gummy knoppe waarvan sommige het reeds begin om te breek in klein groen shuttlecocks. As jy loop af in die lane jy bewus van die ryk, stil kragte van die natuur  is besig om jou.

Regoor die Wêreld in 80 Dae deur Jules Verne (vertaal deur A Zhu)

Voorbeeld uit die teks…

Mnr. Phileas Fogg gewoon het, in 1872, teen geen. 7, saville ry, burlington tuine, die huis waarin sheridan gesterf in 1814 was hy een van die mees opvallende lede van die hervorming klub, maar hy het altyd gelyk te vermy om aandag te trek; ‘n raadselachtig personage oor wie min bekend was nie, behalwe dat hy ‘n gepoleerde man van die wêreld.

Ook hierdie boek was reeds in 1982 in goeie Afrikaans beskikbaar met die titel Om die wêreld in 80 dae, wat vertaal is deur Danie Pieterse en uitgegee is deur Tafelberg.

Die Tyd Masjien deur H G Wells (vertaal deur Peter Williams)

Voorbeeld uit die teks…

Die Tyd Traveller (want so sal gerieflik om te praat van hom) uitgelê n diepzinnig saak aan ons. Sy grys oë blink en vonkel, en sy gewoonlik  bleek gesig gespoel en geanimeerde. Die vuur verbrand helder, en die sagte glans van die gloeilampe in die lelies van silwer gevang die borrels wat geflits en geslaag in ons glase.

Die Geheim van die Negende Planeet deur Donald Allen Wollheim (Onyx vertaling)

Voorbeeld uit die teks…

Die denning ekspedisie, questing onder die bijgehouden en vergeet paadjies van die verlore inca ruïnes in die uitgestrekte, kronkelende berge van binnelandse peru, was nie alleen in gebreke die subtiele kanaliseer weg van warmete en briljantheid die son se kennisgewing.

Die Land wat Tyd Vergeet deur Edgar Rice Burroughs (Onyx vertaling)

Voorbeeld uit die teks…

Toe ek weer kyk na horror bygevoeg hartseer, want met die opkomende van die U-boot het ek as ‘n produk van ons eie werf erken haar. Ek het geweet haar na ‘n klink. Ek het toesig gehou haar konstruksie. Ek in daardie kunstige-toring gesit het en die regie van die pogings van die sweet bemanning onder toe eers haar romp huisie die sonnige water van die Stille Oseaan;

Die Wonderlike Towenaar van Oz deur Frank Baum (vertaal deur Peter Williams)

Voorbeeld uit die teks…

Die son en wind het haar verander, ook. Hulle die glans van haar oë geneem en het hulle ‘n sober grys; hulle geneem het die rooi van haar wange en lippe, en hulle was ook grys. Sy was dun en maer, en nou geglimlag nooit. Wanneer dorothy, wat ‘n weeskind was, die eerste keer na haar tante em was so skrik lag die kind se dat sy sou skree en druk haar hand op haar hart wanneer vrolike stem dorothy se bereik haar ore; en sy het nog steeds kyk na die dogtertjie met verwondering dat sy enigiets te lag kon vind.

 Die Deur in die Muur en ander stories deur HG Wells (Onyx vertaling)

Voorbeeld uit die teks…

Hy was, dink ek, homself verdedig teen ‘n beskuldiging van laksheid en onbetroubaarheid i in verhouding gemaak het om ‘n groot openbare beweging in wat hy my teleurgestel het. Maar hy gedompel skielik. “ek het” het hy gesê, “‘n preoccupation-” “ek weet,” het hy op, na ‘n pouse dat hy gewy aan die studie van sy sigaar as, “ek het nalatig was…”

Die Legende van Sleepy Hollow deur Washington Irving (Onyx vertaling)

Voorbeeld uit die teks…

Wees dat as dit kan, doen ek nie instaan vir die waarheid te sê, maar bloot advertensie om dit, ter wille van die feit dat akkurate en outentieke.

I onthou dat, wanneer ‘n jongman tog, my eerste ontgin in kou-skietery was in ‘n bos van hoë noot-bome wat die een kant van die vallei skakerings.

Die Magie Eier en ander Stories deur Frank R Stockton (Onyx vertaling)

Voorbeeld uit die teks…

Loring was ‘n mooi mede omtrent dertig jaar oud, wat ver gereis het en bestudeer veel. Hy het onlangs ‘n lang verblyf in die Verre Ooste, en sy vriende is genooi om die teater om sommige van die worderlike dinge wat hy uit daardie land van wonders gebring te sien. As Loring was ‘n klub-man, en behoort aan ‘n familie van goeie sosiale stand, sy kring van kennisse was groot, en in hierdie sirkel ‘n goeie baie onaangename opmerkings gemaak ten opsigte van die voorgestelde vermaak gemaak…

Aladdin en die Magie Lamp (Onyx vertaling)

Voorbeeld uit die teks…

Daar eers geleef ‘n swak maat, wat ‘n seun genoem Aladdin, ‘n sorgelose, lui seuntjie wat niks sou doen nie, maar speel die hele dag lank in die strate met min idle seuns soos homself gehad het. Dit so bedroef die vader dat hy gesterf het;

Dracula deur Bram Stoker (Onyx vertaling)

Die Verhaal van Dr. Dolittle deur Hugh Lofting (Onyx vertaling)

Voorbeeld uit die teks…

Hy het in ‘n klein dorpie genaamd, puddleby-op-die-moeras. Al die mense, jonk en oud, goed geweet hom deur die gesig. En wanneer hy loop in die straat in sy hoë hoed almal sou sê, “daar gaan die dokter! -hy is ‘n slim man.” en die honde en die kinders sal al aanloop en volg agter hom; en selfs die kraaie wat in die kerk toring geleef sou CAW en knik hul koppe.

Ek dink nie is onredelik om te sê dat ál hierdie werke hierbo vermy behoort te word nie – dis ‘n skande dat dit enigsins bestaan.  Dit wsou egter heerlik wees indien hulle wel in Afrikaans beskikbaar sou wees.  Ons kan maar net hoop dat die rekenaarvertalers van die toekoms beter sal presteer of dat werklik Afrikaans-sprekendes dit in hul eie hande neem en vir ons vertaal.  Hoe lyk dit – jy sien nie dalk kans daarvoor nie?