Wenners

Skryfkompetisies

2016

1.  Wetenskapfiksie vir die Jeug:
TYD WAG NIE – Handré Jankowitz
2.  Fantasie vir die Jeug:
DIE ZINBALI POORT – Elsabé Welman
3.  Volwasse Wetenskapfiksie:
PASIËNT 452b – Karen van Vuuren
4.  Volwasse Fantasie:
DELIRIUM – Roux Botha

2015

LIGTE! – Casper H. Coetzee (Volwasse Wetenskapfiksie) WENNER
DIE POPMAKER SE GRAMSKAP – Ester Byleveldt (Jeug WF) WENNER
DIE MUSIKALE TRIOMF: WAAR DIE ILLUSIES SKUIL – Ilse Goschus (Volwasse Fantasie) WENNER
ATTARIA: ROSA EN HAAR WOLF – Johanna Fourie (Jeugfantasie) WENNER

2014

DIE PAD NA PLEODORA – J.V. Van Wyk (Volwasse WF) Wenner
VLUGTELING TOT DIE REDDING – Jacques Ferreira (Volwasse F) Wenner

2013

DIE ANDER NOODLOT – Ronél Gill (Volwasse F) Wenner
‘N VRIEND MET DIE NAAM CHARLIE – Heloïse van der Walt (Jeugfantasie) Wenner
DIE VERLATE – P.L. Brand (Volwasse WF) Wenner

2012

DIE FOTO – Magdalene van Niekerk (Volwasse WF) Wenner
‘N ARWANTYNSE OOMBLIK: DIE SKOONMAKER EN DIE ELFIES – Eben van Renen (Jeugfantasie) Wenner
BEWAKER 47 (MELKBOSSTRAND) EN DIE WIT SOKKIES – Eben van Renen (Jeug WF) Wenner
SOEKTOG – Heinrich Wernich (Volwasse F) Wenner

2011

ROEHYN EN DIE SIENER – Eben van Renen (Volwasse F) Wenner
DIE OPROEP – Beatrix van Dyk (Jeug WF) Wenner
VRYBURGER – Dr. John C. Strydom (Volwasse WF) Wenner
DIE ROOI OOG – Martin van der Watt (Jeug F) Wenner

2010

HADES – François de Vos (Volwasse WF)

2009

NEWE-EFFEKTE VAN NAVORSING deur © Dr. John C. Strydom
‘n Wetenskapfiksie verhaal.

Hoogwyse Stipu strek hom lui uit en kyk om hom rond. Die ontmoeting was stimulerend en uitdagend en terug by die onmiddellike omgewing moet hy nou eers weer verslag skryf. Hy vryf oor die seneel (sensoriese paneel) en sy stoel verleng en lig hom byna regop. Wanneer sy voete grond raak, stap hy uit en neem by sy lessenaar plaas. Hy roep die verslag op waaraan hy werk en dikteer verder. Die robotassistent flikker groen om aan te dui dat stemherkenning volledig is en dat elke woord opgeneem en vasgelê word. Stipu is een van die sterrewyk se kundiges op die gebied van resonansie: ‘n verskynsel wat al eeue lank bekend is, selfs in terme van fisika goed nagevors is, maar nou in ‘n ander verband intensief nagevors word. …

2008

VOLKAAN deur © Daniël Els
‘n Wetenskapfiksie verhaal.

Volkaan sit sy hand teen die vingerafdrukmasjien. Hy is op pad huis toe van die skool af. Twee laserstrale skiet uit en straal sy hand. Hy wag twee sekondes en dan praat ‘n stem: “Toegang aanvaar”. Die deur gaan oop en Volkaan stap binne. ‘n Robot kom na hom toe en groet hom. Hy betree die huis en sy familie groet hom van die ontvangskamer af. Hy gaan sit by hulle en almal gesels land en sand. Terwyl hulle se gesels, raak die gebou al donkerder. Die kamer raak doodstil. Niemand praat meer nie. Almal se gesigte is verskrik. Vrees oorval hulle.

2 thoughts on “Wenners

  1. Effe terleurgesteld dat my verhaal van Mutante nagmerrie nie ‘n wenner was nie, maar sal volgende jaar weer probeer. Geluk aan diegene wat wel gewen het.
    Dankie be-oordelaars vir die geleentheid wat ek kon kry om in te skryf.

    • Beste Ester
      Dis altyd ‘n riem onder die hart om te verneem dat skrywers soos u weer en weer gaan deelneem. Al is dit nie noodwendig om te wen nie, maar vir die kans om erkenning te geniet van een se skryftalent. Afrifiksie sien uit na die volgende verhale en onthou, hoe meer verhale hoe meer geleenthede om te wen.
      Vreeslik dankie vir u deelname, en persoonlik het ek van u verhaal gehou.

Comments are closed.