Volwasse Fantasie

  1. FANTASTES – George MacDonald (2014)
  2. DIE OPLOSSING: DIE PELGRIM – Quintin Ellis (2013)
  3. DIE OPLOSSING: VALHALLA – Quintin Ellis (2013)
  4. JOU LEWE… VIR MY LIEFDE – Petronel (2013)
  5. MAN… OF DIE MONSTER? – Petronel (2013)
  6. MIDDERNAGSON – Petronel (2013)

FANTASTES – George MacDonald

Vertaal uit Engels deur Quintin Ellis en Louise Eijbers en uitgegee in 2014 deur Thompson Boekdrukkery.

Anodos se verhaal begin wanneer hy op sy mondigwording sy oorlede pa se boedel oorneem.
Hy ontvang ’n stel sleutels wat sy oorlede pa se lessenaar oopsluit. Binne die lessenaar is ’n versteekte kompartement waar hy ’n klein vrou vind wat beweer sy is sy ouma. Die vrou staan Anodos se wens toe om hom Feëland te laat besoek.
Tydens sy ongelooflike reis ontmoet Anodos ’n ou vrou en haar dogter wat hom waarsku teen die woud; hy raak verlief op die Wit Dame wat gevange gehou word deur ’n albaste steen; sy optredes lei hom in die kloue van ’n bose Esseboom en word gered deur ’n onsigbare hand; by die huis van ’n trol bevry hy sy skaduwee; hy red twee broers uit die kloue van drie reuse en leer van grootword, self-opoffering en liefde.
Anodos sterf en keer terug na sy eie werklikheid, omdat hy die beginsels geleer het wat nodig is om ’n suksesvolle volwassene te wees.

DIE OPLOSSING: DIE PELGRIM – Quintin Ellis

Thompson Boekdrukkery, 2013.

VESPER het sy lewe as stryder agtergelaat en gepoog om te vergeet van sy lewe. In Die Land van die See leef hy vreedsaam tot sy sak wapens onvoorsiens weer te voorskyn kom. Hy vlug weg en word ontvoer deur die elwe na Taïs. Hier ontmoet hy feë, aardgeeste en Die Apocolos. Die Apocolos is ’n vegter nasie van berede wat hom verwelkom en in sy am as Die Kryger terug plaas. Trâybn, ’n Half-Elf wat saam in Arsonagom geveg het sluit ook by aan.
Hy kry weer te doen met Die Alak Valtos en veg saam met Die Wolwe en Die Dwerge teen hulle.
Hy veg ook teen helhonde en ander demoniese wesens saam met Die Paladyne en Dwerge. Nadat hy herstel het vertrek hy na Die Eiland van die Son om Die Berwiërs te bevry van die Alak Valtos. Die valtos se mag word gebreek en hy keer terug na Die Vrye Lande en die herberg.

 

OPLOSSING: VALHALLA – Quintin Ellis

Thompson Boekdrukkery, 2013.

Boek 1
Die Kryger keer terug van die slagveld en vind dat sy huis afgebrand en sy familie uitgemoor is. Hy besluit om uit te wyk na ʼn betowerde woud en onderneem om nooit weer terug te keer nie. In stede van ontvlugting beland hy op ʼn avontuurlike reis van diepe selfontdekking.
Die Kryger herontmoet Die Uil, wat as Goddelike entiteit Hom ontferm oor die jong man. Gedurende die verhaal kry hy te doen met vele karakters en omstandighede, wat hom help vorm en groei in oorloë, deur vriendskap, deur hulp te vra en deur hulp aan te bied. Hy voer ʼn deurlopende stryd teen mense wat hy voel hom te na gekom het.
Omstandighede lei hom na ʼn groep dwerge wat ontneem is van hulle geboortegrond. Met die hulp van Die Uil, Die Paladyn en Die Jagteres lei hy die dwerge in ʼn oorlog, waarin hulle hoop om verlos te word van die Alak Valto wat die eilande met ʼn ysterhand regeer.

JOU LEWE… VIR MY LIEFDE – Petronel

Thompson Boekdrukkery, 2013.

’n Wilde verjaarsdagviering, ’n dronkie in ’n donker stegie, ’n vreemde hand op sy skouer… dood.
Dit is die verhaal van Alix Mitchell se lewe. Behalwe dat Alix se dood, in die gedaante van ’n liplekker lyfie onder ’n stywe korset en glinsterende silwer-groen katoë bokant ’n paar ek-belowe-jou-die-hemel bloedrooi pruil lippies, toe nie die dood soos in rigor mortis begrawe-dood was nie. Dit is veel erger.
Na ’n honderd en agt jaar se desperate soeke na wraak en vergelding spoor Alix haar uiteindelik op. Die satan’s-Delilah van daardie lank-verby stegie. Dit is definitief sy! Dieselfde gesig, dieselfde hare, dieselfde onmiskenbare tatoeëermerk. Presies net soos wat hy dit in elke een van sy nagmerries kan onthou. Maar iets is fout. Gróót fout! Hierdie Delilah wat bewusteloos en half verskeur in sy arms lê en veg vir haar lewe ruik na angeliere en appelkose en… menslik!

Jou lewe… vir my liefde, is ’n volwasse fantasie roman, propvol tonekrul aksie, rooiwarm romanse, en verbeeldingryke, asemsnak-gruwel karakters.”
– Mimi-Jean Pretorius

MAN… OF DIE MONSTER? – Petronel

Thompson Boekdrukkery, 2013.

Inés Aglionby is ‘n Suid-Afrikaanse joernalis wat land uit is op ‘n storie… oor marmer van alle eentonige onderwerpe.
Estéban Menderiaga.
By ‘n baie verlate marmer breekgat iewers tussen Spanje en Frankryk loop sy haar egter in meer as net die marmer vas… Maar Estéban het ‘n donker, bloeddorstige geheim wat hy met alle mag ‘n geheim wil hou, veral vir die klein heks met die spittende tong en vuurspuwende oë uit die sonnige land.
Hy sou dit miskien kon regkry, as Carlos, met sy waansinnige vendetta nie op haar spoor was nie.
Man… of die Monster? is ‘n verhaal van wraakgierige gulsigheid, donker geraamtes, bloeddorstige monsters en witwarm begeertes.

MIDDERNAGSON – Petronel

Thompson Boekdrukkery, 2013.

Lucian Delavantey is onsterflik.

Vir ‘n ewigheid vasgevang in ‘n makabere half-lewe waaruit daar geen ontsnapping is nie; met ‘n leë en uitsiglose toekoms wat soos ‘n oneindige berg voor hom uitgestrek lê…
Totdat Henriette Middleton op haar gevaarlike spykerhakkies oor sy paadjie stap; – en saam met haar die grusame monster met sy onblusbare dors vir vars bloed.
Háár bloed…