Uitwissing deur ‘n vreemde agressor

Wetenskapfiksie is wyd – baie, baie wyd!  Tog word daar gevind dat sekere temas meer gereëld voorkom as ander, gewoonlik omdat daar soveel moontlikhede bestaan binne ‘n tema wat deur ‘n outeur ontgin kan word.  In hierdie gedeelte word van die meer algemene temas rakende die werke van wetenskapfiksie bespreek.

Die populasie van planeet Aarde

Een van die baie populêre lyne wat deur baie wetenskapfiksie loop, is die lyn van die mensdom.  Nie bloot sekere individue nie en nie net arbitrêre wesens nie, maar die ganse mensdom.  En só dikwels neem dit die vorm aan van ‘n bedreiging wat die mensdom raak of moontlik kan raak.

Oor tyd is die een moontlike bedreiging na die ander aan die kaak gestel deur skrywers van WF, wat aantoon hoe broos hierdie spesie op Aarde kan wees.  Die een tema wat herhaaldelik na vore kom, vir meer as ‘n 100 jaar, en wat steeds telkens in moderne wetenskapfiksie aangetref word is dié van ‘n bedreiging van wesens van ‘n ander wêreld wat die Aarde vir hulself wil hê, of wil ontgin, of wat die wesens van hierdie planeet wil hê of wil onderdruk of uitwis.

Reeds in 1898 het H.G. Wells die verhaal The War of the Worlds geskryf wat oor ‘n konflik tussen die mensdom en ‘n vyandige vreemde mag handel. Dit is herhaaldelik as rolprente hermaak met die mees onlangse verskyning in 2005 deur Steven Spielberg.

Punt: 70%

 

Maar sedertdien, is hierdie tema uiters populêr en word talle hoofstroom rolprente hieroor gemaak met groot sukses by die loket.  Voorbeelde hiervan is, onder meer…

The edge of tomorrow (2014)

Punt: 70%

Signs (2002)

Independence Day (1996)

Motief: Gevorderde wesens wil die Aarde inneem en stroop van sy bruikbare hulpbronne – en dan weer aanbeweeg na ‘n volgende planeet…

Punt: 80%

The day the Earth stood still (2008)

Motief: Gevorderde wesens sien die mensdom as roekeloos en vernietigend op die Aarde en wil die mensdom uitwis om die Aarde te red…

Punt: 70%

Aansienlike ooreenstemming met die Afrikaanse boek Hemelblom deur Jan Rabie.

Battleship (2012)

Punt: 80%

Battle: Los Angeles (2011)

Punt: 50%

Skyline (2010)

Motief: Die ontginning van menslike breine wat in ander liggame ingeplant word…

Punt: 50%

Starship Troopers (1997)

Motief: Agtpotige insekras ag die mensdom as ‘n bedreiging wat voortydig uitgewis moet word…

Punt: 90%

Ender’s game (2013)

Motief: ‘n Vyandige insekras wil die Aarde inneem omdat hulle eie spasie te min raak…

Punt: 75%

Battlefield Earth (2000)

Motief: Hulpbronne van die Aarde wil deur ‘n ander ras ingepalm word deur mensdom as arbeid aan te wend…

Punt: 60%

Jupiter Ascending (2015)

Motief: Die mensdom moet gebruik word om ‘n waardevolle produk te vervaardig wat lewensduur van ander kan verleng.

Punt: 85%

Titan AE (2000) 

Motief: Die mensdom se tegnologiese vlak raak ‘n bedreiging vir ‘n vyandige ras…

Punt: 85%

The Arrival (1996)

Motief: Die tuisplaneet van ‘n vreemde ras is besig om te gronde te gaan en hul wil die Aarde vir hulself inpalm…

Punt: 75%

The Fifth Element (1997)

Motief: ‘n Boosheid wat die mensdom wil verdelg…

Punt: 85%

The 5th Wave (2016)

Punt: 35%

The Darkest Hour (2011)

Punt: 45%