In Afrikaans

Fantastika, die wonderwêreld van onder andere wetenskapfiksie en fantasie, is die passie waaroor hierdie gemeenskap van Afrifiksie gaan. Vir party is dit sommer net ‘n terloopse belangstelling, maar vir ander is dit die bloed in hul are en die suurstof waarvan hulle afhanklik is om aan die lewe te bly. Maar ons almal weet dat die lewe ‘n veel meer eentonige plek sou wees daarsonder.

Gelukkig is daar die enkele individue wat nie bloot wil geniet wat ander skep of tot stand bring nie, maar self bereid is om tyd en geld te spandeer sodat ander dit kan geniet en deel word van hul idees. Hierdie gedeelte gaan daaroor dat ons lig kan werp op daardie voorkomste van fantastika wat nie net by ‘n idee gebly het nie, maar tot ‘n werklikheid gebring is – al is dit net op papier, op ‘n doek of in die een of ander medium wat dit vir die res van ons toeganklik maak. As dit in Afrikaans geskep is, wil ons deel wees daarvan…