Ork

Die Ork is ‘n groot, sterk humanoïde wese wat gewoonlik as afgryslik, aggressief, bloeddorstig en boos voorgestel word. Hoewel daar baie wesens in die mitologie voorkom wat ooreenstemmings met hierdie wesens toon, was dit die Suid-Afrikaans gebore J.R.R. Tolkien wat die Ork geskep het om aller eerstens in die Heer van die Ringe te verskyn.

Hierdie wesens het egter die verbeelding só aangegryp dat dit in verskeie latere werke opgeneem is, soos Dungeons & Dragons en Warcraft.

Hulle het tipies prominente slagtande wat by hul bekke uitsteek en wat herhinner aan vlakvarke, en hul velkleur is gewoonlik donker of pesifiek groen. Verder word hulle gewoonlik aangewend deur ander rasse wat magtiger is, as voetsoldate wat met brute krag vyandige linies kan oorweldig.

In sekere werk is hulle kannibale wat hulself sal verlustig in hul eie tipe maar ook in mensvleis, en wat wellustig sal verkrag of onderwerp aan seksslawerny indien die geleentheid voorgedoen word. Daar besaan dus basters wat ontstaan uit hierdie geweldpleging.

Een ding is seker – die Ork is ‘n kleurvolle karakter in die fantasie en sal nog baie in die toekoms gesien word.