Die Wetenskap in Wetenskapfiksie

Soos ons weet, is wetenskapfiksie juis ‘n vorm van spekulasie oor die moontlikhede van die wetenskap self.  Daarom is dit nodig om ten minste ‘n basiese kennis te hê oor die natuurwetenskap om darem waardering te hê vir die verhale wat in dié genre bestaan.

Die velde van die natuurwetenskap is natuurlik die fisika, skeikunde en biologie – elkeen van hierdie velde het natuurlik talle onderafdelings soos sterrekunde, organiese chemie, mikrobiologie, genetika, ensovoorts.

Ons sal natuurlik nie alles probeer dek nie, bloot maar ‘n bietjie basiese oriëntering oor sekere onderwerpe wat dikwels gebruik word.

Saam met die natuurwetenskap gaan tegnologie natuurlik ook hand aan hand – ons sal miskien ook ‘n bietjie hiervan byvoeg waar nodig.  Laat weet gerus wat jy graag meer van sou wou weet, dan kyk ons wat ons kan doen…