Geloof en Godsdienstig

Hoewel werke wat handel oor die inhoud van godsdiens nie spesifiek in Afrifiksie se grense val nie, is godsdiens een van die rykste velde wat die verbeelding aangryp met voorspellings, wesens en teorieë wat vrugbare grond is vir spekulasie en vir fiksieskrywers om op voort te borduur. Engele, profete, demone, die hel, Armageddon, wegraping, die apokalips, die verdrukking, ensovoorts is almal temas wat amper vanself vloei om fantastiese verhale te weef.

‘n Vroeë boek wat oor hierdie onderwerp in Afrikaans verskyn het, is die 1944 boek Die wat agterbly (Christelike Uitgewersmaatskappy) deur B.M.W. Grautoff wat na Afrikaans vertaal is deur Olivera Hildebrand (en wat sover bekend agt drukke ondergaan het).

In 1974 verskyn daar ‘n boek deur die Afrikaanse skrywer Karl Kielblock, Die Helder Stad (Tafelberg), wat handel oor die lot van ‘n aantal jongmense gedurende die oorlog.

Een so ‘n titel is Die Twaalf (2009 – Naledi) – ‘n vertaalde werk geskryf deur William Gladstone (vertaal Kobus Marais).

Tim LaHaye en Jerry B Jenkins het ‘n ongelooflik gewilde reeks van boeke oor die eindtyd geskryf wat ook in Afrikaans rekordverkope ervaar het.  Die boeke is te talryk op elk afsonderlik te behandel, maar hulle word deur CUM uitgegee en is geredelik beskikbaar.  Hier toon ons ‘n aantal daarvan.

Nanda Pauw het egter so ‘n werk in Afrikaans geskryf wat in 1992 deur Drommedarus uitgegee is, naamlik Die Laaste Profeet.

“Joïs Nestor, ‘n jong ingenieur en een van die laaste Christene in die staat Angeria, is deur die opperleier, Boris Zokopf, na ‘n strafkamp verban.

Wanneer Joïs onverwags ‘n ou eksemplaar van die Christelike Evangelie in die hande kry, bevestig dit sy geloof en slaag hy daarin om te ontsnap.  Hy is vasberade om na die hoofstad, Palestra, te gaan om die opperleier te konfronteer.  Tussen hulle is daar nie net die botsende ideologieë nie, maar ook van Joïs se geliefde, die beeldskone Olga, wat ook deur die opperleier begeer word.  Te midde van intriges word Joïs se geloof in ‘n vreemde, verwoeste wêreld getoets.”

Dan is daar die aangrypende werk van Gerrit van Dijk, Ondulan wat elemente van godsdiens, wetenskapfiksie en fantasie saamweef in ‘n baie indrukwekkende verhaal wat sterk aanbeveel word.  Hierdie werk is regtig aangrypend en word sterk aanbeveel vir almal wat in fantastika belangstel…