Akademiese Bydraes

Die werke wat geskep word in Afrikaans is goud werd en daarsonder sou hierdie forum nie eens bestaan het nie. En danksy die noemenswaardige erfenis wat ons in hierdie veld het, is dit moontlik vir diegene wat die behoefte het, om navorsing hieromtrent te kan uitvoer.

Verder, sal Suid-Afrikaners self soms navorsing doen oor internasionale werke wat self interessant en van waarde is.

Ons lys graag bydraes wat persone in hierdie veld (“vakgebied”) gemaak het. Indien u egter bewus is van ander bydraes wat nie hier aangegee word nie, laat ons asseblief weet sodat ons hierdie bladsy op datum kan hou.

Ons beperk nie hierdie veld tot bloot wetenskapfiksie en fantasie nie maar eerder tot die fantastika in die breë.

1938Radboud Universiteit in Nijmegen deur Abel J. Coetzee vir ‘n doktorsgraad in Lettere en Wysbegeerte

Titel: Die Afrikaanse Volksgeloof

1987 – Randse Afrikaanse Universiteit deur Mimie Naudene de Vries vir ‘n MA in Afrikaans-Nederlands

TitelDie fantastiese as literêre soort, met spesifieke verwysing na die oeuvre’s van Etienne Leroux en Willem Brakman

2012Universiteit van Pretoria deur Y.F. Holden vir ‘n MA in Kreatiewe Skryfkuns

Titel: Die neerslag van enkele sprokies in geselekteerde Afrikaanse literêre tekste, met spesifieke verwysing na die teks Eenduisend-en-een grimmige nagte – Die toring met twaalf vensters

2013Universiteit van Stellenbosch deur Joan-Mari Barendse vir ‘n Ph.D.

Titel: Distopiese toekomsromans in die Afrikaanse literatuur ná 1999

2015 – Universiteit van Pretoria deur Pieter Verwey vir ‘n MA in Kreatiewe Skryfkuns

TitelSteampunk : ‘n Beskrywende studie en analise van die neerslag van die begrip op die teks Clint Eastwood van Wyk en die Moordenaarsklok

 2016 – Universiteit van Pretoria deur Carla van Wyk vir ‘n MA in toegepaste taalstudie

TitelStrategie en prosedures vir die Afrikaanse vertaling van identiteitsvormende elemente van die Nac Mac Feegle-karakters in Terry Pratchett se The Wee Free Men

2017 – Universiteit van Pretoria deur Johanna Christina Lombard vir ‘n MA in die Departement Engels

TitelA pangalactic gargle blaster of Lilliputian proportions: A comparative analysis of Jonathan Swift’s Gulliver’s Travels and Douglas Adams’s The Hitchhiker’s Guide to the Galaxy

2017 – LitNet Akademies deur Henriëtte Loubser van die Universiteit Stellenbosch se Departement Kurrikulumstudie

TitelOmgewingsdiskoers in Wetenskapfiksie vir kinders met verwysing na die Anna Atoom-reeks deur Elizabeth Wasserman

2018 – Universiteit van Suid-Afrika deur Linde Beer vir n D.Litt Et Phil in Afrikaans

Titel: “Time erases whiteness altogether”? ‘n Ondersoek na Afrikaanse tekste oor die Kongo (DRK) (1912 – 2012)

Ons wil graag dankie sê aan almal wat ook op dié wyse bydra tot die fantastiese veld van Afrikaanse fantastika…