Fantastiese Statistiek

Wanneer ‘n mens dink aan die absolute omvang van die wêreld van fantastika, slaan dit jou behoorlik dronk.  Dis só groot!

Maar, kom ons probeer tog om dinge ‘n bietjie in perspektief te stel deur dinge relatief tot mekaar te stel.

Kom ons begin by boeke.  Indien ons boeke beskou as vertrekpunt tot hierdie saak, watter gedrukte boeke het oor tyd die meeste verkoop?  Laat ons voor begin.  Die 1995 Guiness Boek van Rekords gee aan dat Die Bybel die boek is wat oor alle tye die meeste gedruk, verkoop of versprei is, en die getal wat daaraan gekoppel word is 5 miljard – d.w.s. sowat 5 000 000 000 kopieë.  Dit is voorwaar ‘n ongelooflike groot getal, wat daarop neerkom dat dit omtrent 60 Bybels is vir elke persoon wat vandag lewe op die planeet.

‘n Volgende boek vir geloof, naamlik die Koran, word aangegee as 800 miljoen kopieë – oftewel 16% van die Bybel-geval.

Maar waar lê die boeke wat ons ken in die konteks van wetenskapfiksie en fantasie?  Die boekverkope word in die volgende lys gerangskik van die toppresteerder af na kleiner getalle ondertoe…

Titel Outeur Jaar Aantal
Die Hobbit Tolkien 1937 140,6 miljoen
Harry Potter – Filosoof se klip Rowling 1997 120 miljoen
Narnia – Leeu, die heks en die hangkas Lewis 1950 85 miljoen
1984 Orwell 1949 30 miljoen
Hunger Games Collins 2008 29 miljoen
Andromeda Nebula Yefremov 1957 20 miljoen
Dune Herebert 1965 20 miljoen
Die Eindelose Storie Ende 1979 16 miljoen
Hitchhiker’s Guide to the Galaxy Adams 1979 14 miljoen
A Wrinkle in TIme L’Engle 1962 14 miljoen
The Exorcist Blatty 1971 11 miljoen

Maar hierdie is maar een van vele maniere om te kyk na die sukses van ‘n skepping binne die veld van fantastika.  ‘n Ander manier sal wees om nie na enkele boektitels te kyk nie, maar ganse wêrelde van handelsname – wat gewoonlik uit talle titels bestaan.  In die volgende lys het ons van daardie benadering gebruik gemaak.

Titel Outeur # Sedert Hoeveelheid
Harry Potter Rowling 7+ 1997 500 miljoen
Goosebumps Stine 62+ 1992 350 miljoen
Twilight Meyer 7 2005-20 160 miljoen
Star Wars Lucas + 300+ 1977 160 miljoen
Hunger Games Collins 4 2008-10 100 miljoen
Discworld Pratchett 41 1983-2015 90 miljoen
Vampire Chronicles Rice 13 1976 80 miljoen
Wheel of Time Jordan / Sanderson 15 1990-2013 80 miljoen
Magic Tree House Osborne 56 1992 70 miljoen
Left Behind LaHaye / Jenkins 16 1996-2007 65 miljoen
Earth’s Children Auel 6 1980-2011 45 miljoen
Shadowhunter Chronicles Clare 14 2007 36 miljoen
Divergent Roth 3 2011-2013 35 miljoen
Dark Tower King 8 1982-2012 30 miljoen
Three-body Problem Cixin 3 2008-2010 29 miljoen
Shannara Brooks 20 1977 26 miljoen
Sword of Truth Goodkind 12 1998 25 miljoen
Outlander Gabaldon 8 1991 25 miljoen
Sword Art Online Kawahara 27 2009 22 miljoen
Artemis Fowl Colfer 8 2001-2012 21 miljoen
Dragonlance allerlei 150+ 1984 20 miljoen
Genma Wars Hirai 20 1979-1983 20 miljoen
Slayers Kanzaka 50 1989 20 miljoen
Foundation Asimov 3 1950-1953 20 miljoen
Percy Jackson Riordan 5 2005-2009 20 miljoen
Southern Vampire Mysteries Harris 13 2001-2013 20 miljoen
Dragonriders of Pern McCafferey 23 1967 18 miljoen
Vampire Hunter D Kikuchi 17 1983 17 miljoen
Hitchhiker’s Guide Adams+ 6 1979-2008 16 miljoen
His Dark Materials Pullman 3 1995-2000 15 miljoen
Legend of Galactic Heroes Tanaka 14 1982-1989 15 miljoen
Riftwar Cycle Feist 25 1982 15 miljoen
Witcher Sapkowski 9 1990-2013 15 miljoen

Let WelTolkien se Heer van die Ringe en Herbert se Dune is weggelaat omdat die inligting nie verkry kon word nie – beide sal waarskynlik hoog in die lys verskyn.

‘n Heel ander manier om te kyk na die sukses van ‘n skepping is om te kyk in hoeveel tale dit vertaal is.  Hier volg ‘n interessante lys wat dié inligting toon…

Weereens, vir interessantheid, is boeke uit Die Bybel al is 3348 verskillende tale vertaal.  Die Koran in 114.

Maar kom ons kyk na fantastika.

Titel Outeur Jaar # Tale Oorsprong
Alice in Wonderland Carrol 1865 174 Engels
Anderson se Feëverhale Anderson 1835 129 Deens
Harry Potter Rowling 1997 80 Engels
1984 Orwell 1949 65 Engels
Heer van die Ringe Tolkien 1937 59 Engels
Narnia Lewis 1950 47 Engels
Solaris Lem 1961 42 Engels
Discworld Pratchett 1983 38 Engels
Ender’s Game Card 1985 33 Engels
Spiderwick DiTerlizzi / Black 2003 30 Engels

Op elkeen van hierdie lyste kom Harry Potter se heelal redelik hoog op die lys voor, en dit wil half lyk of dit dalk die mees suksesvolle handelsmerk kan wees.  Hou ook in gedagte dat Rowling die rekord hou vir die vinnigste verkoper met The Deathly Hallows wat 15 miljoen kopieë binne 24 uur verkoop het, wêreldwyd.  Maar voor ons gevolgtrekkings maak, kom ons kyk na die volgende.

Flieks is ‘n moeilike onderwerp, want dit word nooit uitgedruk in ‘n aantal kaartjies wat verkoop is nie, maar eerder as die bedrag geld wat dit gemaak het.  En omdat inflasie ‘n groot rol speel is dit moeilik om geld te vergelyk.  Nogtans word die volgende top-10 vir flieks aangegee in volgorde – wat wel vir inflasie gekorrigeer is

Titel Jaar Bedrag
Gone with the wind 1939 $3,7 biljoen
Avatar 2009 $3,3 biljoen
Titanic 1997 $3,1 biljoen
Star Wars 1977 $3,1 biljoen
Avengers: Endgame 2019 $2,8 biljoen
Sound of Music 1965 $2,6 biljoen
ET the Extra-Terrestrial 1982 $2,5 biljoen
Ten Commandments 1956 $2,4 biljoen
Doctor Zhivago 1965 $2,3 biljoen
Star Wars: Force Awakens 2015 $2,2 biljoen

En wat van die videospeletjies?  Dít is tog eweneens ‘n reuse industrie.  Die volgende lys gee daardie perspektief.

Hou in gedagte dat die grootste verkoper van videospeletjies Minecraft is, met 238 miljoen kopieë daarvan wat verkoop het…

Titel Uitgereik Aantal Verkope
Star Wars 1983 219 miljoen
Final Fantasy 1987 164 miljoen
Resident Evil 1996 120 miljoen
Dragon Quest 1986 83 miljoen
Halo 2001 81 miljoen
Monster Hunter 2004 78 miljoen
Borderlands 2009 72 miljoen
Dragon Ball 1986 64 miljoen
Elder Scrolls 1994 59 miljoen
Metal Gear 1987 57 miljoen
God of War 2005 51 miljoen
Diablo 1997 50 miljoen
Witcher 2007 50 miljoen
Harry Potter 2001 40 miljoen
Fallout 1997 38 miljoen
BioShock 2007 37 miljoen
Walking Dead 2012 28 miljoen
Half Life 1998 27 miljoen
Gears of War 2006 26 miljoen
Last of us 2013 24 miljoen
Batman 1986 22 miljoen
Spider-Man 1982 21 miljoen
Mass Effect 2007 20 miljoen

Nou ja.  Wat is nou eintlik die mees suksesvolle handelsmerk?

Hier is die lys.  Dit sluit ALLES in.  Boeke, flieks, speletjies, speelgoed, T-hemde, speelkaarte – wat ook al.  Wanneer álles saamgetel word, lyk die lys soos volg.

Handelsmerk Jaar 1 Universum (in $) Oorsprong
Pokémon 1996 108 biljoen Speletjie
Star Wars 1977 69 biljoen Fliek
Marvel fliek heelal 2008 36 biljoen Fliek
Harry Potter 1997 32 biljoen Boek
Transformers 1984 30 biljoen Anemasie
Spider-Man 1962 29 biljoen Strokie
Batman 1939 28 biljoen Strokie
Dragon Ball 1984 28 biljoen Mangha
Heer van die Ringe 1937 20 biljoen Boek
Yu-Gi-Oh! 1996 17 biljoen Mangha
Teenage Mutant Ninja Turtles 1984 15 biljoen Strokie
Avengers 1963 15 biljoen Anemasie
Fist of the North Star 1983 15 biljoen Mangha
Space Invaders 1978 14 biljoen Speletjie
Warcraft 1994 13 biljoen Speletjie
Honor of Kings 2015 13 biljoen Speletjie
League of Legends 2009 12 biljoen Speletjie
Neon Genesis Evangelion 1994 12 biljoen Anemasie
Final Fantasy 1987 12 biljoen Speletjie
Lineage 1998 11 biljoen Speletjie
Superman 1938 11 biljoen Strokie
Star Trek 1966 11 biljoen TV reeks
Jurassic Park 1990 9 biljoen Boek
Ben 10 2005 8 biljoen Anemasie
X-Men 1963 7 biljoen Strokie
Halo 2001 7 biljoen Speletjie
Twilight 2005 6 biljoen Boek
Hunger Games 2008 4 biljoen Boek
Terminator 1984 4 biljoen Fliek
Naruto 1999 4 biljoen Mangha
Godzilla 1954 3 biljoen Fliek
Avatar 2009 3 biljoen Fliek
Iron Man 1963 3 biljoen Strokie
Astro Boy 1952 3 biljoen Mangha
Matrix 1999 3 biljoen Fliek
Alice in Wonderland 1951 3 biljoen Anemasie
Dragon Quest 1986 3 biljoen Speletjie
Resident Evil 1996 3 biljoen Speletjie
Captain America 1941 3 biljoen Strokie
Planet of the Apes 1963 2 biljoen Boek
Thor 1962 2 biljoen Strokie
ET the Extra-Terrestrial 1982 2 biljoen Fliek
MonsterVerse 2014 2 biljoen Fliek
Men in Black 1990 2 biljoen Strokie
Incredibles 2004 2 biljoen Anemasie

Dis nie maklik om te bepaal wie ‘n wenner is nie.  As dit by geldmaak kom, wen Star Wars die kompetisie met meer as dubbel die verdienste.  Maar Pokémon skop die stof in almal se oë.

Dit bly egter moeilik om werklik te sê watter maatstaf die beste aanduiding van sukses is.  Dis ongelukkig nie moontlik om te bepaal watter handelsmerk die grootste aanhang het nie – en daarom is inkomste seker die naaste wat mens daaraan kan kom…