SF

Die werklikheid in die wêreld van wetenskapfiksie en fantasie (eintlik van die totale veld van fantastika) is dat dit grootliks in ander tale as Afrikaans beoefen word – meestal in Engels. En indien Afrifiksie beperk sal bly tot bloot Afrikaans, sal ons ‘n groot deel van hierdie veld by ons verby laat gaan sonder dat ons daaroor sal rapporteer.

Om hierdie rede is daar besluit dat Afrifiksie ook tot ‘n mate ons veld (WF+F)  in ander tale sal dek en inligting daaroor sal deel – alhoewel ons nie van ons Afrikaanse fokus en passie sal afwyk nie.

In die verlede was die verkorte aanduiding van wetenskapfiksie in Engels “Sci-Fi“. Dit het egter later verander en word selfs verwerp deur baie van die vooraanstaande praktisyns van Engelse wetenskapfiksie, wat daarop aandring dat dit eerder aangedui moet word met “SF” (vir “Science Fiction” natuurlik).

Hierdie deel van ons webwerf sal ons dus oor tyd ontwikkel om op die veld van Fantastika te fokus soos dit in ander tale as Afrikaans beoefen word. Indien jy kommentaar hieroor het hoor ons graag van jou…