WF op hoërgraad

Wie nie wonder nie, droom nie…

Die meeste van die inligting op Afrifiksie is om die Afrikaanse entoesias ‘n oorsig te gee oor die algemene wêreld van wetenskapfiksie en fantasie, en om die nuutste daaroor (veral in Afrikaans) aan die lede mee te deel.

Sekere van die aspekte wat te make het met wetenskapfiksie is egter nie van algemene belang nie, maar gaan dieper in sekere van die onderliggende teorieë en filosofieë in hierdie veld in.

In hierdie afdeling beoog ons om mettertyd materiaal daaroor saam te stel en hier te verpak vir dié wat dieper oor hierdie dinge wil wonder.

As jy die erg-nuuskierige tipe is, is hierdie dalk net vir jou – geniet dit…