Fantastiese karakters en wesens

Een van die mees fundamentele aspekte waarmee daar te doen gekry word in die wêreld van fantasie, is die ongelooflike en absoluut fantastiese wesens wat in die verhale voorkom. Om die waarheid te sê, daar is bitter min fantasie wat nie van hierdie wesens of karakters bevat nie.

En hulle kom in feitlik al die vertakkings van die fantasie voor insluitend sprokies, superhelde, werklike fantasie en selfs van tyd tot tyd in wetenskapfiksie.

Baie van die wesens het hul oorsprong in die mitologie, wat mettertyd oorgespoel het in latere stories deur moderner skrywers.

Met die koms van rekenaars en spesiale effekte het die wesens ook baie meer realisties en ryk geword in besonderhede.

In hierdie deel word daar gepoog om van die meer prominente en kleurvolle wesens te dek…