Elemente in WF

Wetenskapfiksie (WF vir kort) is voorwaar ‘n uiters wye vertakking in die reuse veld van fiksie. Dit is só wyd dat die grense daarvan nie veel beperkinge op WF as ‘n genre stel nie. Tog is daar verskeie temas of idees wat herhalend voorkom, en ons sal sekere van hierdie herhalende temas oor tyd van naderby bekyk.

Voorbeelde van sulke temas is byvoorbeeld ruimtevaart teen ‘n spoed wat vinniger is as dié van lig. En hoewel hierdie superluminale beweging in verskeie stories aangewend word, is die wyse waarop dit vermag word uiteenlopend en word baie verskillende teorieë daarvoor in die stories bespreek.

Hierdie bladsy sal oor tyd aan verskillende sulke temas aandag gee.