Reeks: Gawie Botha

deur Franz Ludick

Franz Ludick en sy vrou Sharon woon op ‘n plaas buite Montagu in die Wes-Kaap waar hy boer, handel in eiendom en houtwerk beoefen – en onlangs begin skryf het ook…

Hy sê: “Ek was 10 jaar oud toe ontwerp ek ‘n vlieënde piering. My ma het dit ernstig opgeneem maar niemand anders nie.

 

Die eerste boek in die reeks oor Gawie Botha is Gawie Botha Raak Balisties.

‘Die Sterrestelsel staan verslae’ beskryf alles! Gawie Botha was heeltemal bewus hoe om die sisteem te manipuleer en hy het dit met welslaé gedoen. Sy voorbarigheid en die aandag wat die Keiser, die Donker Mag en die Hoof van Polisie aan hom gegee het, het hom op ‘n rowwe maar opwindende pad deur sy vol lewe gevolg.
 
As ‘n klein seuntjie het Gawie die Keiser se agent Kommandant Illian ontmoet. Illian se bevele was om Gawie in die ‘Weg van die Gees’ te onderrig en hom by te staan tot hy na die volgende vlak van sy onderrig kon vorder. Gawie het deur rowwe tye in die skool gegaan en hy was ‘n regte doring in die vlees van die Prinsipaal. Terwyl hy nog in hoërskool was het hy al besluit om ‘n suksesvolle besigheidsman te word en hy het, met die hulp van sy broer en sy vriende, begin met onderhandelinge met die Planetêre Rade van die twee planete Manchuria en Murka. Gawie het besluit dat sy vragskip vloot vergroot moes word om al die besigheid te behartig wat hy gekry het, maar hy kon dit nie bekostig nie. Hy maak ‘n plan on ruimteskepe van die sterrestelsel Hesnie te skaak. Hulle het mos al van die Melkweg se skepe geskaak! Deur goeie beplanning was hy suksesvol met die skakings in Heshnie en Gawie moes na Galanta toe gaan om reëlings te tref om sy geld weg te steek, uit sig uit van die Melkweg Sterrestelsel Raad. Hy sou nooit kon verduidelik waar hy al die vondse gekry het om al die skepe to koop nie. Gawie ontmoet Alexei wie ‘n groot deel in sy toekomstige lewe sou speel. Alexei en Gawie beplan nog rooftogte in Heshnie en hulle spanwerk het goed gewerk. Gawie ontmoet agente van die onderwêreld en hy raak betrokke in ‘n donker besigheid.Na ingewikkelde en gevaarlike gebeure het Gawie die gesteelde super en splinter nuwe Andromedaanse ruimteskip aan hulle terug besorg, en hy was benoem as ‘n sterrestelsel held! Gawie ontmoet die rooihuid hoofman Bruin Beer en, soos die Keiser beveel het, verskuif hy van die rooihuide na hul eie planeet ‘Nuwe Maka’. Gawie begin met ‘n reuse onderneming om motelle ooral deur die sterrestelsel op te rig, en hierdie motelle word uiteindelik ‘veilige hawens’ vir die vloot sowel as vir die ruimterowers wat oorals besig was. Ongelukkig maak Gawie ‘n verkeerde besluit en hy word heterdaad betrap in onwettige besigheid. Die Hoof van die Aardse Polisie, wie al lank op Gawie se spoor was, was verheug en hy besluit om Gawie in ‘n vloot vragskip weg te stuur met die opdrag dat Gawie nooit weer sy voete op enige planeet mag sit nie.
 
Hoofman Bruin Beer het uiteindelik tot besef gekom wie die Keiser regtig was en daardie kennis het hom diep geskud.
 
Die tweede boek is getiteld: Gawie Botha – Ruimterower!
 
Gawie was gevange in die vloot vragskip tot ‘n ruimterower hulle aangeval en hom bevry het. Hy het by die ruimterowers aangesluit en self ook ‘n leier van die ruimterowers geword. Hy het weer kontak met sy vriende op Aarde gemaak. Toe een van sy beplande aanvalle tot die dood van sy beste vriend gely het, het hy uitmekaar geval en homself uiteindelik aan die kaptein van ‘n kruiser oorhandig.
 
Die Hoof van Polisie op die Aarde het Gawie uiteidelik vasgetrek en hom in ‘n vloot vragskip as gevange geplaas. Toe die vragskip deur ruimterowers aangeval was en Gawie bevry was het hy die kaptein van die rowerskip, Martin Loots ontmoet en hulle het beste vriende geword. Op Tortuga, waar Gawie homself gevestig het, het hy het een van die leiers van die ruimterowers geword en heelwat suksesvolle aanvalle beplan. Die aanval in die sterrestelsel Heshnie was so suksesvol dat hy en Martin besluit het om dit weer te doen, maar hierdie keer het dinge verkeerd uitgedraai en hulle moes die hasepad kies. Gawie het kontak met sy ou vriend Alexei in die Melkweg sterrestelsel gemaak en uiteindelik het die twee weer ontmoet. In die geheime vergadering op Aarde het sy vriende hom op dreef gebring van al sy besighede wat hulle in sy afwesigheid bestuur het. Gawie het sy pragtige ultra vinnige ruimteskip, die Solar Plexus, na Tortuga gebring. Die Japenese President van Tortuga, Makatura, het Gawie versoek om sy tuis planeet ‘Nga tehulp te snel deurdat hulle bedreig was deur ‘n buur planeet, Ribald. Die Ribaldese was ‘n wraaksugtige nasie wat vasbeslote was on ‘Nga te vernietig. Gawie het die hele aanval fyn beplan en met die gewillige hulp van die honderde ruimterowers met al hulle vegskepe, het hulle Ribald oorwin en heeltemal vernietig. Die rowers was verheug deurdat hulle alles op die verwoeste planeet kon buit. Die Hoof van die Aarde se Polisie asook die SGD (Sterrestelsel Geheime Diens) was vas beslote dat Gawie verantwoordelik was vir die verwoesting op Ribald en ‘n prys was op sy kop geplaas. Die Polisiehoof het hom beskryf as ‘Die Slagter van Ribald’. Gawie het weer kontak met sy dogter Lara, asook sy verliefde vriendin die pragtige reuse gewese president van Fornika in Heshnie, Eleza, gemaak en sy lewe was weer rooskleurig. Hy het op hulle versoek met die leiers van die Sjinese tuisplaneet Manchuria vergader. Hulle was met ‘n hoogs geheime projek besig om uit die Melkweg sterrestelsel asook die Heelal na die volgende Heelal te reis, en hulle wou hê dat Gawie se skepe hulle moes vergesel en ook die hele onderneming beskerm teen enige onverwagte aanvalle. Terwyl die Sjinese hulle onderneming voorberei het, het Gawie en Martin keer op keer strooptogte in Heshnie uitgevoer en dit het uiteindelik tot katastrofie gely, toe Martin se skip reg voor Gawie deur ‘n swaar kruiser tot niet geskiet was. Gawie het homself vir die verlies van sy vriend blameer en al sy vriendin Eleza asook Alexei se pogings om hom by te staan het nie gehelp nie. Gawie het probeer om homself onder beheer te hou en het ander strooptogte beplan en uitgevoer. Hy het selfs met Marood Hubool vanaf die geheimsinnige planeet Xanatanka kontak gemaak, wie hom raad gegee het, maar dit was alles tevergeefs. Gawie het ‘n gewaagde strooptog beplan maar hierdie keer het alles skeef geloop toe sy vriendin Martie hom aaan die SGD verraai het. Die hele operasie was ‘n katastrofie en baie mense was dood in die gevegte. Gawie het homself weereens vir alles blameer en al Eleza en Alexei se pogings om hom te help was tevergeefs. Gawie het uiteindelik begin sterk drank drink en het gou uitmekaar geval. Hy het ‘n ruimtekapsule geneem en reguit na ‘n swaar kruiser gevlieg, waar hy homself aan die verbaaste kaptein, wie voorheen met Gawie te doen gehad het, oorhandig. Gawie was gevonnis om vir die res van sy lewe in die tronk, Hellkatrazz op die planeet Belios, vanwaar geeneen nog ooit ontsnap het nie, gevange gehou word. Toe die Aarde se Polisie Hoof die nuus ontvang moes hulle hom toesluit toe hy skielik begin rond hardloop en Gawie se naam herhaaldelik geskreeu! 
 
Die Keiser het ag geneem van alles wat gebeur het en het die nodige voorbereidings getref vir die opkomende finale stryd met die Donker Mag. 
 
Die Donker Mag was ook bewus dat ‘n kragtige persoon besig was om voorberei te word, en dat hierdie persoon in die toekoms ‘n groot bedreiging vir hom sou wees.
 
 Met die derde boek in die reeks getiteld: Gawie Botha doen tyd
 
Gawie was na die tronk Hellkatrazz geneem. Hy beplan hoe om Hellkatrazz in ‘n suksesvolle besigheid te omskep. Gawie het uiteindelik die skurke wat ruimte myners besteel en vermoor gevind, en met die Solar Plexus het hy die skurke vernietig. Die Valgonariërs beplan om die Heshnie sterrestelsel te verower. Die Keiser raak bewus van die Donker Mag se planne en hy kommunikeer met Gawie.
 
Gawie was na die planeet Belios geneem, na die hoë sekuriteitstronk Hellkatrazz, waar hy gevonnis was om die res van sy lewe te spandeer. Hy ontmoet die Direkteur van die tronk asook sommige van die belangrike mede inwoners. Gawie beplan om die tronk Hellkatrazz asook die hele planeet Belios in ‘n hoogs suksesvolle besigheidsonderneming te omskep. Na hy met die Sterrestelsel Raad vergader het, het hy goedkeuring ontvang om sy planne in werking te stel. Gawie gaan uit op ‘n gevaarlike onderneming om sy planne te bevorder en soek die hulp van Marood Hubool vanaf Xanatanka. Na heelwat beplanning en onderhandelinge het Gawie uiteindelik kontak met sy vriende op Aarde, wat sy besighed in sy afwesigheid bestuur, gemaak. Tesame het hulle snaakse en ingewikkelde planne beraam en van hierdie planne het opgeeindig in bloedige ruimtegevegte in die Melkweg, asook in die Heshnie sterrestelsels. Gawie het uiteindelik die skurke gevind wie die ruimtemyners beroof en voor die voet vermoor het. Met sy super vinnige skip, die Solar Plexus, vernietig hy in ‘n wrede manier die skurke. Gawie het ooreenkomste met die Genots Here van Barkator aangegaan en na menige konfrontasies was hy suksesvol om die Heshnie sterrestelsel te verenig. Die Valgonariërs het groot planne beraam om Heshnie binne te val en te verower en hulle het ‘n spioen nes in die sterrestelsel gehad, maar Gawie het dit uitgevind en die spioen net uitgeroei.
 
Wat Gawie en die hele Sterrestelsel Raad onbewus van was, was dat die Donker Mag wakker geword het en dat hy sy planne in werking begin stel het, om die rebelse sterrestelsels aan te spoor om gereed te maak vir ‘n volskaalse oorlog.
 
Die Keiser van die Melkweg het bewus geraak van die Donker Mag se planne en hy maak kontak met Gawie.
 
Die verenigde sterrestelsels was in vir donker dae.
 
Ons hoop dat die vierde boek in die reeks, waarmee hy reeds besig is, spoedig sal verskyn.