Arkeense Kriewel Sasjimi

In die menasie van een van die ruimtestasies in die fliek Titan AE kry ons te doen met ‘n uitsonderlike dis – Arkeense kriewel sasjimi.  Die meeste van die werkers in die menasie smul daaraan, maar die menslike hoofkarakter hou niks daarvan nie, en sê: “ek werk hard vir my kos, is dit te veel gevra dat hulle dit eers doodmaak voor hulle dit vir my opdis?”

In die fliek lyk dit wel redelik walglik, en sou die meeste van ons waarskynlik saamstem met die mening van ons hoofkarakter.

Natuurlik is dit ‘n uitdaging vir ons om ‘n geskikte nabootsing hiervoor te vind, maar ons glo nie dat jy sal teleurgesteld sal wees met ons poging nie.

Bestanddele vir een porsie

100 gram droë udon-noedels (udon-noedels is Japannees, nie Italiaans nie)

Sojasous

2 Eetlepels olyfolie

Roketblare

Berei die noedels voor volgens die aanwysings op die pakkie.  Verwyder water deur dit deur ‘n vergiettes te dreineer.  Trek die noedels een vir een uit en lê hulle afsonderlik op ‘n droograkkie neer om af te koel.  Verf die noedels met olyfolie terwyl hulle afkoel.

Berei ‘n sopbakkie voor met ‘n bed van roketblare waarop die noedels dan geplaas word.  Sprinkel sojasous daaroor en bedien.

Bedien met oosterse eetstokkies…