Mnr. Fanie Viljoen – 2015 © Chantal Pretorius

Fanie ViljoenFanie Viljoen is op 2 Januarie 1970 in Welkom gebore, in die Vrystaat, Suid-Afrika. Fanie is die tweede kind van Thys en Beat Viljoen, het hy ʼn ouer broer, Neels (gebore in 1968) en ʼn jonger sister, Cecilia (gebore 1974) wat ook vandag ʼn skryfster is (Hartebreker-reeks).

Fanie matrikuleer in 1987 aan Hoërskool Goudveld en alhoewel hy goeie opstelle op skool geskryf het, het hy nooit gedink hy sou ʼn voltydse skrywer word nie.
Hy werk as kassier in 1988 (vir ʼn kort ruk) en sluit dan later aan by Sanlam (1990-2000) waar hy van 2000 af as opleier betrokke is.
In 1999 publiseer hy sy eerste kortverhaal in SARIE Tydskrif (Junie 1999) getiteld: Geld wat stom is. Gevolg deur verskye radiodramas waarvan: Oupa Rooijan kry ‘n girlfriend van die bekendste is.

In 2002 verwerf hy ʼn BA graad (Sosiale Wetenskappe) aan UNISA.

Fanie Viljoen is ongetroud en woon tans op Bloemfontein, in die Vrystaat, Suid-Afrika.
Oor skryf het hy die volgende te sê:

“Dit is die beste werk in die wêreld, want dit voel nie soos werk nie.”

Hy is ook lief vir kuns, teken en skilder en het al selfs van sy eie boeke geillustreer.

Fanie het in 2008 geskryf aan ʼn leesreeks vir die skole. Aan die einde van een van die boeke het die verhaal kortliks melding gemaak van VVV’s (Vreemde Vlieënde Voorwerpe). Dit het hom aan die dink gesit… Miskien moet hy ʼn hele reeks skryf wat kontak maak met die ruimtewesens.

Dit was die begin van Nova.

Die eerste weergawe (Nova: die begin.), is in 2008 Desember en Januarie 2009 geskryf. En dit is later in 2009 voltooi. Lapa Uitgewers het baie van sy boek gehou en hy het hiermee ook baie kinders se harte bly gemaak. Hy ontvang ook in 2011 die ATKV-kinderboektoekenning vir Nova: die begin. 

Nova: Eindspel (Lapa Uitgewers, 2014).

Nova EindspelIn elke spel is daar twee opponente. Elkeen dink die ander span is die vyand. Elkeen dink hy gaan wen. En as hy wen, is die titel – die mag – syne. Dis wat hier aan die gang is. Wie sal die sterkste wees? Die lig of die donker? Lucas Niemand keer terug na Nova, maar dan kom die skok. Sy vriende onthou glad nie meer van hulle ontmoetings met ruimtewesens of hulle spesiale kragte nie. Hulle weet ook nie waar Lucas al die tyd was nie – vasgevang in ʼn nagmerrieagtige donker ruimteskip waar aaklige goed met hom gebeur het nie. Die Eindspel het reeds begin, besef Lucas, maar sal hy uit die kloue van die donker ruimtewesens kan bly?
Watter geheim dra Troy in hom?
Waar kom die drie nuwe vreemde wesens (tieners) vandaan en wat wil hulle van Lucas hê?
Maar die belangrikste van al die vrae: Sal Lucas Niemand die skrikwekkende Eindspel oorleef…?

Nova: Sterreloper (Lapa Uitgewers, 2013).

Nova SterreloperLucas ken Nova-eenheid se geheime. Hy het met sy eie oë die eksperimente in die laboratoriums gesien: die monstermense, die verskrikte ruimtewesens in die tenks. En hy verstaan nou waar sy en sy vriende se spesiale kragte vandaan kom. Hulle was ook daar, in daardie laboratoriums, jare gelede.
Hulle was ook eksperimente. Al verskil is, hulle was die suksesverhale…
Maar daar is geheime wat Lucas steeds nie ontrafel het nie.
Wie is die geheimsinnige Sterreloper wat gereeld vir hom boodskappe stuur?
Wat beteken die vreemde visioen wat hy in sy broer se oë gesien het?
En waarom wil die grootkoppe van Nova-eenheid hom en sy vriende skielik met vakansie see toe stuur? Lucas vermoed dit gaan nie net ’n gewone vakansie wees nie. Dit voel asof dinge nou op ’n manier in plek begin val. Eendag sal hy dalk die groter prentjie kan sien en nie meer net die legkaartstukke nie… Is Lucas en sy vriende gereed om die grootste geheim van almal te ontdek?

Nova: Bloedbroers (Lapa Uitgewers, 2012).

Nova BloedbroersTerwyl Lucas en sy vriende probeer om Ayanda se dood te verwerk, word hulle gekonfronteer met vreemde gebeure: ’n misterieuse bol lig, so groot soos ’n rugbybal, hang in die donker buite Brandon-hulle se huis; ’n massiewe swart trok ry Nova se strate binne en verdwyn in die Hok. Die skool word ook skielik ontruim wanneer ’n vuur uitbreek en dele van die skool ontplof. Al die leerders en onderwysers soek skuiling in ’n ondergrondse bunker. Om sake te vererger vertel Lucas se ma vir hom ’n geheim… Dit keer sy hele wêreld om en hy kan nie help as om anders na homself en sy vriende te kyk nie.

Nova: Vuurdoop (Lapa Uitgewers, 2011).

2011 - NOVA VUURDOOP - Fanie ViljoenIn Nova: Die begin is Lucas en sy vriende op skrikwekkende wyse na ʼn VVV weggevoer. Hulle het ontspan en nou keer alles weer terug na normaal. Of so dink Lucas … Hulle mediese toetse wys dat alles piekfyn is, maar dan waag Lucas dit om vir sy pa te vertel wat in die VVV met hulle gebeur het: “Die aliens het ons vasgemaak op tafels, Pa. Hulle het ʼn sny in my kop gemaak … daar was bloed. Ek kon dit voel afloop teen my slape. Ek was nog nooit so bang nie.’’
Hierdie woorde gooi die volgende avontuur in hierdie wetenskapfiksie-reeks in snelrat. Die geheimsinnige Sterreloper los vir Lucas twee geskenke ʼn tipe knipmes met ʼn laserstraallem en ʼn eCom waarmee hy kan kommunikeer. ʼn Vreemde man is op Lucas se spoor en waag dit selfs in sy huis wanneer Lucas se ouers nie tuis is nie. Maar die vreemdse van alles is die skrikwekkende visioene wat Lucas onverhoeds begin teister.
Wat beteken hulle? Sal hulle ooit ophou? En sal Lucas en sy vriende hulle ruimtelike vuurdoop oorleef?

Nova: Die begin (Lapa Uitgewers, 2010).

2010 - NOVA DIE BEGIN - Fanie ViljoenIets is fout op die dorpie Nova. Watter vreemde ligte sien Lucas en die res van sy gesin een aand? En waarom is die weermag so geheimsinnig oor die projekte wat agter die hoë heinings plaasvind? Daar is ook ʼn glibberige swart ding wat Lucas in die rivier sien. Kort voor lank beleef hy, en sy vriende ʼn wilde avontuurlike vol gevaarlike raaisels.