Anna Erishkigal

Anna Erishkigal is ‘n prokureur wat fantasiefiksie skryf wat heelwat wetenskapfiksie temas bevat. Sy skryf onder haar pseudoniem omdat sy kwansuis nie wil hê dat haar skryfwerk ‘n weerspieëling moet wees van haar professionele werk nie.

Hier is haar Afrikaans-vertaalde werke wat beskikbaar is.

Die Horlosiemaker

Marae O’Conaire het baie groter probleme as die feit dat haar horlosie stiptelik 3:57 namiddag opgehou werk het. Wanneer sy haar horlosie neem vir herstelwerk, vind sy uit dat sy ‘n ongewone prys gewen het – die kans om ‘n enkele uur van haar lewe oor te leef. Maar die lot het streng reëls oor hoe die verlede beïnvloed mag word en kom met die waarskuwing dat sy niks mag doen wat ‘n paradoks in die tyd-lyn kan veroorsaak nie. Kan Marae vrede maak met die fout waaroor sy die meeste spyt in hierdie wêreld het? 

 

‘n Gotiese Kers Engel

Die Spoke van Ou Ellendes is nooit ver agter nie…

Op Ou Kersaand mik Cassie Barug haar motor op ‘n ou beuk boom af, met die hoop dat haar pyn beëindig sal word nadat haar kêrel haar afgesê het. Maar toe ‘n pragtige swart vlerk engel verskyn en vir haar sê: “Hierdie is geen vervlakste paranormale romanse nie skattebol,” besef sy die dood het nie haar probleme opgelos nie. Kan Jeremiël haar help om die spoke van haar verlede te besweer en afsluiting te vind?

 

Swaard van die Gode

Van die begin van tyd, is twee antieke teëstanders in ʼn stryd vir beheer van die aarde. Een man het opgestaan om te staan by die mensdom. ‘N soldaat wie se naam ons steeds onthou vandag…

 

Helde van Ouds


Engelagtige magte Kolonel Mikhail Mannuki’ili word wakker, noodlottig gewond, in sy skip wat neergestort het. Die vrou wat sy lewe red het vermoëns wat bekend lyk, maar met geen geheue van sy verlede, kan hy nie onthou hoekom nie!

Ninsianna se mense het profesieë van ‘n gevlekte Kampioen, ‘n swaard van die gode wat haar mense teen ‘n bose een sal verdedig. Mikhail dring aan hy is geen demi-god, maar sy geheimsinnige vermoë om dood te maak sê anders.

Intussen, in die hemele, vluister boosheid vir ‘n stuurse Prins. ‘N sterwende spesies poog om uitwissing te verhoed. En twee keisers, gevestig in hul antieke ideologieë, kan nie die groter bedreiging in hierdie sci-fantasie oorvertelling van mensdom se mees epiese verhaal oor die stryd tussen goed en kwaad, die botsing van keiserryk en ideologieë, sien nie en die grootste superheld op die aarde, die Aartsengel Mikhail.