Jan A. Schaafsma

JAN ANDRIES SCHAAFSMA

Taalpraktisyn

PERSOONLIKE BESONDERHEDE

Gebore: 11 Junie 1952, Gordonsbaai, Wes-Kaap
Addres: Disasirkel 4643, Posbus 400, Bettysbaai 7141
Telefoon: 028 272 9169
Faks: 028 272 9994
E-pos: jaschaaf@mweb.co.za

OPVOEDING

  • Laerskool Denneoord, Stellenbosch
  • Laerskool Groote Schuur, Rondebosch
  • Hoërskool Westerford, Nuweland
  • Rhodes-universiteit, Grahamstad
  • Std. 5 (1964): slaagsyfer 81%
  • Matriek (1969): Afrikaans Hoër (C), Engels Hoër (C), Wetenskap (C), Geskiedenis (C), Wiskunde (D), Aardrykskunde (D) – Gemiddeld C
  • B.A. (1973): Sielkunde I, Volkekunde I, Geskiedenis II, Engels III, Afrikaans-Nederlands III
  • B.A. (Hons.) (1974): Afrikaans-Nederlands

LOOPBAAN

PARLEMENT, 1975-1978
Dien van 1 Februarie 1975 tot 31 Junie 1978 as vertaler en komiteeklerk in die Afdeling Publieke Wetsontwerpe. Pligte sluit in die vertaling en persklaarmaak van die Parlement se daaglikse stukke (Ordelys, Notule van Verrigtinge, Vraelys) asook die proeflees van dié stukke en Wetsontwerpe. Ander pligte is onder meer die transkribering van getuienis wat voor Gekose Komitees gelewer word, asook die transkribering van verrigtinge in die Volksraad vir Hansard. Bykomende pligte is onder meer die opstel van die bladwyser vir die Notule van Verrigtinge.

HUMAN & ROUSSEAU, 1978-1987
Beklee verskeie poste van 1 Julie 1978 tot 31 Maart 1987. Dien vier jaar lank as subredakteur en proefleser, wat as ʼn goeie inleiding tot alle aspekte van die uitgewerswese dien, asook tot drukprosesse.

Dien twee jaar lank as produksiehoof. In dié pos staan ek aan die hoof van agt mense, met inbegrip van tipograwe/boekontwerpers, plaksters en ʼn setster. Pligte sluit in die skedulering van werk, skakeling met drukkers en blokmakers, beheer oor die gehalte van werk en interne skakeling tussen produksie- en redaksie-afdelings. Verkry in dié tyd ʼn goeie kennis van druk- en reproduksietegnieke.

Dien tot my vertrek as Redakteur: Spesiale Projekte, met verantwoordelikheid vir alle geïllustreerde nie-fiksietitels. Bou in dié tyd ʼn goeie verhouding met die boekklub Leserskring en bepaalde oorsese uitgewers op.

Hanteer onder meer History of Europe (3 dele) wat as loodsprojek vir setwerk van rekenaarskywe dien; Volkleurgids tot huisplante, ʼn ko-produksie met Salamander, ʼn Britse uitgewery; Huisgenoot se wenresepte 2, een van die beste verkopers in Afrikaans; en Nuwe geskiedenis van Suid-Afrika in woord en beeld, wenner van die Recht Malan-prys vir nie-fiksie in 1987 en die CNA-prys vir ontwerp in 1987 (van dié kontantprys het ek ʼn kwart ontvang).

Vertaal verskeie kinder- en jeugboeke, onder meer Vonkie by die see, Klamhout en die maskerbal, die Baasspeurder Blomkwist-reeks, Krygsheer van die melkweg, Die jagter en verskeie Richard Scarry-titels.

STRUIK, 1987-1989
Aanvaar op 1 Mei 1987 diens as Senior Redakteur in Pieter Struik se afdeling (onder die naam Struikhof Uitgewers) van dié uitgewery, met grootliks dieselfde pligte as by Human & Rousseau. Hanteer onder meer Die geïllustreerde motoriste-atlas van Suid-Afrika, wat binne tien weke ná ontvangs van die Engelse manuskrip deur alle stadiums van vertaling, set, proeflees en bladopmaak geloods is; Shipwrecks & Salvage in South Africa, die standaardwerk oor dié onderwerp; en A Portrait of Military Aviation in South Africa. Vertaal ook Die klein tuin.

VRYSKUT, 1990-
Verlaat die regstreekse diens van Struik op 31 Desember 1989 en is tans ʼn vryskut-vertaler, -redakteur en -skrywer. Ek werk met ewe veel vertroue in Afrikaans en Engels en het ook al uit Nederlands vertaal. Kliënte is of was onder meer uitgewers soos Human & Rousseau, Maskew Miller Longman, Struik, Tafelberg, Kagiso, Fernwood, Juta, Cambridge University Press en Jonathan Ball, en organisasies soos Michael Kerkhoff & Associates, die Provinsiale Administrasie: Wes-Kaap, Dilicom Taal- en Kommunikasiedienste en die Demokratiese Alliansie.

Redigeer, onder vele meer, Zambezi, River of Africa (Mike Coppinger en Jumbo Williams; Struik), Table Mountain Walks (Colin Patterson-Jones; Struik), en West Coast (Joan Schrauwen; Struik Winchester).

Vertaal meer as 180 titels, onder meer Messelwerk om die huis (Penny Swift en Janek Szymanowski; Struik), Production and Operations Management: A Practical Approach (P.W.C. de Wit en S.A. Hamersma; Southern), Keith Kirsten se tuingids vir Suid-Afrika (Keith Kirsten; Human & Rousseau), Kos wat ons ken (Magdaleen van Wyk/Pat Barton; Struik), Ou Mutual 1845-1995 (Phillida Brooke Simons; Human & Rousseau), Irma Stern: ʼn fees van kleur (Marion Arnold; Fernwood Press), Die groot geïllustreerde ensiklopedie (Dorling Kindersley/Human & Rousseau), Die kapteins (Jonathan Ball) en Die saak vir Christus (Jonathan Ball).

Stel ʼn aantal bladwysers vir Maskew Miller Longman- en Juta-titels op.

Skrywer van ʼn uitgebreide bywerking van Die Suid-Afrikaanse leerlinggids (P.G. van Rooyen/J.A. Schaafsma); Maskew Miller Longman), die verkorte weergawe van KWV 1918-1993 (D.J. van Zyl; Human & Rousseau), hoofskrywer van Speel-speel lekker slim (Rubicon/Voorsprong) en van ʼn oorspronklike afdeling van 16 bladsye oor suider-Afrika in Die groot geïllustreerde ensiklopedie (Dorling Kindersley/Human & Rousseau).

ALGEMEEN
Aan die Hoërskool Westerford was ek kaptein van die o-14b-rugbyspan, ontvang ek ʼn merietesertifikaat vir Afrikaans in std. 7, behaal ek in std. 9 derde plek in die skool se algemene kennis-kompetisie, tree ek in twee toneelstukke op, en is ek ʼn bibliotekaris en lid van die Geskiedenisvereniging.

Voltooi my diensplig in 1970 in die Administratiewe Dienskorps by 11 Kommissariaat- en Transportdepot in Wynberg.

Aan die Rhodes-universiteit dien ek in die komitees van die Seiljagklub en Bergklub en word in 1973 tot voorsitter van laasgenoemde verkies. Tree op in ʼn toneelstuk onder die regie van André P. Brink.

Neem met ʼn voormalige kollega van die Parlement deel aan Quiz RSA, ʼn vasvrawedstryd op Springbokradio wat deur Dewar McCormack aangebied is, en voltooi die maksimum toegelate 10 weke.

Voltooi in 1986 die Situasieleierskapseminaar en Spanleierseminaar van Nasionale Pers en word tydens laasgenoemde deur my groep as voorsitter aangewys.

Voltooi IMA se kopieskrywerstoets in April 1987 en ontvang uiters positiewe kommentaar daaroor.

Dien in die komitee van 9th Cape Town Scout Group, as sekretaris en ondervoorsitter van die Gemeenskapspolisieforum Kaapstad-Sentraal, en as notulehouer van die Bettysbaaise Belastingbetalersvereniging.

Skrywer, onder die skuilnaam André Jansen, van die roman Die Jerigo-krisis (1986), wat in die ATKV-kompetisie in 1987 tweede geplaas is, en Die Simson-opsie (1998), albei deur Human & Rousseau uitgegee. ʼn Derde, Dubbelspiraal, is in die beplanningstadium.

REFERENTE

  • Ben de Kock, De Kock Kommunikasie, tel 021 422 2690, e-pos ben@dkc.co.za
  • Elise Engelbrecht, Stad Kaapstad tel 021 400 3642, e-pos elise.engelbrecht@capetown.gov.za
  • Helen Zille, Premier, Wes-Kaap, tel 082 560 5493, e-pos maree@iafrica.com