Johan Kock

Johan Kock is gebore op 15 Maart 1950 in Bloemfontein.  Hy behaal ‘n B.A. graad aan die Universiteit van Pretoria in 1974, gevolg deur ‘n THOD aan die Onderwyskollege van Pretoria – en ‘n B.Ed. aan die Randse Afrikaanse Universiteit in 1977.

Gedurende die tydperk tussen 1974 en 1977 werk Johan as ‘n onderwyser by die Hoërskool Kemptonpark in Afrikaans en Noord-Sotho, en deeltyds as dosent by die Tegniese Instituut in Kemptonpark in Noort-Sotho.  In 1978 sluit hy aan by die Onderwyskollege Pretoria (NKP) en doseer Noord-Sotho in die departement Afrikaans en Afrikatale tot 1980.

In 1980 word hy ‘n dosent in die departement Afrikatale aan die Randse Afrikaanse Universiteit.  Hy behaal sy honeursgraad in 1980, ‘n meestersgraad in 1985 en ‘n Ph.D. in 1993 – almal in Afrikatale.

Uit sy pen verskyn verskeie boeke, en spesifiek twee in die veld van wetenskapfiksie, naamlik Leon Hugo: Ruimteloods in 1981 en Leon Hugo: Ruimtevegter in 1982.