Mnr. Eben van Renen – 2015 © Evert Pretorius

Eben van Renen, is ʼn Suid-Afrikaanse wetenskapfiksieskrywer.

Eben van Renen Arwantië 2953Eben van Renen is gebore op 23 Augustus 1976 in Sasolburg, die wonderlike Vrystaat van Suid Afrika. Hy martrikuleer in 1995 aan Hoërskool Table View en verwerf sy Hoër Diploma in Onderwys aan die Onderwyskollege Boland. Later verhuis hy na Kanada met sy vrou Natalie (wat hy in Engeland ontmoet het), en het in 2004 in die huwelik getree, en uit die huwelik is ʼn dogter Elsa Thula van Renen wat op 13 September 2009 gebore is. Eben van Renen en sy gesin woon tans in Campbell River, Brits-Columbië, Kanada. Eben het ook by die Universiteit van Athabsca (Kanada), in 2014 sy meestergraad voltooi in Magister in Geintegreerde Studies. En hy werk as ʼn onderwyser in Skool Distrik 72 Campbell River op Vancouver-eiland, Brits-Columbië, Kanada.

Eben van Renen se skryfwerk het al begin op ʼn jong ouderdom. Hy het heelwat artikels geskryf rondom Afrikaanse wetenskapfiksie en het in Oktober 2011, sy eerste volwaardige Afrikaanse wetenskapfiksie roman getiteld Arwantië 2953 gepubliseer wat deur die bekende skrywer Ilse Steyn (Liefde in die Ruimte: Prinses in die Ruimte), soos volg beskryf is:

“Die meeste van ons verwag van ʼn wetenskapfiksieskrywer om vir ons ʼn ander wêreld met herkenbare karakters en interessante probleme te skep. Eben van Renen het hierdie uitdaging ver oortref want hy het die wêreld en sy mense ʼn uitgebreide geskiedenis gegee, tegnologie wat so verduidelik word dat dit sin maak, ʼn hele skala aan wapens, groot probleme en ʼn onoorwinlike vyand. En hoe daardie vyand uiteindelik aangepak word is ʼn triomf vir hierdie skrywer se verbeelding en my simboliese hoed laat afhaal en ʼn diep buiging maak.”

Eben van Renen het onlangs sy tweede wetenskapfiksie roman voltooi, getiteld: Engel van die Nag.

Arwantië 2953 (Thompson Boekdrukkery, 2011)

2011 - Arwantië 2953 - Eben van RenenDit is die jaar 2953 AD… Die mensdom is verspreid oor meer as ʼn duisend planete in die bekende ruim. Een nasie moes lank wag en ver soek om hulle eie tuiste te vind. Die Arwantyne probeer ʼn bestaan maak op ʼn planeet in die misterieuse onbekende ruimte. Kobus Steyn, rekruut in die Arwantynse ruimtekorps, se drome word verpletter wanneer die Tar hulle verskyning maak. Wanneer ʼn intelligente organism, wat byna oor die hele planeet strek, hom aantas, ontaard Kobus se netjiese, gedetailleerde lewensplan in chaos. Kobus, en sy volksgenote, is gyselaars in hulle eie, verwronge wêreld, en uitgelewer aan die wreedheid en oormag van hul vyande. Kobus self steier onder die druk van sy verlies en sy eie sin vir verantwoordelikheid. Een ding is egter helder en duidelik vir die hele nasie: as Arwantyne het hulle gekom om te bly! Of het hulle?

Engel van die nag (Thompson Boekdrukkery, 2015)

2014 - Engel van die NagAnton skuil in sy kokon, weg van die pyn van sy verlies. Sy pad kruis egter met iemand wat hom die keuse aanbied:
Jou siel inruil vir die vrou en kind wat jy destyds in die motorongeluk verloor het.
Wat volg is sekerlik een van die gewelddadigste liefdesverhale in Afrikaans, een wat tussen wêrelde en werklikhede beweeg.

Nie vir sensitiewe lesers nie.