Mike Leach

Christain M. Leach (Mike) is gebore op 10 April 1945 in Pietersburg (nou Polokwane), Limpopo, Suid-Afrika. Hy matrikuleer in 1962 aan die Hoër Tegniese Skool Tom Naude in Pietersburg, en na skool werk hy as leerling tekenaar en verwerf later sy Ingenieurs Tegniese Diploma (Ingenieurs Tekene).

Mike Leach werk later by die Raadgewende Ingenieurs in Pietersburg o.a. met bewapende beton strukture en doen ook later die tekeninge vir al die staalwerke aan die nuwe regeringsgeboue in Louis Trichard.

Hy verhuis later na Secunda, en aanvaar ‘n pos by SASOL, waar hy eers as Senior Ontwerp Tekenaar begin en later bevorder word as seksie leier en eindig as siviele ingenieurs-assistent.

Daarna sit hy sy werksaamhede voort by Matimba Kragstasie in Ellisras (nou Lelalale) as Bedryfspersoneel vir 2 jaar en word later oorgeplaas na die Ingenieurs departement.

In 2000 aanvaar Mike ‘n paket en verhuis na Nelspruit. Hy werk van sy huis af as privaat tekenenaar, met heelwat projekte onder sy belt, wat vele saagmeule-aanlegte in Sabi en Graskop insluit, maar sy trotse werk nog is die hangbrug in Nelspruit se Botaniese Tuin. Hy hou hom tans besig met die teken van nuwe huisplanne, aanbouings-planne en so tussendeur groot strukture vir nuwe werkswinkels.

Mike Leach begin reeds al in 1995 skryf aan Axion (oorspronklike titel, 2Pi=360°) en voltooi sy eerste Afrikaanse Wetenskapfiksie Roman in 2015.

Publikasies:

  • Axion (Thompson Boekdrukkery, 2016)