Wetenskapfiksie Skrywers en hul Werke.

Wetenskapfiksie Skrywers en Hul Werke.

2012 © Thompson Boekdrukkery

MODULE 1 / EENHEID 3

Ons gaan nou ’n bietjie stilstaan by van die top wetenskapfiksie skrywers en van hulle werke wat van die wetenskapfiksie ʼn gewaardeerde en opregte letterkundige genre gemaak het. Die doel hiervan is om die meester van die genre aan u voor te stel, sodat u met meer gesag kan skryf en weet waar om te gaan aanklop vir raad. Alhoewel hierdie onderstaande lys die mening is van vele kenners en ondersteuners op die gebied van die wetenskapfiksie is dit geensins nie sonder kritiek nie.

Ons gaan na die volgende skrywers en hul werke kyk:

1. H.G. Wells (21/09/1866 – 13/08/1946):

  • THE TIME MACHINE (1895);
  • THE ISLAND OF DOCTOR MOREAU (1896);
  • DIE ONSIGBARE MAN (1897); en
  • THE WAR OF THE WORLDS (1898).

2. Jules Verne (08/02/1828 – 24/03/1905):

  • REIS NA DIE MIDDELPUNT VAN DIE AARDE (1864);
  • TWENTY THOUSAND LEAGUES UNDER THE Sea (1870); en
  • AROUND THE WORLD IN EIGHTY DAYS (1873).

3. Isaac Asimov (02/01/1920 – 06/04/1992):

  • THE THREE LAWS OF ROBOTICS (1942); en
  • THE FOUNDATION SERIES (1942–1993).

4. Arthur C. Clarke (16/12/1917 – 19/03/2008):

  • CHILDHOOD’S END (1953);
  • 2001: A SPACE ODYSSEY (1968); en
  • RENDEZVOUS WITH RAMA (1972).

5. Frank Herbert (8/10/1920 – 11/02/1986):

  • DUNE SAGA (1965 – 1985).

6. Robert A. Heinlein (07/07/1907 – 08/05/1988):

  • THE PUPPET MASTERS (1951);
  • STARSHIP TROOPERS (1959); en
  • THE MOON IS A HARSH MISTRESS (1966).

7. Mary Shelley (30/08/1797 – 01/02/1851):

  • FRANKENSTEIN OF THE MODERN PROMETHEUS (1818).

8. Philip K. Dick (16/12/1928 – 02/03/1982):

  • THE MAN IN THE HIGH CASTLE (1962); en
  • DO ANDROIDS DREAM OF ELECTRIC SHEEP? (1968).

9. Ursula K. Le Guin (21/10/1929 – ):

  • THE LEFT HAND OF DARKNESS (1969); en
  • THE DISPOSSESSED: AN AMBIGUOUS UTOPIA (1974).

10. Orson Scott Card (24/08/1951 – ):

  • ENDER’S GAME (1985); en
  • SPEAKER FOR THE DEAD (1986).

H.G. Wells (21/09/1866 – 13/08/1946):

M1-E3 - H.G. WellsHerbert George Wells is gebore in Bromley, Kent, Engeland op 21 September 1866. Wells is die vierde en laaste kind van Joseph Wells en sy vrou, Sarah Neal. Wells studeer aan die Morley’s Academy van 1874 tot 1880. In 1891, trou Wells met sy niggie Isabel Mary Wells en in 1894 besluit hulle om te skei toe Wells verlief raak op een van sy studente, Amy Catherine Robbins (bekend as Jane). Wells trou later in 1895 met Jane en twee seuns George Philip (geb. 1901) en Frank Richard (geb. 1903) word uit die huwelik gebore. Terwyl getroud met Jane het Wells verhoudings aangeknoop met ‘n aantal vroue, insluitend die Amerikaanse geboorte beperking aktivis Margaret Sanger en romanskrywer Elizabeth von Arnim. In 1909 het hy ‘n dogter, Anna-Jane, saam met die skrywer Amber Reeves, en in 1914, ‘n seun, Anthony West (geb.1914) saam met die skrywer en feminis Rebecca West. Wells het getroud gebly tot en met Jane se dood in 1927. Wells was ‘n diabeet en ‘n mede-stigter van die Diabetes UK in 1934. Wells sterf aan ongespesifiseerde oorsake op 13 Augustus 1946 by sy huis op 13 Hanover Terras, Regent’s Park, Londen op die ouderdom van 79. Hy is veras deur Golders Green Crematorium op 16 Augustus 1946 en sy as is uitgestrooi oor die see. ‘n Blou gedenkplaat in sy eer is te sien by sy huis in Regent’s Park.

Wells se mees noemenswaardige wetenskapfiksie werke sluit in: THE WAR OF THE WORLDS, THE TIME MACHINE, DIE ONSIGBARE MAN en THE ISLAND OF DOCTOR MOREAU.

THE TIME MACHINE (1895) se hoofkarakter is ‘n Engelse wetenskaplike en uitvinder wat woon in Richmond, Surrey, en word slegs verwys na as die Time Traveler deur die verteller. Die verteller vertel van die Tydreisiger se lesing aan sy gaste, by sy weeklikse aandete, dat tyd slegs ʼn vierde demensie is en hy gee ʼn demonstrasie deur ʼn tafel-model van die masjien deur tyd te stuur. Hy onthul ook dat hy ‘n groter masjien het wat in staat is om ʼn mens deur tyd te stuur, en dat hy deur tyd sal beweeg en sy gaste die komende week weer vir aandete sal ontmoet om hulle van sy merkwaardige verhaal te vertel, waar die die Tydreisiger die nuwe verteller word. Die verhaal weerspieël Wells se eie sosialistiese politieke sienings en sy blik op die lewe en oorvloed en die hedendaagse angs oor arbeidsverhoudinge.

THE ISLAND OF DOCTOR MOREAU (1896) is die verhaal van Edward Prendick, ‘n man wat skipbreuk ly en gered word deur ‘n verbygaande boot wat hom op die eiland van Dokter Moreau, wat mensagtige wesens skep van diere via viviseksie, aflaai. Die roman handel oor ‘n aantal van die filosofiese temas, insluitend pyn en wreedheid, morele verantwoordelikheid, menslike identiteit en menslike inmenging met die natuur. Ten tyde van die roman se publikasie was daar groeiende bespreking in Europa met betrekking tot die agteruitgang en viviseksie op diere.

DIE ONSIGBARE MAN (1897) [vertaal deur J. Kromhout] is Griffin, ‘n wetenskaplike wat homself toewy aan die navorsing in optika wat ʼn manier ontdek om die liggaam se brekingsindeks te verander na dié van lug sodat dit lig kan absorbeer en weerkaats om ʼn mens onsigbaar te maak. Hy oefen die prosedure suksesvol op homself uit, maar sukkel om die proses om te keer. Sy lot word bekend toe hy poog om die hulp van ‘n voormalige kennis in te roep – hy word verraai. So Griffin besluit om sy verraaier te vermoor en ‘n pad van verwoesting te saai. Terwyl THE TIME MACHINE en THE ISLAND OF DOCTOR Moreau geskryf is in die eerste persoon vertelling gebruik Wells die derde persoons vertelling vir DIE ONSIGBARE MAN.

THE WAR OF THE WORLDS (1898) is die eerste persoon vertelling van ‘n naamlose hoofkarakter en sy broer se avonture in Surrey en Londen as die aarde binnegeval word deur Marsmanne. Dit is een van die vroegste stories wat die konflik tussen die mens en ‘n buiteaards ras aanspreek. Die roman is een van die mees bespreekte werke in die wetenskapfiksie. Die intrige is verwant aan die inval literatuur van die tyd. Die roman is onder andere al geïnterpreteer as ‘n kommentaar op evolusionêre teorie, die Britse imperialisme, en in die algemeen Victoriaanse bygelowe, vrese en vooroordele. THE WAR OF THE WORLDS was nog nooit uit druk uit nie.

Jules Verne (08/02/1828 – 24/03/1905):

M1-E3 - Jules VerneJules Verne is gebore op 8 Februarie 1828 op Île Feydeau, ‘n klein eiland in die dorp van Nantes, in nommer 4 Rue Olivier-de-Clisson. Verne was die eersgeborene van Pierre Verne (‘n prokureur) en Sophie Allote de la Fuÿe en die oudste van vyf kinders. In 1834, op die ouderdom van ses, word Verne gestuur na ʼn kosskool op 5 Place du Bouffay in Nantes. In 1836, sit Verne sy studies voort aan die École Saint-Stanislas, ‘n Katolieke skool op die aandrang van sy godsdienstige vader. In Julie 1848 reis Verne na Parys, waar sy pa hoop, dat hy sy studies in die regte kan voltooi en later kan praktiseer as ʼn prokureur. Verne trou op 10 Januarie 1857 met Honorine de Viane Morel, ʼn weduwee van ses en twintig en met twee kinders. In 1862 ontmoet Verne die uitgewer Pierre-Jules Hetzel. Verne lê een van sy werke, voor vir puplikasie en nadat Verne al Hetzel se voorstelle en verbeterings na twee weke afgehandel het publiseer Hetzel, FIVE WEEKS IN A BALLOON op 31 Januarie 1863. Op 9 Maart 1886 skiet Verne se neef Gatson hom twee keer, die eerste koeël was mis maar die tweede een tref sy linkerbeen, en daarna het Verne permanente mank geloop. In 1888, word Verne verkies as stadsraadslid van Amiens. Vernes, siek met diabetes, sterf op 24 Maart 1905 op die ouderdom van 77 by sy huis, 44 Boulevard Longueville (nou Boulevard Jules-Verne).

Verne se mees noemenswaardige wetenskapfiksie werke sluit in: REIS NA DIE MIDDELPUNT VAN DIE AARDE, TWENTY THOUSAND LEAGUES UNDER THE SEA, en AROUND THE WORLD IN EIGHTY DAYS.

REIS NA DIE MIDDELPUNT VAN DIE AARDE (1864) [vertaal deur Leon Rousseau] is die storie oor ‘n Duitse professor Otto Lidenbrock wat glo dat daar vulkaniese buise is wat na die middelpunt van die aarde lei. Hy, sy neef Axel, en hul gids Hans klim af met die Yslandse vulkaan Snæfellsjökull se buis waar hulle ʼn prehistoriese wêreld ontdek en groot gevare moet ontbeer voordat hulle weer na die oppervlak vlug wat hulle in die suide van Italië, by die Stromboli vulkaan uitbring. Uit ‘n wetenskaplike oogpunt, het hierdie storie nie heeltemal so goed verouderd soos ander Verne stories nie, aangesien die meeste van sy idees oor die holaarde sedertdien verkeerd bewys is.

20,000 MYL ONDER DIE SEE (1870) [vertaal deur Hans & Bep Rompel] begin met ‘n geheimsinnige seemonster wat deur skepe opgemerk word. Die Verenigde State stuur ‘n ekspedisie om die seemonster op te spoor en te vernietig. Professor Pierre Aronnax, ‘n Franse mariene bioloog en die verteller van die verhaal word saam met sy assistent Conseil en ʼn Kanadese harpoen meester Ned Land genooi om by die ekspedisie aan te sluit. Wanneer hulle die seemonster vind en dit aanval word die skip se roede beskadig en tydens die geveg word die drie hoofkarakters oorboord gegooi. Hulle bevind hulself op die seemonster en kom gou agter dat dit nie ʼn dier is nie maar ʼn metaalagtige konstruksie. Hulle word gevang en na die binnekant van die duikboot, Nautilus, geneem en ontmoet sy raaiselagtige eienaar en bevelvoerder, Kaptein Nemo. Die res van die storie volg die avonture van die hoofkarakters aan boord die Nautilus wat in die geheim gebou is en nou vry van land-gebaseerde regerings in die see ronddwaal.

AROUND THE WORLD IN EIGHTY DAYS (1873) begin in Londen op Dinsdag 1 Oktober, 1872. Fogg is ‘n ryk Engelse heer wat as oujongkêrel in afsondering lewe in nommer 7 Savile Row, Burlington Gardens. Ten spyte van sy rykdom word Fogg se lewenstyl beskryf as “passief” en beskeie met gewoontes wat met wiskundige akkuraatheid uitgevoer word. Baie min kan gesê word oor sy sosiale lewe anders as dat hy ʼn lid is van die Reform Club. Later daardie dag, in die Klub raak Fogg betrokke in ‘n argument oor ‘n artikel in The Daily Telegraph, wat beweer dat met die opening van ‘n nuwe spoorlyn in Indië, dit nou moontlik is om om die wêreld te reis in 80 dae. Hy aanvaar ‘n weddenskap vir £20,000 van sy mede-lede van die klub, wat hy sal ontvang as hy rondom die wêreld kan reis in 80 dae. Vergesel deur Passepartout, verlaat hy Londen op die 08:45 trein op Woensdag 2 Oktober, 1872 en moet oor 80 dae op dieselfde tyd terug wees by die Klub op Saterdag, 21 Desember, 1872.

Isaac Asimov (02/01/1920 – 06/04/1992):

M1-E3 - Isaac AsimovIsaak Yudovich Ozimove(Исаак Юдович Озимов)is gebore tussen 4 Oktober 1919 en 2 Januarie 1920 in Petrovichi in die Russiese Sowjet Sosialistiese Federale Republiek en die oudste van drie kinders van Anna Rachel Berman en Juda Asimov en alhoewel Asimov se presiese geboorte datum onbekend is het Asimov dit gevier op 2 Januarie. Sy familie emigreer na die Verenigde State van Amerika toe hy drie jaar oud was en sy familie open ‘n reeks lekkergoedwinkels waar almal in die gesin verplig was om in die winkels te werk. Asimov begin op ʼn jong ouderdom wetenskapfiksie tydskrifte te lees maar sy pa het hom dit verbied omdat hy geglo het dit was gemors, maar Asimov oortuig hom dat die woord “wetenskap” in die titel van wetenskapfiksie opvoedkundige waarde het. Rondom die ouderdom van elf, het hy begin om sy eie stories te skryf, en rondom die ouderdom van negentien begin hy van sy stories aan wetenskapfiksie tydskrifte te verkoop. Asimov studeer aan die Boys High School en voltooi sy studies op die ouderdom van 15. Daarna gaan studeer hy aan die Seth Low Junior College en nadat dit gesluit het in 1938, voltooi Asimov sy BS-graad aan die University Extension (later die Columbia University School of General Studies) in 1939. Asimov voltooi sy MA in chemie in 1941 en verdien ‘n PhD in biochemie in 1948. Gedurende die Tweede Wêreldoorlog werk Asimov vir drie jaar as ‘n burger by die Philadelphia Navy Yard se Naval Air Experimental Station.

Op 26 Julie 1942 trou Asimov met Gertrude Blugerman en twee kinders, David (geb. 1951) en Robyn Joan (geb. 1955) word uit die huwelik gebore. In 1973, twee weke ná sy egskeiding met Gertrude, trou Asimov met Janet O. Jeppson en verhuis terug na New York, waar hy en Janet bly tot en met sy dood op 6 April 1992.

Asimov se mees blywende bydraes tot die wetenskapfiksie sluit in sy Die Drie Wette van Robotika en die FOUNDATION Series.

Die Drie Wette van Robotika is bekendgestel in Asimov se 1942 kortverhaal getiteld RUNAROUND:
1.  
ʼn Robot mag nie ʼn mens beseer of, deur gebrek aan, toelaat dat ʼn mens iets oorkom nie.
2. 
‘n Robot moet ten alle tye die bevele van ʼn mens gehoorsaam, behalwe waar sodanige bevele in konflik is met die Eerste Wet.
3. 
‘n Robot moet sy eie bestaan beskerm solank sy beskerming nie teenstrydig is met die Eerste of Tweede wette nie.

THE FOUNDATION SERIES (1942–1993):

  • PRELUDE TO FOUNDATION (1988): Begin op die planeet Trantor, na Hari Seldon sy toespraak gelewer het.
  • FORWARD THE FOUNDATION (1993): Seldon het psigogeskiedenis bemeester en pas dit toe.
  • FOUNDATION (1951): Seldon verduidelik dat psigogeskiedenis die val van die galaktiese ryk voorspel het.
  • FOUNDATION AND EMPIRE (1952): Die huidige keiser van die Melkweg sien die Stigting as ‘n groeiende bedreiging en beveel dat die Stigting vernietig word.
  • SECOND FOUNDATION (1953): As die Muil nader aan die Tweede Stigting kom, is die geheimsinnige Tweede Stigting gedwing om uit hul wegkruipplek te kom om die Muil aan te vat.
  • FOUNDATION’S EDGE (1982): Glo dat die Tweede Stigting nog bestaan ontvang Golan Trevize opdrag van die huidige burgemeester van die Stigting, Harla Branno, om die groep uit te sniffel met die hulp die van Janov Pelorat.
  • FOUNDATION AND EARTH (1986): Nog steeds onseker oor sy besluit sit Trevize sy soektog voort na die Aarde saam met Pelorat en ‘n plaaslike van Gaia, wat bekend staan as Bliss.

Arthur C. Clarke (16/12/1917 – 19/03/2008):

M1-E3 - Arthur C. ClarkeSir Arthur Charles Clarke is gebore op 16 Desember 1917, in Minehead, Somerset, Engeland. Hy word groot op ʼn plaas waar hy saans na die sterre gekyk het en ou Amerikaanse wetenskapfiksie tydskrifte gelees het. Tydens die Tweede Wêreldoorlog was hy ʼn Radar Spesialis in die Royal Air Force. Van 1946 tot en met 1947 en later weer in 1951 tot en met 1953 was Clarke die voorsitter van die Britse Interplanetêre Vereniging. Op ʼn reis na Florida in 1953 ontmoet Clarke Marilyn Mayfield, ‘n 22-jarige Amerikaanse geskeide vrou met ‘n jong seun. Clarke en Marilyn trou in dieselfde jaar nog, maar na ses maande is hulle twee permanent uitmekaar, alhoewel die egskeiding eers in 1964 gefinaliseer is. In 1986 word hy aangewys as ‘n Grand Master deur die wetenskapfiksie skrywers van Amerika. In 1988 word hy gediagnoseer met post-polio sindroom, waar hy reeds in 1962 polio opgedoen het. Hy dien vanaf 1989 tot en met 2004 as die eerste kanselier van die International Space University. Clarke sterf in Sri Lanka op 19 Maart 2008 na die lyding van respiratoriese versaking as gevolg van post-polio sindroom.

Clarke se mees noemenswaardige wetenskapfiksie werke sluit in: CHILDHOOD’S END, 2001: A SPACE ODYSSEY; en RENDEZVOUS WITH RAMA.

CHILDHOOD’S END (1953) Handel oor die Verenigde State en die Sowjet-Unie wat besig is met ʼn ruimte-wedloop. Hulle staak alle pogings wanneer groot vreemde ruimtetuie hulself bo die aarde se vernaamste stede posisioneer. Na ‘n week, kondig die vreemdelinge aan dat hulle gekom het om toesig te hou oor die mensdom. Hulle meng egter net twee keer in: in Suid-Afrika, waar ʼn tyd voor hulle aankoms Apartheid ontbind is en nou vervang is met die wrede vervolging van die wit minderheid, en in Spanje, waar hulle ‘n einde bring aan die bul gevegte. Vyf dekades ná hul aankoms verskyn die Toesighouers vir die eerste keer en het groot dierhoewe vir voete, leeragtige vlerke, horings en ʼn stert. Sestig jaar na die aankoms van die Toesighouers begin van die menslike kinders, insluitend die Greggsons, telekinetiese magte ontwikkel. Karellen onthul egter later die Toesighouers se “doel”; as dienaars van die Overmind, ‘n groot kosmiese intelligensie wat gebore is uit die samesmelting van antieke beskawings en wat vry is van materialistiese beperkings, optree.

2001: A SPACE ODYSSEY (1968) In die jaar 1999, neem Dr Heywood Floyd ʼn reis na Clavius Base op die maan. ʼn Vooraanstaande wetenskaplike verduidelik aan Floyd dat hulle ‘n magnetiese versteuring in Tycho, een van die maan se kraters, wat aangewys is Tycho Magnetic Anomaly One of TMA-1 gevind het. Na uitgrawings ontdek hulle ʼn swart blok met die presiese verhouding van 01:04:09 – dit wil sê, die dikte van die blok is presies 1/4 van sy breedte en 1/9 van sy hoogte wat beteken dat dit nie ʼn natuurlike verskynsel is nie. Dit is die eerste bewys vir die bestaan van buiteaardse intelligente lewe. Toe sonlig vir die eerste keer in drie miljoen jaar op die swart blok skyn begin dit radio-seine uitstuur na die verste uithoeke van die sonnestelsel. Die sein word nagespoor tot by Japetus (Iapetus), een van Saturnus se mane, waar daar dadelik beplan word om ‘n ekspedisie te stuur om dit te gaan ondersoek.

RENDEZVOUS WITH RAMA (1972) Na ‘n groot ramp wat veroorsaak is deur ‘n meteoriet wat in 2077 in Oos-Italië geval het besluit die Wêreldregering om ʼn vroeë waarskuwing stelsel, Ruimtewag, op die been te kry. Rama in die titel is ‘n vreemde sterreskip, wat aanvanklik vir ‘n asteroïde (31/439) aangesien is. Dit word waargeneem deur sterrekundiges in die jaar 2130, terwyl dit nog naby Jupiter is. Die voorwerp se spoed van 100,000 km/h en die hoek van sy trajek word dit duidelik dat dit nie om ons son gaan beweeg nie. Sterrekundiges se belangstelling word verder geprikkel toe hulle besef dat hierdie asteroïde ʼn rotasie tydperk van 4 minute nie klop met sy buitengewone grootte nie. ‘n onbemande ruimtepeiler, Sita, word vanaf Phobos, een van Mars se mane gelanseer om foto’s van die voorwerp te neem. Die gevolglike beelde wat geneem is tydens sy verbyvlug onthul dat Rama ‘n perfekte silinder is van 20 kilometer in deursnee en 54 kilometer lank, gemaak van ‘n heeltemal vreemde materiaal, wat dit die mensdom se eerste ontmoeting is met ‘n vreemde ruimteskip.

Frank Herbert (8/101920 – 11/02/1986):

M1-E3 - Frank HerbertFrank Herbert is geboreop 8 Oktober1920,inTacoma, Washington, en die seun van Frank Patrick Herbert Sr. en Eileen McCarthy. In 1938, as gevolg vanswakhuislike omstandighede,loop Herbert weg van die huis af en gaan woon by sy oom en tanteinSalem, Oregon. Hy voltooi sy skoolloopbaan aan Salem High School (nou North Salem High School), in 1939. In 1940 trou Herbert met FloraParkinsoninSanPedro, Kalifornië en ʼn dogter, Penny, word op 16 Februarie 1942 gebore, maar in 1945 skei Herbert van Flora.Na die Tweede Wêreldoorlog studeer Herbert aan die Universiteit van Washington, waar hy Beverly Ann Stuart ontmoet, met wie hy later in Seattle, Washington op 20 Junie 1946 trou. Twee seuns, Brian Patrick (geb. 29 Junie 1947) en Bruce Calvyn (geb. 26 Junie 1951) is later uit die huwelik gebore. Herbert het alreeds in 1959 begin met DUNE en na ses jaar van navorsing is DUNE voltooi en gepubliseer. DUNE was nie onmiddellik ‘n topverkoper nie. In 1972 bedank Herbert as koerantskrywer en begin om voltyds te skryf. Beverly Herbert sterf op 7 Februarie1984, en in 1985 trou Herbert met Theresa Shackleford. Herbert sterf op 11 Februarie 1986, op die ouderdom van 65, van ‘n massiewe pulmonale embolisme, terwyl hy herstel het van chirurgie vir pankreas kanker.

Herbert se mees noemenswaardige wetenskapfiksie werk en wat vandag beskou word as die beste wetenskapfiksie ooit is sy DUNE Saga.

  • DUNE (1965): Padisjah Keiser Shaddam IV van die Huis Corrino dra die beheer van die winsgewende spesery-mynbedrewighede op Arrakis oor aan Hertog Leto Atreides. Hoewel Leto en sy adviseurs vermoed dat hulle in ʼn lokval gelei word is dit nog steeds ‘n geleentheid vir Huis Atreides om mag en rykdom te bekom – en polities kan Leto nie weier nie. Die Keiser voel bedreig deur Leto se groeiende gewildheid en is nie in staat om ‘n openlike aanval op ‘n enkele huis te waag sonder ‘n teenreaksie van die Landraad nie. Die Keiser probeer om Huis Harkonnen te gebruik om sy aanval te verdoesel, maar Leto se seun Paul Atreides is deel van die kinders van die Gesserit se geheime, eeue-oue teelprogram wat hom besonderse magte gee wat Huis Harkonnen se pogings om Huis Atreides te vernietig in die wiele ry.
  • DUNE MESSIAH (1969): Paul “Muad’Dib” Atreides regeer as keiser. Deur sy aanvaarding as die Uitverkorene van die Fremen, het Paul ʼn jihad ontketen wat die meeste van die bekende heelal verower het. Terwyl Paul die magtigste keiser ooit is, is hy magteloos om die dodelike vergrype van die godsdienstige aanval wat hy geskep het stop te sit.
  • CHILDREN OF DUNE (1976): Nege jaar na Keiser Paul Muad’dib die woestyn in gestap het en die ekologiese transformasie van Dune ʼn punt bereik het waar sommige Fremen kan leef sonder stilpakke, word die ou gewoontes verwaarloos en meer en meer pelgrims stroom na Dune en is die Landraad magteloos om die Jihad te beheer.
  • GOD EMPEROR OF DUNE (1981):Leto II verander in ‘n monster, ʼn sandwurm, van die woestyn, wat die ekologie van die planeet Arrakis vir eeue sal oorheers. Leto is ook op die Goue Weg om die enkele entiteit wat die mensdom se veiligheid bedreig te vernietiging, al beteken dit ook dat hy sal moet sterf.
  • HERETICS OF DUNE (1984): Keiser Leto Atreides II het daarin geslaag om die mensdom se voortbestaan te verseker. Nou na sy dood is diegene teen wie hy baklei het op pad terug. Die Kinders van Gesserit word gekonfronteer met ‘n keuse: hou aan met die tradisionele rol van die verborge manipuleerders wat die mensdom se vooruitgang lei terwyl hulle vir hul eie oorlewing veg, of aanvaar die Goue Weg.
  • CHAPTERHOUSE: DUNE (1985): Die Kinders van Gesserit bevraagteken nogsteeds die Goue Weg van die mensdom. Nou moet hulle die Geëerde Matres, se roekelose verowering van die Ou Ryk oorleef wat die Kinders van Gesserit se voorbestaan bedreig. Die susters moet hulle tydlose metodes herevalueer: word oorlewing hoër gestel as berekende manipulasie? Is daar ‘n groter doel in die lewe as gekonsolideerde mag?

Robert A. Heinlein (07/07/1907 – 08/05/1988):

M1-E3 - Robert A. HeinleinRobert Anson Heinlein is gebore op 7 Julie 1907 in Butler, Missouri, in die VSA en is die seun van Rex Ivar Heinlein (‘n rekenmeester) en Bam Lyle Heinlein.

In 1929 studeer en gradueer Heinlein aan die United States Naval Academy in Annapolis, en werk as ‘n beampte in die United States Navy, en trou met Elinor Curry van Kansas City in Los Angeles in dieselfde jaar, maar skei sowat ‘n jaar later. Hy trou in 1932 met Leslyn MacDonald maar skei 15 jaar later op 21 Oktober 1947 en trou die volgende jaar met Virginia “Ginny” Gerstenfeld, aan wie hy trou bly tot en met sy dood veertig jaar later. Kort daarna verhuis Heinlein en Virginia na Colorado, maar in 1965 weens Virginia se gesondheid verhuis hulle na Santa Cruz, terwyl hulle nog besig was om hulle nuwe huis te bou aangrensend Bonny Doon in Kalifornië. Aan die begin van 1970, word Heinlein getakel deur ‘n reeks gesondheidsprobleme, en terwyl hy op vakansie in Tahiti in die vroeë 1978 kry hy ʼn transient ischemic aanval. Gevra om te verskyn voor ‘n gesamentlike komitee van die Amerikaanse Huis en die Senaat in daardie selfde jaar, het hy getuig op sy oortuiging dat die byprodukte van ruimte-tegnologie die siekes en omstandighede van bejaardes kan help en dat dit voorkeur moet geniet. Heinlein sterf in sy slaap van emfiseem en hartversaking op 8 Mei 1988 op die ouderdom van 80.

Heinlein se mees noemenswaardige wetenskapfiksie werke sluit in: THE PUPPET MASTERS, STARSHIP TROOPERS en THE MOON IS A HARSH MISTRESS.

STARSHIP TROOPERS (1959) vind plaas in die middel van ‘n interstellêre oorlog tussen die Terran Federasie van die aarde en die Arachnids (verwys na as “The Bugs”) van Klendathu. Dit is ʼn vertelling as ‘n reeks terugflitse deur Juan Rico, en is slegs een van ‘n paar van Heinlein se romans wat geskryf in hierdie styl. Die roman open met Rico aan boord van die trosskip Rodger Young, en is deel van ʼn peloton wat bekend staan as “Rasczak’s Roughnecks” om te begin met ‘n inval op die planeet van die “Skinnies”, wat bondgenote is van die Arachnids. Ons leer dat hy ‘n kap(sule) soldaat is in die Terran Federasie se Mobile Infantry. Die klopjag self, een van die min gevalle van werklike gevegte in die roman, is relatief kort: die Roughnecks land op die planeet, vernietig hul teikens, en verlaat die planeet met slegs een enkele slagoffer, Dizzy Flores, wat sterf aan sy wonde op pad terug.

THE MOON IS A HARSH MISTRESS (1966): In 2075, is ondergrondse kolonies versprei oor die Maan (Luna), van wie die meeste inwoners (die sogenaamde “loonies”) misdadigers, politieke uitgewekenes, of die nageslag van hierdie kriminele is. Die totale bevolking is sowat drie miljoen en met twee mans vir elke vrou is poliandrie die norm. Hoewel die aarde se beskermer van die Lunar kolonies (bekend as die “Warden”) die mag het, is daar in die praktyk min ingryping op die los Lunar samelewing. HOLMES IV (Hoë-opsioneel, Logiese, Multi-Evaluering Super-opsigter, Mark IV”) is die Lunar Owerheid se meester-rekenaar, wat byna die totale beheer van Luna se masjinerie beheer, op grond daarvan dat ‘n enkele rekenaar goedkoper is as verskeie onafhanklike stelsels. Die verhaal word vertel deur Manuel Garcia “Mannie” O’Kelly-Davis, ‘n rekenaartegnikus wat ontdek dat HOLMES IV self-bewustheid bereik het en ‘n sin vir humor ontwikkel het.

THE PUPPET MASTERS (1951): Sam, is ‘n agent van “Section”, ‘n geheime intelligensie organisasie van die Verenigde State. Ontbied deur die “Old Man”, om die landing van ‘n vlieënde piering en die verdwyning van ander agente wat nie terug gerapporteer nie, in Grinnell, Iowa, te gaan ondersoek. Saam met hulle is die pragtige agent Mary. In Iowa, ontdek hulle dat die mense oorgeneem en beheer word deur afstootlike, slakagtige wesens wat hulleself, aan die rug, net onder die nek, van hulle slagoffers heg. Hulle slaag daarin om een van die slakke te “ontkoppel” van sy gasheer, en neem dit terug na die hoofkantoor in Washington. Teen die tyd dat hulle daar opdaag vind hulle slegs die stinkende oorblyfsels van die slak en hulle slaag nie daarin om die President te oortuig dat die aarde ingeval word nie. Sam lei ‘n klein span terug na Iowa waar hulle per ongeluk daarin slaag om ‘n lewendige slak te kry, toe een van die agente “hagridden” word sonder dat hulle dit besef.

Mary Shelley (30/08/1797 – 01/02/1851):

M1-E3 - Mary ShelleyMary Wollstonecraft Godwin (Shelley) is gebore in Somers Town, Londen, op 30 Augustus 1797. Sy was die tweede kind van die feministiese filosoof, onderwyser en skrywer Mary Wollstonecraft, en die eerste kind van die filosoof, skrywer en joernalis William Godwin. Alhoewel Mary Godwin min formele onderrig ontvang het, het sy wel ʼn goewernante gehad en in 1811 was sy vir ses maande in ‘n kosskool in Ramsgate. Op 26 Junie 1814 verklaar Mary haar liefde vir Percy Bysshe Shelley, wat op daardie stadium nog getroud was met Harriet wat twee kinders met haar gehad het. Percyen Mary is later op 30 Desember 1816 getroud na die selfmoord van Harriet. In Mei 1816, het Mary Godwin, Percy Shelley, Claire Clairmont, Lord Byronensy jongdokterJohn William Polidori ‘n Villana by Lake Geneva gehuur. Hulle het hul tyd verdryf met skryf, lees, roei op die meer, en tot laat in die aande gesels. Een van die onderwerpe een aand het gehandel oor die eksperimente van die 18de eeuse natuur filosoof en digter Erasmus Darwin, wat blykbaar geanimeerde dooie materie weer laat leef het, en so was die haalbaarheid van die terugkeer na lewe van ‘n lyk of liggaamsdele bespreek. Na die lees van Germaanse spookstories het Lord Byron voorgestel dat hulle elkeen hul eie bonatuurlike verhaal skryf. Kort daarna, in ‘n dagdroom, het Mary Godwin se idee vir Frankenstein begin vorm aanneem. Mary Shelley sterf op 1 Februarie 1851 by die Chester Square op die ouderdom van 53 uit wat haar dokter vermoed was ‘n gewas op die brein.

Mary Shelley se mees noemenswaardige bydrae tot die wetenskapfiksie is: FRANKENSTEIN, of THE MODERN PROMETHEUS.

FRANKENSTEIN (1818): Die roman Frankenstein is geskryf in ʼn brief vorm, en is die kommunikasie tussen Kaptein Robert Walton en sy suster, Margaret Walton Saville. Robert Walton is ‘n mislukte skrywer wat op ʼn verkenningstog na die Noordpool reis om sy wetenskaplike kennis uit te brei in die hoop om sodoende roem te verwerf. Tydens die reis sien die bemanning ʼn reuse-figuur wat met ʼn slee oor die verlate ys beweeg. ʼn Paar uur later, red hulle ‘n uitgeteerde en byna bevrore man met die naam Victor Frankenstein. Frankenstein herstel vinnig en merk dadelik in Walton op dieselfde ambisieuse doelwitte as wat hy as ʼn jongman gekoester het en begin dadelik om sy ellendige lewensverhaal, as waarskuwing, aan Walton te vertel.

Victor begin om Walton te vertel van sy kinderjare. Gebore in ‘n ryk familie in Genève, is hy aangemoedig om ‘n beter begrip van die wêreld rondom hom te kry deur die wetenskap te bestudeer. Toe hy ʼn weerligstraal sien wat ʼn eikeboom in twee skeur is hy geïnspireer om die krag van weerlig in te span. Op universiteit blink hy uit op die gebied van chemie en ander wetenskappe, en ontwikkel so later ‘n geheime tegniek om lewelose liggame weer lewendig te maak. Victor gebruik liggaamsdele van dooie mense om een van sy eie aanmekaar te werk en gebruik ʼn weerligstraal om dit op te wek.

Na die ontwaking van sy skepping is Victor dadelik gewalg deur sy handewerk dat hy weghardloop en die monster daar alleen los. Hopeloos en hartseer van verwerping verdwyn die monster. Geteister deur sy gewete en selfverwyt gaan soek Victor vrede in die berge. Die monster vind later vir Victor om sy eie hartseer verhaal te vertel. Die Monster vertel van sy ontmoetings en ervaringe met mense, waar hy, by die DeLacey’s, geleer het om te praat en te lees en sy groeiende liefde vir hulle. Die monster sluit sy storie af om Victor te vra om vir hom ʼn vroulike metgesel te skep soos hyself. Uit vrees vir sy gesin, stem Victor in en reis na Engeland om sy werk te begin. Op pad na Engeland vermoed Victor dat die monster hom agtervolg. Op die Orkney-eilande begin Victor aan die tweede wese werk maar raak vreesbevange by die gedagte dat die twee van hulle ʼn hele geslag monsters sal kan teel en die mensdom uitroei. Hy vernietig dan die onvoltooide vroulike wese terwyl die monster, deur die venster sien wat Victor doen. Uit weerwraak vermoor die monster Victor se vrou, Elizabeth. Geteister deur die dood van William, Justine, Clerval, en nou Elizabeth, streef Victor daarna om die monster self te vernietig en sit hom agterna na die Noordpool, maar slaag nie daarin om hom dood te maak nie.

Philip K. Dick (16/12/1928 – 02/03/1982):

M1-E3 - Philip K. DickPhilip Kindred Dick en sy tweeling suster, Jane Charlotte Dick (wat later gesterf het op 26 Januarie 1929), gebore op 16 Desember 1928 ses weke te vroeg, in Chicago, Illinois, van Dorothy Kindred Dicken Joseph Edgar Dick. Dick het onderrig ontvang by John Eaton Elementary School vanaf 1936 tot en met 1938 en daarna voltooi hy sy skoolloopbaan aan Berkeley High School in Berkeley, Kalifornië. Hy en sy mede wetenskapfiksie skrywer Ursula K. LeGuin het saam in 1947 gematrikuleer, maar het mekaar op daardie tydstip nie geken nie. Dick was vyf keer getroud met: Jeanette Marlin (Mei – November 1948), Kleo Apostolides (14 Junie 1950 tot 1959), Anne Williams Rubinstein (1 April 1959 tot Oktober 1965) Nancy Hackett (6 Julie 1966 tot 1972) en Leslie(Tessa) Busby (18 April 1973 tot 1977). Dick het drie kinders, Laura Archer (geb. 25 Februarie 1960), Isolde Freya (nou Isa Dick Hackett) (geb. 15 Maart 1967), en Christopher Kenneth (geb. 25 Julie 1973). In 1963 ontvang Dick die Hugo-toekenning vir THE MAN IN THE HIGH CASTLE. Hoewel hy beskou word as ‘n genie in die wetenskapfiksie wêreld was die hoofstroom literêre wêreld hom nie goed gesind nie en kon hy slegs sy boeke publiseer deur lae-betalende wetenskapfiksie uitgewers soos Ace. Op 17 Februarie 1982, na afloop van ‘n onderhoud, kla hy dat hy probleme het met sy sig. Dievolgende dag is hy bewusteloos op die vloer van sy huis in Santa Ana, Kalifornië gevind na ‘n beroerte aanval. In die hospitaal kry hy nog ʼn beroerte aanval en vyf dae later, op 2 Maart 1982 sterf Dick op die ouderdom van 53.

Philip K. Dick se mees noemenswaardige werke tot die wetenskapfiksie is: THE MAN IN THE HIGH CASTLE en DO ANDROIDS DREAM OF ELECTRIC SHEEP?

THE MAN IN THE HIGH CASTLE (1962): Die Amerikaanse president Franklin D. Rooseveld word in 1933 vermoor deur die sluipmoordenaar GiuseppeZangara, wat daartoe lei dat JohnNanceGarner en sy swak regering die leisels oorneem en wat later ook deur nog ʼn swak regering van dieRepublikeinJohnW.Brickerin 1940 opgevolg word. Beide die politici faal daarin om die Groot Depressie onder beheer te kry en versuim om deel te neem aan die Tweede Wêreldoorlog, dus sit die VSA met ʼnonvoldoendemilitêremag wat nie in staat is om die VerenigdeKoninkryk en dieSowjet-Uniete helpteenNazi-Duitsland nie, ofom homself te verdedigteenJapanindieStille Oseaan nie.In1941 verower die Nazi’sdieUSSRen wis die meeste van sySlawiese bevolking uit. Indie Stille Oseaan, vernietig die Japannesediehele Amerikaanse Vloot in‘n beslissende, definitieweaanval opPearlHarbor. Daarna val die Spilmoondhede die Verenigde State van Amerika aan van die teenoorgesteldefronte. In 1947 gee die VSA en ander oorblywendegeallieerde magte oor. Na die oorwinning van die Tweede Wêreldoorlog, volg daar ʼn Koue Oorlog tussen die Derde Ryk en die ImperialeJapan. Een van diekernelemente in die verhaal (OperationDandelion) is gesentreer op‘n kern aanval van die Nazi’s op van die Tuis Eilande van Japan.Die Nazi’s het diewaterstofbomen die vermoë om al die Tuis Eilande van Japan te vernietig en met die kernkrag tot hulle beskikking word dit ook aangewend as brandstof vir hulle uiters vinnigelugvervoeren koloniseer so ook die maan, Venus enMars.

DO ANDROIDS DREAM OF ELECTRIC SHEEP? (1968): Die roman vertel van die doen en late van Rick Deckard, ʼn vergoedingsjagter, wat ontsnapte androïdes opspoor wat die identiteit van mense aanneem, in‘npost-katastrofiese wêreld waar organiese diereskaars is en die meeste van die menslike bevolkingmigreer het na ander planete en nou afwêreld leef. Die romanbegin waar Deckardvervreem voel vansy vrou, Iran, wat haarbuiorreltoestelmisbruik, wat bedoel is om die bevolking se humeur te beheer, deur diedepressieinstellingtwee keer ‘nmaand te skakel.Later het Deckard ‘ngesprek metsy buurman BillBarbour terwyl hulle omsien na hulle huisdiere. Deckardbesit‘n onklaarsintetieseswart-gesig Suffolkooi, omrede hy nie ʼn organiesedierkan bekostig nie,terwyl sy buurman in besit is van ‘nwareen swangerPercheronmerrie. Deckard en Barbour bespreek die moontlikheid of Barbour nie dalk die komendevul aan hom wil verkoop nie, want Deckardbesefdat om die besit te wees van‘n werklikedier dalk meer betekenisaansy lewe sal gee.

Ursula K. Le Guin (21/10/1929 – ):

M1-E3 - Ursula K. Le GuinUrsula Kroeber Le Guinis gebore op 21 Oktober 1929 en is die dogter van antropoloog Alfred L. Kroeber en skrywer Theodora Kroeber. Le Quin voltooi haar skoolopleiding aan Berkeley High School in 1947. Sy verwerf haar B.A. (Phi Beta Kappa) by die Radcliffe College in 1951, en MA aan Columbia University in 1952. Op die ouderdom van 11 stuur sy haar eerste storie aan die wetenskapfiksie tydskrif Astounding Science Fiction. Sy ontvang beide die Hugo- en Nebula-toekennings in 1970 vir haar roman THE LEFT HAND OF DARKNESS. Haar daaropvolgende roman THE DISPOSSESSED: AN AMBIGUOUS Utopia maak haar die eerste persoon wat beide die Hugo- en Nebula-toekennings wen vir die Beste Roman twee keer na mekaar vir dieselfde twee boeke. Sy ontmoet historikus Charles Le Guin terwyl sy in Frankryk studeer en hulle trou in 1953. Die egpaar woon tans in Portland, Oregon sedert 1958 met hulle drie kinders. Sy het al die Hugo-toekenning, Nebula-toekenning, Locus-toekenning, en die Wêreld Fantasie-toekenning al meer as een keer ontvang.

Le Guin se mees noemenswaardige wetenskapfiksie werke sluit in: THE LEFT HAND OF DARKNESSen THE DISPOSSESSED: AN AMBIGUOUS UTOPIA.

THE LEFT HAND OF DARKNESS (1969): GenlyAi, ‘n boorling van die planeetTerra(Aarde)is ‘ngesantvandieEkumen, ‘n organisasie vanmeer as tagtigwêrelde, wat 3,000-lande verteenwoordig in ʼn area wat oor ʼn honderd ligjare van grens tot grens strek, wie se doel dit is omhandel en kommunikasiete ontwikkel asook mistiekeeenheid. Aisemissie is om die land van Karhide op die ver af geleë planeet Gethente oortuig om by die Ekumenaan te sluit. Die planeet Gethen word deur die Ekumen ‘Winter’ genoem, omdat dit indie greepvan ‘n Ystydperk is.Aiword voortdurend uitgedaagdeur diemeedoënlosekoue, deur die Karhide se gewoonte van shifgrethor (‘n genuanseerdestelsel vanwaardigebehoud van gesprekstaktiek), en deur die androgeneaard vanal diemense wat op Winterwoon. Estravenseandrogeneaard word verbergvan Ai.Hoewel alWinterseandrogieneindie teksverwys word na as “hy,” is die feit dathulle nóg“hy”nóg “sy” is tot en met kemmer, ‘n staat vanestrus wat vir ʼn paar dae lank elke maand duur wat gekoppel is aan ‘nmenstruele siklus,maar met ‘nredelosedrangom te paar. Dan,afhangende van diechemie tussendie twee persone,sal die eenontwikkelas‘n man endie anderas‘n vrou. Dieselfde persoonkan ‘n barendemoeder wees van ‘n paar kindersen ook ‘n pawees vir ander.Hulandrogenebiologie, wat manlike dominansie, vroulike afhanklikheid, en die skenk van geboorte enseksuele spanning verhoed, is dit dieonderbouvan Winter sekultuur en politiek, ‘n planeetwat geenwoord het viroorlog engeen ondervindingvan oorlog het nie. Tog is dietwee landevanKarhideenOrgoreynopdierand van oorlogoorbetwiste gebied.

THE DISPOSSESSED: AN AMBIGUOUS UTOPIA (1974): Die storie speel af op die fiktiewe planeet Urras en sy maan Anarres. Ten einde ‘n anargie-sindikaat rebellie te voorkom, verleen die groter Urrasti State die rewolusionêre die reg om op Anarres te lewe, met ‘n waarborg dat hulle nie sal inmeng nie, so ongeveer twee honderd jaar voor die gebeure van THE DISPOSSESSED. Voor dit, het Anarres geen permanente nedersettings gehad, afgesien van ‘n paar myne nie. Die hoofkarakter Shevek is ‘n fisikus wat probeer om ‘n Algemene Temporale Teorie te ontwikkel. Die betekenis van die teorieë in die boek is verweef in die plot en nie net die beskrywing van abstrakte fisiese konsepte nie, maar ook die wel en wee van die karakters se lewens en die transformasie van die Anarresti se samelewing. Anarres is in teorie ‘n samelewing sonder owerheid of outoritêre instellings. In die voortsetting van navorsing wat afwyk van Anarres se huidige konsensus van begrip, kom Shevek te staan teen werklike struikelblokke. Shevek besef later dat die revolusie wat sy wêreld geskep het besig is om te stagneer, en mag strukture is besig om te ontstaan, waar daar voorheen geen was nie. Hy onderneem ʼn riskante reis na Urras, om ʼn kommunikasiekanaal tussen die twee wêrelde te bewerkstellig en om ook sy teorieë vrylik te versprei buite die grense van Anarres. Die roman ondersoek die SapirWhorf Hipotese, dat taal een se denke vorms en dus ook kultuur.

Orson Scott Card (24/08/1951 – ):

Orson Scott Card is gebore op 24 Augustus 1951 in Richland, Washington, en is die derde seun van ses kinders van Willard en Peggy Card. Hy studeer aan die Brigham Young University en die University of Utah. Later het hy ook ‘n jaar in ‘n Ph.D. program aan die University of Notre Dame gestudeer. Card is getroud met Kristine en saam het hulle vyf kinders, Michael Geoffrey, Emily Janice, Charles Benjamin (wat gely het aan Serebrale Gestremdheid is kort ná sy 17de verjaardag oorlede), Sina Margaret en Erin Louisa (wat by geboorte gesterf het). Card en sy vrou woon nou tans by hulle jongste kind, Sina in Greensboro, North-Carolina. ‘n Omgewing wat ‘n geweldige belangrike rol in ENDER’S GAME en baie van sy ander werke speel. Card se roman ENDER’S GAME wat in 1985 gepupliseer is en sy opvolger SPEAKER FOR THE DEAD (1986) het beide die Hugo- en die Nebula-toekennings gewen wat Card die enigste skrywer maak wat beide van die top Amerikaanse wetenskapfiksie pryse in agtereenvolgende jare gewen het. Card het ‘n ligte beroerte-aanval op 1 Januarie 2011 gehad en was vlugtig in die hospitaal.

Card se mees noemenswaardige wetenskapfiksie werke sluit in: ENDER’S GAME; en SPEAKER OF THE DEAD.

ENDER’S GAME (1985): In die nabye toekoms het die mensdom interplanetêre ruimtereise bemeester. Hierdeur kom hulle in aanraking met ʼn vreemde ras bekend as die Formics, en dadelik word hulle die “buggers” genoem. Oorlog breek uit tussen die Formics en die mensdom en gou is beide betrokke in ʼn lang en uitgerekte oorlog. ‘n Internasionale vloot (IV) en ʼn Oorlog Skool word op die been gebring om die Formics vir eens en altyd uit te wis. Die program is ontwerp om kinders met helder en deurdagte taktiese denke te isoleer en hulle dan aan harde opleiding te onderwerp. Andrew “Ender” Wiggin is die jongste en die derde kind in die Wiggin familie, en word gespot as “derde” omdat die aarde ʼn twee-kind-beleid volg.

Nadat die IV Ender se monitortoestel verwyder het raak hy betrokke in ʼn geveg met ʼn mede-student, Stilson. Alhoewel Ender die kleinste en die swakker een van die twee is slaag hy daarin om Stilson noodlottig te wond. Ender word gou bevorder en word direk onder toesig van ‘n voormalige Formic oorlog held, Mazer Rackham, geplaas. Saam met ander strawwe opleiding, toets Mazer Ender in ‘n oorlog simulator en plaas die IV vloot in beheer van Ender. Ender vind gou uit dat die IV vloot heelwat kleiner is as dié van die Formic se vloot. Hy breek die reëls en offer van sy vegters op om ʼn Molekulêre Ontwrigtingstoestel op die planeet te kry en vernietig so die Formic se vloot. Mazer lig Ender in dat dit nie ʼn simulasie was nie maar die ware jakob en dat hy wat Ender is die volksmoordenaar is van die Formic en so die oorlog beëindig het.

Na die skokkende nuus verval Ender in depressie. Wanneer hy herstel bevind hy homself nog op Eros. In plaas daarvan om terug te gaan aarde toe besluit hy en sy suster, Valentine, om een van die Formic se planete te gaan koloniseer saam met ander koloniste.

Op verkenning ontdek Ender ʼn Formic koningin eier en deur middel van telepatie, verduidelik die ongebore koningin dat hulle nie gedink het die mens is intelligente wesens nie, maar het intussen hul fout agtergekom. Die koningin versoek dat Ender haar eier na ‘n nuwe planeet sal neem sodat hulle as Formic’s weer kan begin.

SPEAKER FOR THE DEAD (1986) speel af rondom die jaar 5270, sowat 3000 jaar na die gebeure in ENDER’S GAME. In die nadraai van sy verskriklike oorlog, verdwyn Ender Wiggin en ‘n sterk stem treë na vore: THE SPEAKER FOR THE DEAD, wat die ware verhaal vertel van die Bugger War.

Nou na lang jare word ʼn tweede vreemde ras ontdek en weereens is die vreemdelinge se maniere anders en skrikwekkend… weer sterf mense. En dit is net die Speaker for the Dead, wat ook Ender Wiggin die Xenomoordenaar is, wat die moed het om die raaisel te konfronteeren so agter die waarheid te kom.

Oefening

Gebruik die bogenoemde as ’n riglyn en stel ʼn lys van 5 Afrikaanse wetenskapfiksie skrywers en hul bekendste werke saam. Fokus op:

a)            foto van die skrywer (wees waaksaam teen kopiereg);

b)            ’n biografie van die skrywer (+/- 300 woorde) en Let op na:

               geboortedatum en plek van geboorte;

               opvoeding en opleiding;

               noemenswaardige prestasies (akademies, skryfloopbaan, ens.);

               sterfdatum, plek van sterfte, finale ouderdom en geliefdes agter gelaat (indien van toepassing).

c)            Een of meer werke van die skrywer en let op na:

               voorblad van die betrokke boek;

               publikasiedatum en uitgewer;

               kort sinopsis van die boek;

               persoonlike of professionele beskrywing van die werk se invloed op die Afrikaanse wetenskapfiksie.

d)            ’n bronnelys.

Volgende:

In Module 2 gaan ons kyk na die taalgebruik, leestekens en skryfstyle wat van enige Afrikaanse wetenskapfiksie roman ’n blywende treffer gaan maak.

Bronnelys:

·                      http://en.wikipedia.org/wiki/H._G._Wells

·                      http://en.wikipedia.org/wiki/Jules_Verne

·                      http://en.wikipedia.org/wiki/Isaac_Asimov

·                      http://en.wikipedia.org/wiki/Arthur_C._Clarke

·                      http://en.wikipedia.org/wiki/Frank_Herbert

·                      http://en.wikipedia.org/wiki/Robert_A._Heinlein

·                      http://en.wikipedia.org/wiki/Mary_Shelley

·                      http://en.wikipedia.org/wiki/Philip_K._Dick

·                      http://en.wikipedia.org/wiki/Orson_scott_card