Ilse Lelong Steyn is gebore op 10 Maart 1947 in Stellenbosch. Sy het skool gegaan in Johannesburg en gestudeer in tale aan die Universiteit van Stellenbosch.
Na haar studies gee sy onderrig in Engels Tweede Taal vir vyf jaar. Daarna studeer sy Frans aan die Universiteit van Sorbonne in Parys. Daarna beland sy in Holland waar sy ’n ou Stellenbosch Universiteit’s vriend Jan Evertse ontmoet met wie sy later getroud is.
Hulle woon in Hague vir twee jaar waar sy ’n maandelikse nuusbrief vir die SAUK skryf. Daarna trek hulle terug na Stellenbosch. Daar gee sy onderrig vir nog twee jaar en koop ’n ou huis in Herold Straat wat hulle restoreer en haar man Jan Evertse gaan werk vir die Universiteit van Stellenbosch se Rekenaar Tegnologie (IT) Afdeling. Hulle sukkel finansieel en albei verloor hulle werk. Daarby is Ilse ’n slegte huisvrou en begin uit verveeldheid skryf.
Sy raak swanger en gee beboorte aan ’n tweeling wanneer ander pare hulle ouderdom se kinders al hoërskool toe gaan. Sy hou haarself besig deur rekenaar-kundigheid aan die Universiteit se werkers te leer en ook vertalings te doen. Daarna keer sy terug na die Universiteit waar sy vir drie jaar in die Sport Wetenskap Afdeling werk waar hulle ’n taalkundige benodig.
Sy woon tans in Den Haag in Nederland waar haar Duits-gebore man Jan werk. Hulle woon in ’n tipiese Nederlandse 3 verdieping huis “rijteshuis”. Sy geniet films, lees, reis en goeie geselskap. Sy skryf Prinses in die Ruimte in 1996 (LAPA-Uitgewers) en Liefde in die Ruimte in 1998 (J.P. Van der Walt en Seun-Uitgewers). Sy het ook meer as twintig romanses geskryf.
Steyn se mees noemenswaardige wetenskapfiksie werke is: Prinses in die Ruimte (1996) en Liefde in die Ruimte (1998).
PRINSES IN DIE RUIMTE (LAPA-uitgewers, 1996).
Die Prins van Wolton sal ’n wese van die Aarde as sy vrou neem, lui die eeue oue voorspelling. Al wat die dronkgeslane Erik nie verstaan nie, is dat dit ook se dat sy “van die voorvaders” kom en sekere van sy eienskappe sal he. Anais van Aarde besorg hom egter die skok van sy Wotannese lewe: buiten dat sy nie ’n goue vel het soos hy nie, kommunikeer sy deur middel van telepatie met hom, laat sy sekuriteitsdeure op die pendeltuig sonder moeite oopgaan en spreek haar gedrag alles behalwe van iemand wat die Eerste Vrou gaan word. Vir Anais maak egter niks anders saak as dat sy die tien weeskinders, met wie sy ’n onuitwisbare band het, van die heersers van die Aarde se onderdrukking wil bevry nie. Maar dan word haar en die Woltannese Prins se ruimte bestaan baie meer verweef as wat enigiemand in die Eerste Sterrestelsel ooit sou kon voorspel.
LIEFDE IN DIE RUIMTE (J.P. Van Der Walt en Seun uitgewers, 1998).
Trumi Van der Walt word na twee eeue in vriesslaap in die drie en twintigste eeu wakker. Haar geliefde Aarde word egter nou deur die tirannieke Hoofraad beheer en sy besluit om by die Bevrydingsfront aan te sluit. Generaal Bart, die leier van die Front, beskou haar egter as heeltemal te impulsief en ongedisiplineerd om ’n rekruut te word. Boonop is vroumense, veral die wat nie onderdanig is nie, die laaste ding in die sterrestelsel waarvoor hy ooghare het. Trumi is egter nie van hierdie eeu nie, en sy laat haar nog minder afskrik deur ’n bombastiese rooikopmansmens. Deur afpersing kry sy presies wat sy wil he – en dan begin die vonke spat in die ruimte!