M02E2 – 2015 © Chantal Pretorius

Die Korrekte Gebruik van Lees- en Skryftekens
2015 © Chantal Pretorius

Oefening:
Stel ʼn lys op van die algemeenste foute, verwarring en verkeerde gebruik vir elk die bogenoemde lees- en skryftekens.

Wat is leestekens?
Leestekens word gebruik om vaaghede en verwarring in skryfwerk  uit te skakel. Ook moet ʼn skrywer seker maak dat hy/sy net leestekens moet gebruik wanneer dit nodig is en net vir ʼn besliste doel, veral in gedigte. Jy moet ook weet wat elke leesteken beteken, en nie net leestekens gebruik vir die grap daarvan nie.

Leestekens is:

  • Die punt;
  • Die komma;
  • Die kommapunt;
  • Die dubbelpunt;
  • Die aanhalingstekens;
  • Die vraagteken;
  • Die uitroepteken;
  • Die hakies;
  • Die aandagstreep;
  • Die akuutteken;
  • Die gravisteken;
  • Die karet;
  • Die asterisk/sterretjie;
  • Die ellips/weglaatteken/beletselteken.

Die punt: (Altyd aan die einde van ʼn sin)

  • Ek gaan nou skool toe.
  • Pieter gaan netnou hier wees.
  • Elfuur gaan Martha dokter toe.

Die foute, verwarring en verkeerde gebruik van die punt is:

  • Martha gaan nou dokter toe en. (Om ʼn punt na en te sit is ʼn goeie voorbeeld van verkeerde sinsbou en van die leesteken se gebruik).
  • Dit sal die leser ook verwar, en sal hulle bewus maak dat die skrywer nie weet hoe om die ‘punt’ (leesteken) te gebruik nie.

Die koma: (Tussen twee of meer s.nwe., b.nwe. en wwe.)

  • Daar is potlode, penne en kruite in Santie se pennesakkie.
  • “Die lug lyk helderblou vandag,” sê Martha vrolik.

Die foute, verwarring en verkeerde gebruik van die koma is:

  • Ek het al in kortverhale en boeke gelees waar ʼn skrywer sal byvoorbeeld sê: Santie ruik die reuke van mint, basil, roosmaryn.
  • Vir my is dit ʼn onvolledige sin en ek sal eerder skryf: Santie ruik die reuke van mint, basil en roosmaryn in die kombuis.
  • Baie mense maak ook die volgende fout:

Santie ruik die reuke van mint en basil en roosmaryn in die kombuis. Jy kan dit wel waag; doen dit net een of twee keer. Maar gebruik eerder die komma. Maar vir my lyk die sin dan te lank, as jy te veel ‘en’ gebruik.

Die kommapunt: (Vir ʼn ruspunt langer as ʼn komma, maar korter as ʼn punt)

Byvoorbeeld: So sy wou; wat?

Wanneer die voegwoorde: want, en, maar, weggelaat word:

  • Ek sal nie kan kom nie; ek het baie werk (want is weggelaat)
  • Almal was vrolik; ek het ook gevoel om lees te vier (en is weggelaat)
  • Ek is lief vir die ruimte; ek weet nie of sy my liefde deel nie (maar is weggelaat)

Die foute, verwarring en verkeerde gebruik van die komapunt is:

  • Ek gaan nou inkopies doen; want die winkel is naby. (want kan ingehou word as die sin te lank is; net om die pouse van ʼn volsin aan te dui)
  • Ek gaan nou inkopies doen; die winkel is naby. (Dit is reg by ʼn kort sin)

Die dubbelpunt: (:): (Wanner ons ʼn hele reeks dinge opnoem:)

  • Die volgende planete was teenwoordig: Aarde, Mars, Xeno-1 en Drako.
  • Planeet Aarde was besoek deur: Lewende wesens, buiteaardse wesens en vreemde wesens.

Die foute, verwarring en verkeerde gebruik van die dubbelpunt is:

Jy mag ʼn dubbelpunt gebruik wanneer (voor) ʼn aanvulling of verduideliking wat na ʼn voorafgaande sin verwag word soos byvoorbeeld:

  • Jy moet onthou: daardie ruimtewesens is nie intelligent nie. (Dit is reg)
  • Jy moet onthou. Daardie ruimtewesens is nie intelligent nie. (Dit is verkeerd om die punt te gebruik hier, want die dubbeplpunt is die regte gebuik vir die sin, anders is die sin onvoltooid).

En selfs voor woorde wat in die direkte rede aangehaal word:

  • Alta vra: “Waarheen gaan julle nou?’’ (Moenie dit met ʼn kommapunt verwar nie).Mense se direkte woorde en aanhalings uit gedigte, boeke en meer, word tussen aanhalingstekens geskryf.

Die aanhalingsteken: (“ ‘ ’ ’’)

  • “Ek gaan netnou winkel toe ry,” sê Pieter vriendelik.
  • “Kom hiernatoe!” het hy geskree.
  • “Wat doen die tuinwerker by die blombeddings?” vra Alta.

Die foute, verwarring en verkeerde gebruik van die aanhalingsteken is:

  • Wanneer karakters met mekaar praat, dan moet jy jou aanhalingstekens insit, behalwe as jy dink, byvooreeld: Santie lyk mooi vandag, dink Pieter.
  • Maar moenie neerskryf: “Santie lyk mooi vandag,” dink Pieter.

Wat skrywers soms ook miskyk is:

  • “Santie lyk mooi vandag,’’ sê Pieter. (Die laaste aanhaligsteken is verkeerd in die sin getik.)

Die vraagteken: (?) (Na ʼn vraag(sin) in die direkte en inderekte rede skryf ons ʼn vraagteken:

  • “Hoekom is jy laat?” vra Susan vies.
  • “Sal jy my môre help?” wou die Generaal weet.
  • “Hardloop!” skree Pieter. “Die buiteaardse wesens gaan jou nou vang!”

Die foute, verwarring en verkeerde gebruik van die vraagteken is:

In Engels en Afrikaans verskil die gebruik van die vraagteken:

  • Byvoorbeeld: “Hoekom is jy laat!” skree Santie op Pieter. (Afrikaans)
  • Byvoorbeeld: “Dont be late again!” She shouts aloud. (Engels)

Soms wanneer ʼn leser ʼn boek lees in Afrikaans of in Engels kan dit nogals verwarrend raak, veral wanneer jy jou eie verhale tik of skryf.

Die uitroepteken: (!) (Word gebruik na bevele, uitroepe, wense, waarskuwings en om spot uit te druk:

  • Byvoorbeeld: “Loop nou!” het sy beveel.
  • Hemel! Dis warm. Of Hemel, dis warm!
  • “Kom in die huis Karel!” roep Susan. “Die ruimtetuig wil land!”

Die foute, verwarring en verkeerde gebruik van die uitroepteken is:

  • Vir my is die verwarring, foute en verkeerde gebruik dieselfde as die vraagteken in Afrikaans en Engels.
  • Byvoorbeeld: “Loop nou!” Het sy beveel. (Dit is verkeerd)
  • Byvoorbeeld: “Please, just let me be!” she shouts aloud. (Is verkeerd).

Die hakies: ({[ ]}) (Word gebruik voor en na mededeing wat in- of aangetas word)

  • Byvoorbeeld: My broer (jy het hom ontmoet) vlieg môre.
  • Byvoorbeeld: Sy suster werk in die tuin (met die blomme).
  • Pieter is die eienaar van die uitgewers (wat daar werk).

Die foute, verwarring en verkeerde gebruik van die hakies is:

  • Skryfwyse van telefoonnommers (012 552 2000) (kode moet altyd, sonder hakies, ingesluit word en geen strepies nie).

Die aandagstreep: (-) (Om aan te toon dat ʼn sin afgebreek word).

  • Byvoorbeeld: Ek wil jou nog weer vertel van die Lamina’s – maar wag, ek sal dit liewer later doen.

Die foute, verwarring en verkeerde gebruik van die aandagstreep is:

  • Om die leesteken te veel te gebruik in ʼn kortverhaal, is aaklig vir die leser.
  • Byvoorbeeld: Ek – Sarah – Phillip – Anna loop elke dag skool toe.
  • Dieselfde met telefoonnommers. (+27 – 063-678-0010). Dit is verkeerd.

Die akuutteken: (ý) (Die skryf van vreemde woorde of om bekelmtoning aan te dui)

  • Byvoorbeeld: kán, ék, én, dáár, fýn, móét, ens. (Beklemtoning)
  • Byvoorbeeld: Fouché, René, Cronjé, ens. (Sekere name)
  • Byvoorbeeld: attaché, cliché, ens. (Vreemde woorde)

Die foute, verwarring en verkeerde gebruik van die akuutteken is:

  • Byvoorbeeld: Sy soek die sleutel. (die woord ‘die’, in die sin, mag nie ʼn akuutteken kry nie).
  • Maar as jy skryf: Dié sleutel lyk anders as die res. (Dan kry hy ʼn akuuteken).

Die gravisteken: (`) (In die voglende vier gevalle: appèl, dè, hè, nè:

  • Byvoorbeeld: Hy teken appèl aan.
  • Byvoorbeeld: Jy kry lekker koud, nè.
  • “Dè, vat die helmet van die motorfiets net,” grom Pietie vies.

(Die gravis- en akuutteken word net gebruik op vokale: á;é;ó;ú;í.)

Die foute, verwarring en verkeerde gebruik van die gravisteken is:

  • Soms kan die akuutteken en gracis jou verwar.
  • Byvoorbeeld: Sarah is mooi opgetooi vir die lentedans, nè?
  • Maar moenie skryf: Sarah is mooi opgetooi vir die lentedans, né, (nie).

Die karet: (^) (Word gebruik om aan te toon dat ʼn woord op ʼn spesifieke plek uitgelaat word:

                               land
Die ruimtetuig wou         , maar toe vlieg hy eerder weg.
^

Die foute, verwarring en verkeerde gebruik van die gravisteken is:

  • Moenie die karet aansien vir ʼn skryfteken nie. Hy word net gebruik om aan te toon dat jy ʼn woord moet byvoeg. (Dit het ek op hoërskool geleer).

Die sterretjie/asterisk: (verwys na ʼn aantekening of verwysing onderaan die bladsy, wat ewe met ʼn sterretjie aangetoon word):

  • “… so het dit gebeur*.” (Kan ook onderaan van ʼn bladsy verskyn).
  • “*Generaal Monk is ook op bladsye drie en vier. Daar wys hy sy duikboot en werkers.” (word ook aangewend om ʼn sprong of gedagtewending voor te stel (***).

Die foute, verwarring en verkeerde gebruik van die asterisk is:

  • Die asterisk word min gebruik in boeke. Dit is nie eintlik ʼn leesteken wat baie gebruik moet word nie.

Die ellips; (…) (Om spanning te bou) (wys dat ʼn sin voltooid is) (Of vooraangaande woord nie gebruik is nie)

  • Byvoorbeeld: “ … Wat bedoel jy Pieter is vermis?” (Spanning)
  • “Ek kom nou…” (Onvoltooide sin)
  • O, gats! My… been is gebreek! (plekhouer vir sensitiewe woorde)
  • Dracula sê: “Ek drink nie … wyn nie.” (implisering van ʼn nie-bewoordbare alternatiewe woord in die konteks)
  • Santie was woordeloos… (dui stilte aan, maar kan by irritasie, ontsteltenis, skok of afgryse gebruik word)
  • Was Martha dan nie ʼn pragtige meise nie… (word in poësie gebruik om sarkasme uit te lig)
  • “ … Was dit die rede vir jou besoek?” (om aanhalings te verkort)
  • Dit was ʼn wonderlike dag sonder engie voorvalle… (laat ʼn leser vir homself of haarself besluit.

Die foute, verwarring en verkeerde gebruik van die ellips is:

  • Spasies moet tussen die drie punte en weerskante van die punte gelaat word.
  • Byvoorbeeld: Met die snel ontwikkeling van die tegnologie … word daar toenemend gespesialiseer.

Wat is ʼn skryftekens?

Waar leestekens gebruik word om vaaghede en verwarring in ʼn teksuittreksel uit te skakel, is die doel van skryftekens, om die korrekte Afrikaanse spelling en uitstraap van ʼn betrokke woord te verseker.

Skryftekens is:

  • Die deelteken;
  • Die koppelteken;
  • Die afkappingsteken;
  • Die kappie/sirkumfleks;
  • Hoofletters, St-simbole en letterwoorde.

Die deelteken: (¨) (Ons skryf deeltekens bloot om aan te toon dat klinkers wat langs mekaar staan en as een lettergreep uitgespreek word, nie as sodanig uitgespreek moet word nie),

  • Byvoorbeeld: beïnvloed, antiëmeties, oë, beëndig, vermoëns, reünie, koöperasie.
  • Dit is ʼn leë bak.
  • Sarah volg net diëte.
  • Die bed is breër as die kas.

Die foute, verwarring en verkeerde gebruik van die deelteken is:

  • Jy mag as skrywer nooit deeltekens op egte Afrikaanse woorde sit nie.
  • Byvoorbeeld: waenhuis, lae, hael, (Met die ae in Afrikaans)
  • Behalwe in vreemde woorde kry hul wel ʼn deelteken op.
  • Byvoorbeeld: aëronoul. (duidelike skeiding tussen die a en die e).
  • Lêer, trêe, bêre, (Na ʼn klinker met ʼn kappie, dan kry die letter geen deelteken nie).
  • Deeltekens sal by letters wat moet kappies kry verkeerd wees, soos byvoorbeeld: lêër. (Dit is heeltemal verkeerd).

Die koppelteken: (-) (Die vernamste doel van die koppelteken is om die lees te vergemaklik).

  • Buite-egtelik. (Opeenhoping van klinkers)
  • Gert is die vise-hoof van Amerika. (Dit is samestellings van woorde)
  • Carol is nie-menslik. Hy is ʼn buiteaardse wese.
  • Sy sing kort-kort dieselfde deuntjie. (By herhaalings)
  • Sy woon in Groot-Brittanje. (by aardrykskunde name)
  • Hy verkies Noord-Amarika, bo Suid-Amerika, want daar is meer werksgeleenthede. (samestellings waarin ʼn rigting voorkom)
  • Sarah kruip agter die ruimtetuig weg, naby die wag-ʼn-bietjie-bos. (by samekoppelinge wat tot ʼn vaste eenheid gegroei het)
  • Pieter is besig in die kombuis om te bak en brou. ( by saamgestelde woorde waarvan die dele deur en verbind word)
  • Carol hou van die B-span, eerder as die A-span, want die spelers werk harder. (by samestellings met syfers of letters)
  • Die kinders in die aardrykskunde klas leer oor: wind-erosie. (waar dubbelsinnigheid kan ontstaan).
  • Ek ry na die toekenings aan, en toe ek daar aankom kry ek ʼn Ipse facto-benoeming. (By koppelinge met Latynse woordegroepe.
  • Piet is by die Hartebeespoort Dam. Hy neem deel aan die grootvis-hengelkompetisie. (By minder gebruikte verbindings wat deur hul lengte die lees bemoeilik.)
  • Die wetenskaplike bevestig: Mars-Aarde word die nuwe Aarde genoem. (by gekopelde name en land, stede, dorpe en tale en afleidings).
  • Piet leer by die universiteit vir ʼn tegniese-wetenskaplike. (by koppeinge van die volgende tipes).
  • Sy linker- agterste voet is beseer deur baie hardloop. (Waar dele van die samegestelde woorde deur tussenplasing van ʼn b.nw. van mekaar skei).
  • “G-g-g,” (By aantal uitroepe).

Die foute, verwarring en verkeerde gebruik van die koppelteken is:

Jy mag nooit by woorde soos byvoorbeeld:

  • Sieleadel, handearbeid, wildeals ʼn koppelteken gebruik nie. Woorde wat vas geskryf moet word, moet so gelos word.
  • Jy as skrywer moet egter waak teen die hiperkorrekte (foutiewe) koppelteken in gevalle soos: stedelike- en dorpsgebiede, want gebiede vorm nie ʼn morfologiese eenheisdeel van stedelike nie: dus stedelike en dorpsgebiede.

Die afkappingsteken: (‘) (By meervoud- en verkleiningsvorme van selfstandige naamwoorde (ook eiename) wat op- t, -o, u- ʼn beklemtoonde –a eindig).

  • Byvoorbeeld: Foto, foto’s, foto’tjie
  • Byvoorbeeld: hoera, hoera’s, hoera’ tjie
  • Byvoorbeeld: Kennedy, Kennedy’s, Kennedy’tjie (Omdat Kennedy met ʼn y eindig kry hy naam ʼn afkappingsteken).
  • Byvoorbeeld: Terblanche, Terblanche’s, Terblanch’ie
  • Byvoorbeeld: Du Preez, Du Preez’s, Du Preez’ tjie. (As dit op ʼn meervoud- en verkleiningsvorme van eiename op e-, -s, of –z eindig).
  • Byvoorbeeld: a, a’s, a’tjie (by meervoud- en verkleiningsvorme van letter).
  • Byvoorbeeld: Ek’s (ek is), hier’s (hier is). (by verswakte vorme)
  • Byvoorbeeld: “M!” (By ʼn paar uitroepe).

Die foute, verwarring en verkeerde gebruik van die afkappingsteken is:

  • Dit is duidelik dat name soos byvoorbeeld: Prinsloos, Du Plooys, nie ʼn afkappingsteken mag kry nie.
  • Dit is ʼn fout om  vanne soos Du Toit, Le Roux en Joubert ʼn afkappingsteken te gebruik.

Die kappie/sirkumfleks: (By lang oop lettergrepe).

  • Bêre, lê, môre, kêrel.
  • Sker (skêre), (by geslote lettergrepe)
  • Byvoorbeeld: crêpe-de chine. (by die skryf van vreemde woorde)
  • Maar ons spel wel biêr en kwêla en kwêr met ʼn kappie, want dit is ʼn klanknabootsende woorde.

Die foute, verwarring en verkeerde gebruik van die kappie is:

  • Behalwe jy mag nie die kappe gebruik in woorde wat klinkers is nie, soos byvoorbeeld: vlermuis, ver, vers, ens.

A) Hoofletters: (ABC…)

Gebruik hoofletters spaarsamig. Opskrifte word in die gewone sinsformaat geskryf. Dit is wetenskaplik bewys dat dit moeiliker lees as kleinletters. Dit veroorsaak stremming op die oë.

a) Persoonsname. (Eerbiedsbenaming, voorname, vanne en byname:

  • Byvoorbeeld: Gert, skepper, Pretorius, Gogga du toit, ens

Name van fabrikate, produkte, ens. Na die persoonsname van die vervaardigers genome:

  • Nivea (produk), Audimotor (produk) Röntgenstraal (fabriek).

Persoonifikasies:

  • Paul Kruger Restuarant, Klaas Vakie, Jan Publiek.

Die foute, verwarring en verkeerde gebruik van die hoofletter is:

  • Maar wanneer die persoonifikasie eintlik aangevoel word vir soortname. Kan jy hulle met klein letters skryf: janhen (ʼn Man wat hou van vrouewerk). Dan word dit nie los geskryf- en dit kan soms verwarrend wees vir die leser en skrywer.

Soortname:

  • Byvoorbeeld: Geagte meneer/mevrou (soortname wat in aanspreekvorme as eiename diens doen)
  • Arbeidsparty, bloedskenkingsparty, ens. (Soortname wat as eiename van partye is.)
  • Mevrou die hoof. (Word in dialoog of in verhale geskryf).

B) Diername:

  • Byvoorbeeld: Bruno (hond), Kuifie (kokketiel). (wanneer diere eiename kry).
  • Mamma beer, Pappa beer, Jakkals trou met wolf se vrou. (Diere-eiename in sprokies).

Die foute, verwarring en verkeerde gebruik van diername en soortname is:

  • Vir my geld dieselfde reëls as vir soortname in verkleining van sekere woorde soos byvoorbeeld: piet-my-vrou of janfrederik).

C) Aardrykskunde eiename: (Alle name van lande, provinsies, streke, plase, strate, berge, riviere, sterrebeelde, ens).

  • Môre gaan Pieter vlug 3013 neem in ʼn ruimtetuig, na die Suiderpool toe.
  • Santie hou van die Apies rivier. Sy en haar seuns gaan vang altyd vis daar.
  • Ons, as gesin, bly in Mountain View, naby die Magaliesberge.

Die name van volke, streekbewoners, ens:

  • Ons volk wat in Suid-Afrika woon is Afrikaners.
  • Kabelo woon ook in Suid-Afrika, maar hy praat Zulu.
  • Ek is Europeërs; Marie is ʼn Engelse vrou.

Die foute, verwarring en verkeerde gebruik van die Aardrykskunde eiename is:

  • Moet nooit eiename te veel oordoen in skryfwerk nie.
  • Byvoorbeeld: Jan praat Afrikaans, want hy is ʼn Afrikaner. Hy luister na die piet-my-vrou voëltjie wat sing in die Jakarandaboom,  naby die Apiesrivier, en hy staan naby die Magaliesberg en Cocal-Cola drink uit ʼn bottel.
  • Dit klink verwarrend vir die leser.

D) Tydbepalings: (By name van dae, kerklike en wêreldlike gedenkdae, maande, geskiedkundige, gebeurtenisse en tydperke:

  • Ons is ʼn groot familie. En elke jaar kom ons op Paasnaweek bymekaar, om te eet, lag en gaan kerk toe.
  • Ek verjaar in September.
  • Dit is nog net twee dae, dan is dit Nuwejaar.
  • Daar is sewe dae in ʼn week.

Die foute, verwarring en verkeerde gebruik van die Tydbepalings is:

  • Sommige tydsbepalings is nie altyd kleinletters of hoofletters nie.
  • Byvoorbeeld: Anna is op pad na dr. Von Steen se kantoor vir ʼn ondersoek. (Dit is reg).
  • Maar om te skryf: Anna is op pad na Dr. Von Steen se kantoor toe vir ʼn ondersoek is verkeerd.

E) Name van gelowe, leerstelsels, kunsrigtings, inrigtings, ens:

  • Chantelle Pierse gaan studeer by die Universiteit van Mars.
  • Op die internet is daar baie aanlyn skryfkurusse om van te kies in kreatiewe skryfkuns.
  • Ek glo in God, waar ander mense ander gelowe het.
  • Sarah is verslaaf aan dwelms, en sy moet in ʼn rebalitasie sentrum gaan vir behandeling wat maande lank kan duur.

Die foute, verwarring en verkeerde gebruik van die Name van gelowe, leerstelsels, kunsrigtings, inrigtings is:

  • Sodra ʼn woord nie as ʼn eienaam aanvoel nie, dan skryf jy hom as ʼn kleinletter, soos byvoorbeeld: Hy dien in verskeie interplanetêre organisasies. (dit dui nie ʼn spesifieke vereniging nie).

F) Publikasies: (name van boeke, brosjures, koerante, tydskrifte, ens.)

  • Weg!
  • Wegbreek!
  • Huisgenoot
  • Sarie
  • Vrouekeur
  • Die Beeld koerant
  • Die Raport koerant
  • Maar my magtig Moesoek! Deur Martie Preller (naam van die boek).
  • Harte in Harmonie deur Vera Wolmarans (naam van die boek).
  • Zita deur Anzil Kulsen (naam van die boek).

Die foute, verwarring en verkeerde gebruik van die publikasies is:

  • Om alle opskrifte in hoofletters te publiseer. Dit is te streng op die oë en maak die lees moeilik om te lees. Selfs lettertipes- en groottes.

G) Name van vakke, sertifikate, diplomas en grade

    • Die matriek sertifkaat gaan na Chantal Pretorius, omdat sy Graad 12 geslaag het.
    • Piet ruil sy bedryfsekonomie vak om vir Reis en Toerisme, omdat hy gesukkel het om die onderwyser te verstaan wat die klas aanbied.
    • Sarah is klaar met matriek. Sy gaan volgende jaar studeer vir ʼn diploma in Administratiewe assistent.

Die foute, verwarring en verkeerde gebruik van name van vakke, sertifikate, diplimas en grade is:

    • Dit geld dieselfde vir publikasies: Wanneer dit gepaard gaan met hoofletters, moet dit nie alles hoofletters maak nie! Ook nie net kleinletters nie!
    • Byvoorbeeld: paula en paul is beste maats; hulle is uitstekend in afrikaans. (Dit is verkeerd)
    • Nou sien die verskil: Paula en Paul is beste maats; hulle is uitstekend in Afrikaans.

H) Beklemtoning: (By die nadruk op ʼn bepaalde woord)

  • Byvoorbeeld: Tussen donker en lig…
  • Byvoorbeeld: Hier kom dit!
  • Byvoorbeeld: Jy mag meer as net droom!
  • Byvoorbeeld: Die buiteaardse wesens land in Suid-Afrika!

Die foute, verwarring en verkeerde gebruik van die Beklemtoning is:

  • Genbruik die hoofletters by bekelmtoning noukeurig. Jy hoef dit nie te oordoen nie, maar gebruik die skryfteken (hoofletters) wanneer jy moet.

I) Hoofletters in afkortings: (Hoofletters dui die verskil aan tussen afkortings met ooreenstemmende letters)

  • Byvoorbeeld: d.w.s. (dit wil sê)
  • Byvoorbeeld: m.a.w. (met ander woorde)
  • Byvoorbeeld: Sa (Saterdag)
  • Byvoorbeeld: Mrs. (Mars)

Die foute, verwarring en verkeerde gebruik van die hoofletter is:

  • Wanneer jy ʼn hoofletter gebruik in ʼn sin, paragraaf, en jy gebruik sekere hoofletters soos byvoorbeeld:

Santie ry na Dokter Greyling toe. (Is dit verkeerd)

Maar om eerder te skryf: Santie ry na dokter Greyling toe is reg, want dokter ‘Greyling’ is die dokter se van. En Santie is ʼn vrou se naam.

Afkortings, SI-simbole en letterwoorde (a.g.v./C/SASOL).

Daar is reëls met afkortings, (daar is vyf soorte) maar so ook leidrade wat sal help om foute uit te ken:

  • Aanm. (aanmerking), ens. (ensevoorts) (eerste letterkgreep plus die volgende konosante bestaan).
  • KKNK, SANLAM (eerste letter van twee of meer opeenvolgende letergrepe of woorde bestaan).
  • Bw. (bywoord), hs. (handskrif) (waar slegs die aanvangskonsonate van die lettergrepe gebruik word.)
  • Dr. (dokter), mnr. (meneer), mev. (mevrou), prof. (professor). (waar die eerste en laaste letter van die woord as afkorting dien).
  • S.g.a.m (so gou as moontlik). (woordgroepe waarby dit gebruiklik is om elke woord met die beginletter af te kort met punte tussenin.
  • OVS (Oranje-Vrystaat), SARA (Sakdoek van Regte Spelreëls) (woorde wat met hoofletters geskryf word, bly hoofletters)
  • SA (Suid-Afrika), UK (United Kingdom) (liggame, windrigtings en geografiese name sonder punte geskryf word).
  • Lt (liter), g (gram), m (miljoen) (word sonder punte geskryf en is SI-simbole)
  • Mejj, (mejuffroue) (meervoude word aangedui deur die slotmedeklinker te verdubbel, of ʼn –e aan die afkorting toe te voeg).
  • VVV (Vreemde Vlieënde Voorpwerpe) (letterwoorde is ook afkortings en daar word geen woorde aangebring nie.)

Die foute, verwarring en verkeerde gebruik van die afkortings is:

  • Dis baie belangrik dat jy ook in jou woordeboek gaan kyk wat is die regte afkorting vir sekere afkortings van enige iets. Baie mense verkies net simbole ($), vir geld, note, sente.