PERSOONSVERTELLING
2015 © Chantal Pretorius
Oefening 2
2.1 Wat verstaan u onder die onderwerp: Persoonsvertelling?
2.1.1 Skep ʼn wetenskapfiksie-toneel met meer as een karakter in die eerstepersoonsvertelling (maksimum 500 woorde).
2.1.2 Herskryf nou die bogenoemde toneel in ʼn derdepersoons-vertelling.
2.1.3. Vergelyk 2.1.1 en 2.1.2 nou met mekaar ten opsigte van hoeveel inligting in die onderskeie persoonsvertellings aan die leser geopenbaar word.
2.1 Wat is Persoonsvertelling?
- Dis ʼn venster waardeur jou lesers jou fantasie- of wetenskapfiksie boek lees, ervaar en beleef.
- Hoe jy as skrywer jou sinne, woordeskat en karakters uitbeeld. Skryf jy kort en kragtige sinne of moet jy jou verbeelding uitleef met lang sinne, soos byvoorbeeld: Henri trippel af die trappe na sy Audi toe. (Waar jy eerder sal skryf), Henri stap af die rooiwyn trappe. Na sy koningsblou Audimotor toe. Hy sluit die hoofdeur oop en klim in. Dan skakel hy die enjin aan. Die enjin bril en word warm.
- Hoe en uit watter perspektief die verhaal vertel word. (Dit gaan oor die effek wat bereik word). Vir wie vertel jy die storie? Verstaan jy die storie? Is jou persoonsvertelling korrek en voluit korrek? Skryf ek in die eerstepersoonsvertelling óf tweedepersoonsvertelling óf derdepersoosnvertelling.
- Byvoorbeeld ek het die bedrywende styl gekies, omdat dit my keuse was. Vir my is die bedrywende styl meer kreatief. So ook die derderpersoonsvertelling, omdat ek van meer wil beskryf in my sinne. As die eerstepersoonsvertelling wat jy in korter sinne- en korter paragrawe meer kan verduidelik as die derderpersoonsverteller.
(Ek het onlangs ʼn baie interessante boek gelees (Engel met die waterkruin deur Louise Richard, N.G. Kerkboekhandel Transvaal, 1979). Sy het meeste van die tyd in die eerstepersoonsverteller haar kortverhale vertel. Dit was heel interessant en Louise Richard se verhale was kort en kragtig gewees. Sinne was nie te lomp, paragrawe nie te lank en het my vasgenael gehou op my sitplek).
Byvoorbeeld lees die volgende paragrawe:
Voor die hospitaalgebou loop ek verby, met my hart swaarhamerend in my. Orals sit groepies-groepies pasiënte in die skadukolle. Ek kyk skrams na hulle.
Is daar hoop op hulle gesigte?
Op sommige sʼn ja. Die ander sʼn wil ek nie vandag raaksien nie. As daar hoop is vir hulle, dan miskien tóg, vir my ook?
2.1.1 Eerstepersoonsvertelling:
Anna se ontdekking
Dis ʼn sonskyn dag, dink ek. Met ʼn bloulug wat vonkel, maar daar is geen wolke nie.
Ek kyk op na die sewende hemele. Ek vee werksweet weg met my hand. Eindelik kan ek huistoe gaan, na ʼn lang dag se kantoorwerk. Om huistoe te gaan is altyd ʼn groot plesier, want daar kan ek ontspan.
Minute later, klim ek in my Golf motortjie. Ek inasem die warm bedompigheid binne. Dadelik draai ek die vensterruit af. Nou waai die windjie in. Dit voel baie beter!
En eindelik het ek my motor gestop. By die groen garage. Ek skakel die enjin af en klim uit. Sluit vinnig die motordeur weer toe. Vir veiligheid.
Skielik besef ek dis naweek: vrydagmiddag. Dankie tog! Nou kan ek net rus, in vrede, televisie kyk. Die huis is my gemakzone.
Toe ek by die binndeur aankom. Lyk ek sommer geskok. My hart klop vinnig in my keel. Die deur is oopgeforseer! Iemand het ingebreek. Of het probeer, dink ek stoksielalleen. Ek kyk na die ketting en slot. Die ketting is gesteel, maar die slot hang.
Ek stap vinnig in die huis. En stoot die deur heeltemal toe. Dis stil binne. Grafstil. Geluukig kon ek niks binnekant hoor nie. Behalwe my eie onaangename asemhalings van angs. Toe ek op die trappe loop, sug ek geskok. Portrette en skilderye lê op die vloer. Glasskerwe is orals te sien.
Ek loop en tel spesifiek een portret op. Dis ek saam met ouers op Mosselbaai se strand. Dit was wonderlike tye gewees. Ek kan die vrolikheid in die foto raaksien. Alle herinninge nog soos gister onthou.
“Ai, tog, my huis… my herinneringe…”
Ek hoor voetstappe in die slaapkamer. Versigtig en stadig stap ek elke trap. Totdat ek in my slaapkamer inval.
“Ma… iemand het in die huis ingebreek!” gil Valerie uit. “Ek weet nie wat om te doen nie!”
Ek krippel-kruipstap geskok na Valerie toe. Sy snik en snuif hardop.
Daar is geen hoop op haar gesig nie. Net teleurstelling en woede. Selfs my wange verkleur nou.
“Kom ons gaan sitkamer toe,” beveel ek. Sag neem ek my tienerdogter se hand. Ons stap af die trappe na die sitkamer toe. Ons kan nie sit nie. Die sitkamer is ʼn gemors.
Skielik hoor ons iemand op die boonste verdieping. Dis seker die inbreker! Glo ek positief.
Vlugig haal Valerie haar foon uit. “Ek gaan opsluip, ma agter, dan sal ek foto’s neem van die vuilgoed,” brom sy sag.
Ek knik net. Skrik toe ek glas hoor breek. Ek en Valerie hardloop eerder boontoe. Ons vergeet skoon van die gevaar.
Nou kruip ons om die hoek, weg by die slaapkamer deur. “Gaan en neem foto’s. Ek soek die bewyse, asseblief,” prewel ek.
Valerie doen my bevele. Sy loer in die houtdeur. Neem vinnig foto’s. Ons glimlag. Hardloop af die trappe. Terug in die sitkame, gluur Valerie na haar fotoalbum se foon.
Sy frons onwaardig. “Ma, kom kyk hier. Gou.”
Ek leun naby Valerie se skouer. Kyk bekommerd na die foto’s. Daar is ʼn skynsel van ʼn wese. Nie menslik nie. Die buiteaardse wese lyk gebreklik. Met lang arms, groot swart ogies. Net vreemd.
Ek sluk swaar spoeg af. “Ons het ʼn vreemde wese in ons huis! Nie inbreker nie!”
2.1.2 Derdepersoonsvertelling:
Anna se ontdekking
Dis ʼn heerlike sonskyn dag, besef Anna en glimlag. Die koningsblou lug, lyk skoon sonder pofferige wolke. Sy kyk op na die silwer-blou hemel. En sy vee werksweet af met haar handpalm. Eindelik kan sy huistoe ry, na ʼn lang dag se moeilike kliënte en administratiewe kantoorwerk.
Om huistoe te gaan is altyd ʼn plesier; daar kan sy ontspan. Rooiwyn drink en braaihoender aansmul.
Minute later, klim Anna in haar Golf motortjie. Sy inasem die warm, bedompige binnelug. Dadelik draai sy die vensterruit af. Nou waai daar ʼn kou windjie in. Dit voel sommer baie beter!
En eindelik stop Anna die motor by die garage. Vinnig skakel sy die enjin af en klim uit. Sluit vinnig die motordeur weer toe.
Sy het vergeet dis langnaweek. Vrydagmiddag is hier. Dankie tog! Nou kan sy net rus in vrede en televisie kyk. Die huis is haar gemakzone.
Toe Anna by die garagedeur aankom. Rek haar groenoë groot geskok. Haar hart klop vinnig in haar keel. Die deur is oopgeforseer! “Iemand is in die huis,” praat sy met haarself. “Of het probeer.” Sy is opsoek na die slot; dis nêrens nie. Die ketting is gesteel; maar die slot hang nog aan die staaldeur.
Vinnig stap Anna binne-in die huis. En sy stoot die deur heeltemal toe. Dis stil binne. Grafstil. Geluukig kon sy niks binne hoor nie. Behalwe my eie onaangename asemhalings van angs. Toe sy op die trappe loop, sug sy hardop. Portrette en skilderye lê op die vloer. Glasskerwe is orals te sien. Dit lyk of ʼn torando die plek getref het.
Anna loop en tel spesifiek een portret op. Dis sy saam met Martha en Johan op Mosselbaai se besige seestrand. Dit was wonderlike tye saam met hulle gewees.
“Ai, tog, my dubbelverdiepinghuis… my besittings…”
Nou hoor Anna voetstappe bo haar kop. Versigtig en stadig stap sy op. Totdat sy in die slaapkamer inval.
“Ma… iemand het in die huis ingebreek!” gil Valerie uit. “Ek weet nie wat om te doen nie!”
Anna krippel-kruipstap kalm na Valerie toe. Sy snik en snuif hardop. Haar wange is bloedrooi gehuil oor die huis.
“Kom ons gaan sitkamer toe,” beveel Anna. Sag neem sy Valerie se tienerhand. Hulle stap af die trappe na die sitkamer toe. Hulle kan nie sit nie. Die sitkamer is ʼn gemors.
Skielik hoor Anna en Valerie iemand op die boonste verdieping. “Dis seker die inbreker!” Klink Anna seker.
Vlugig haal Valerie haar slimfoon uit. “Ek gaan opsluip boontoe. Sorg dat ma saamkom, asseblief. Dan sal ek foto’s neem van die inbreker,” sê sy sag.
Anna knik. Skrik toe sy glas hoor breek. Sy en Valerie hardloop eerder nou boontoe. Hulle vergeet skoon van die gevaar. Nou kruip Anna en Valerie om die donkerhoek weg, by die slaapkamerdeur.
“Gaan en neem foto’s. Ek soek die bewyse, asseblief,” prewel Anna.
Valerie doen my bevele. Sy loer in die houtdeur. Neem vinnig foto’s.
Anna glimlag bly. Hulle hardloop vinnig af die trappe. En terug in die ontspanningssitkamer, gluur Valerie na haar selfoon. Die fotoalbum het iets anders uitgebeeld. “Ma, kom kyk hier, gou.”
Anna leun naby Valerie se skouer. Sy kyk bekommerd na die foto’s. Daar is ʼn skynsel van ʼn wese. Nie menslik nie. Die buiteaardse wese lyk gebreklik. Met lang arms, groot swart ogies. Net vreemd.
Anna sluk. “Ons het ʼn vreemde wese in ons huis! Nie inbreker nie!” gil sy verboureerd.
Vergelyk 2.1.1 met 2.1.2:
Die eerstepersoonsvertelling is wanneer ʼn skryfster korter en makliker paragrawe gebruik as die derdepersoosnvertelling. In derdepersoonsvertelling kan ʼn skryfster meer sy verbeelding gebruik en meer te verduidelik. Dis vir my die voordeel van derdepersoonsvertelling as eerstepersoonsvertelling.
En eerstepersoonsvertelling praat meer van die “ek” of “ons” verteller as die karakter self. En in elke hoofstuk moet die “ek” verteller genoem word.
Maar die derdepersoonsvertelling het meer voordele. Jy hoef nie dieselfde karkter(s) in hoofstukke te plaas nie. Alhoewel ek dink dit die leser deurmekaar, as dit te veel gedoen word.
Daar is meer paragrawe in die derdepersoonsvertelling as in die eerstepersoonsvertelling. Dis wat die groot verskil is in my WF-kortverhale.
(Ekstra inligting vir die lesers en skrywers)
Wat is die verskil tussen Proloog en Epiloog in ʼn boek?
Proloog is:
In die begin van ʼn boek (enige boek) kan ʼn proloog verskyn, voordat die boek regtig begin by hoofstuk een. Dis altyd in die begin van ʼn boek. Dit vertel ʼn verhaal, soos byvoorbeeld: In die proloog, dat Kristie het haar ma, Marie Ellis, verloor in ʼn motorongeluk, en al die gevoelens en emosies wat hulle ervaar asgevolg daarvan. Dan in hoofstuk een, speel dit af in die toekoms (twee jaar later).
Epiloog is:
ʼn Epiloog word altyd aan die einde van die laaste hoofstuk ingesit. Om ook die toekoms aan te dui, wat voorheen gebeur het in die boek, soos, byvoorbeeld: Martha en Johan Botha het getrou, na baie swaaie en draaie in die boek. Saam was komplikasies, drama en eks-verloofdes wat weer opdaag. Nou die epiloog kan weke, maande, selfs jare dan uitbeeld, om te sê Martha en Johan het toe getroue en na nege maande ʼn seuntjie/dogtertjie in die lewe gebring. Dis wat ek bedoel.